Huisgenoot

FACEBOOK

Jou eerste instink is dalk om te begin werk deur elke plasing wat verskyn, maar gelukkig is daar ’n makliker manier.

-

Op jou profielbla­d, klik op die “Activity Log”-knoppie op jou dekfoto. Dit sal alles wys wat jy al op Facebook gedoen het – ook plasings waarin jy bygehaak is en dinge waarvan jy gehou het. Jy kan selfs plasings per jaar bekyk of vir sleutelwoo­rde soek.

As jy nie die plasing gedeel het nie, sal jy dit nie kan verwyder nie. Maar as jy daarin bygehaak is, het jy drie keuses:

Verberg dit van jou tydlyn (klik op die aftrekpyl onder die plaser se naam en kies die opsie). Jou vriende sal dit nie meer kan sien nie, tensy hulle vriende is met die persoon wat dit oorspronkl­ik geplaas het.

Verwyder die byhaak (“tag”) sodat jou profiel nie meer aan die plasing verbind is nie. Hou die muispyltji­e oor jou naam en kies “Remove tag”.

Merk (“flag”) die plasing. Klik op “Options” (die drie kolletjies regs bo) en dan “Give Feedback on this photo” en kies die gepaste kommentaar. As Facebook die inhoud hersien en geen probleem daarmee vind nie, is jou enigste ander opsie om die plaser te vra om dit te verwyder.

Vir toekomstig­e plasings:

Skakel Facebook se ingeboude “Timeline Review” aan. As dit aangeskake­l is, beteken dit niemand sal ’n plasing waarin jy bygehaak word, kan sien tot jy dit goedkeur nie. Jy sal die opsie in die “Activity Log”-seksie kry. Om dit te aktiveer, klik op die tandrat-ikoon regs boaan die venster en kies “Enabled” in die aftreklys.

Goed om te weet:

As jy jou Facebookre­kening wil uitvee, maar nie al jou foto’s, video’s en herinnerin­gs wil verloor nie, kan jy dit alles met ’n paar klikke aflaai.

Gaan na “Settings > General”. Klik op die skakel “Go to your Facebook informatio­n” aan die bokant van die venster, en kies es “Download your informatio­n”. Dit sluit al die bladsye in waarvan jy gehou het en die advertensi­e materiaal waarop jy gereageer r het. Die inligting sal as ’n ziplêer aflaai en jy y sal kan kies in watter lêer op jou rekenaar jy dit wil bêre. Wanneer dit afgelaai is, regsklik daarop en kies “Extract All”. Dit sal die lêer “ooprits” en ’n nuwe “Facebook”-lêer op dieselfde plek skep, wat jy nou kan oop- - maak. Die sublêers binne-in sal weerspieël l wat jy gekies het om van Facebook af te laai. Jy sal jou foto’s in die sublêer “Photos and videos” kry.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa