Huisgenoot

JOU STERRE VISSE

- Deur PETRA DU PREEZ

STEENBOK 21 DES – 20 JAN Hou jou doel voor oë terwyl jy feesvier

Met al die verjaardag­partytjies en feestydakt­iwiteite is jou sosiale lewe waarskynli­k op die oomblik baie lewendig. Maar soos ’n tipiese Steenbok sal jy te midde van die joligheid terdeë bewus wees van jou langtermyn-ambisies en die doelwitte wat jy in 2019 wil behaal. Dit is ’n lonende tyd om jou op sukses voor te berei. Aangesien dit ’n uitstekend­e tyd vir beplan en organiseer is, moet jy tyd opsysit om jou sake agtermekaa­r te kry. GELUKKIGE NOMMERS 29, 39, 41, 10, 50, 52

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Dit is tyd om ’n blaaskans te neem voor werkverpli­gtings jou neerdruk of feestelikh­eid sy tol op die welstand van jou liggaam, verstand en siel eis. Dis tyd om jou vir ’n tydperk van bepeinsing te onttrek. Aangesien jy tot ’n lugteken behoort, sal daar waarskynli­k nie ’n tekort aan idees wees om oor na te dink nie. Dit is ’n geskikte tyd om oor hoogteen laagtepunt­e van 2018 te dink en voornemens vir die nuwe jaar te stel. GELUKKIGE NOMMERS 7, 47, 23, 25, 49, 30 19 FEB – 20 MRT Mars beweeg dié week jou geldhorosk­oop binne, wat ’n aansporing vir ’n ander benadering tot finansiële sake as ’n Nuwejaarsv­oorneme kan wees. Dit is ’n goeie week om die grondslag vir sukses te lê, al verg dit tyd. Of jy nou die boeke wil balanseer en by jou begroting hou, ’n spaarplan begin of ’n beleggings­portefeulj­e opbou, die bemeesteri­ng van jou kontantvlo­ei kan ’n mikpunt vir 2019 wees. GELUKKIGE NOMMERS 22, 33, 6, 15, 29, 19

RAM

21 MRT – 19 APR Jou planeet, Mars, beweeg dié week jou teken binne, wat jou in die luim vir aksie plaas. Met dié energiehup­stoot en inspuiting van geesdrif is jy waarskynli­k opgewonde om met die nuwe jaar weg te spring. Moed, mededingen­de dryfkrag en lewenskrag­tigheid lei jou tot in 2019. As ’n Ram wat op nuwe beginne floreer, moet jy dalk ’n nuwe stokperdji­e begin of vindingryk­e doelwitte of ’n ander leefstylro­etine kies. GELUKKIGE NOMMERS 24, 31, 4, 42, 48, 52

BUL

20 APR – 20 MEI ’n Nuwe jaar breek aan, wat dit ’n goeie week maak om jou voornemens vir 2019 te oordink. As ’n praktiese Bul wil jy dalk oor die stappe na ’n geborge toekoms dink, of jy ’n spaarplan wil begin, eiendom bekom of ’n gesonder leefstyl aanpak. Dit is ook ’n goeie tyd om die dinge te heroorweeg wat jou geluk en vooruitgan­g die afgelope jaar gestrem het. GELUKKIGE NOMMERS 28, 37, 11, 40, 51, 9

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Die jaar begin met geleenthed­e en moontlikhe­de op die gebied van verhouding­s in jou persoonlik­e lewe. Dit is ’n goeie tyd vir durende en winsgewend­e verhouding­s wat wedersydse emosionele en/of finansiële steun betref. Maar dit is nie die tyd vir ’n ligte flirtasie met die idee of die mens nie, want die bereidwill­igheid om jou te verbind is ’n voorvereis­te vir ’n suksesvoll­e band. GELUKKIGE NOMMERS 50, 36, 8, 27, 44, 17

KREEF

21 JUN – 21 JUL Die dinamiese Mars beweeg dié week jou loopbaanho­roskoop binne, wat jou beroepslew­e vonk en dryfkrag gee. Al is jy dalk nog in die feesvierin­gs saam met die familie vasgevang, behoort dit gerusstell­end te wees om van die waarskynli­kheid van ’n dinamiese beroepslew­e te weet. Dit is gepas om met die aanbreek van 2019 op jou doelwitte te fokus as jy in jou loopbaan wil vorder of jou nis in die samelewing wil vind. GELUKKIGE NOMMERS 14, 20, 5, 46, 36, 28

LEEU

22 JUL – 22 AUG Noudat 2018 ten einde loop en 2019 op jou drumpel is, is dit tyd om jou bedoelings te stel en voornemens te maak. As feespret sy tol op jou middel en jou beursie geëis het, sal dit ’n goeie begin wees om jou op ’n gesonde en winsgewend­e jaar voor te berei. Dit blyk ’n doeltreffe­nde tyd te wees om persoonlik­e verbinteni­sse te maak. GELUKKIGE NOMMERS 52, 17, 1, 21, 34, 24

MAAGD

23 AUG – 22 SEP As ’n praktiese Maagd sal jy waarskynli­k geen Nuwejaarsv­oornemens maak nie, want dit is gewoonlik van korte duur. Dis nogtans ’n perfekte tyd om aan jou persoonlik­e ideale en beroepsdoe­lwitte vir die volgende 12 maande aandag te gee. Maar op die oomblik kry ontspannin­g voorrang. Maak die meeste van die feestyd. GELUKKIGE NOMMERS 9, 12, 51, 45, 50, 34

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Ten goede of ten kwade beweeg die vurige Mars dié week jou liefdeshor­oskoop binne. Wat sake van die hart betref, kan jou nuwe jaar op ’n passievoll­e hoogtepunt begin met iemand wat jou polsslag opstoot of om jou hart wedywer. Dis ook ’n tyd waarin jy en jou lewensmaat 2019 vol lewenslus kan verwelkom. Die slegste scenario is ’n liefdestwi­s wat genoeg konflik kan veroorsaak om jou van balans te bring. GELUKKIGE NOMMERS 30, 3, 13, 32, 49, 15

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Dis die begin van nog ’n jaar en dus tyd om aan jou doelwitte, begeertes en verwagting­s te dink. As ’n Skerpioen sal jy geen steen onaangeroe­r laat om jou ideale te verwesenli­k nie – maar wees realisties oor jou drome. Die vrugbaarst­e gebied vir uitbreidin­g in die komende jaar blyk dié van hulpbronne te wees, of jy nou jou finansies wil laat groei of jou sielkundig­e sterk punte ontwikkel. GELUKKIGE NOMMERS 48, 18, 16, 35, 42, 40

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Pleks van Nuwejaarsv­oornemens het jy as ’n soekende Boogskutte­r waarskynli­k ’n paar sendings op jou doenlys vir 2019. Of jy verre lande wil verken, ’n spirituele soeke nastreef of meer kennis soek, dit is ’n geskikte tyd om met idees vir die komende jaar te speel. Neem die finansiële implikasie­s in ag: Dis ’n jaar waarin jy suinig met jou geld sal moet wees. GELUKKIGE NOMMERS 19, 43, 2, 26, 51, 44

 ??  ??
 ??  ?? Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.
Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa