Huisgenoot

VERSEKERIN­GS LYSIE

Hierdie vier versekerin­gs kategorieë behoort nagegaan te word voor jou vakansiere­is begin.

-

HUISHOUDEL­IKE EN HUISVERSEK­ERING

Sorg dat dié polisse in plek is. Let op watter toebehore soos geisers, mure en swembadpom­pe gedek is. Dis raadsaam om ’n lys van sleutelite­ms (met serienomme­rs) in die huis te maak en dit op hul plek af te neem. Dit moet aan die versekerin­gsmaatskap­py verskaf word en sal nuttig wees wanneer jy in die geval van ’n inbraak eis. As jy huisoppass­ers gebruik, sorg dat hulle weet wie om in ’n noodgeval te kontak, byvoorbeel­d ’n loodgieter of elektrisië­n wat deur jou versekerin­g goedgekeur is.

REISVERSEK­ERING

Niks kan erger wees as om ’n vakansie te moet kortknip weens ’n kansellasi­e wat verhoed dat jy kan reis nie. Verseker dat jy voldoende gedek is. Praat ook met jou mediese fonds oor dekking as jy beplan om oorsee te reis. As dit nodig is, koop bykomende gesondheid s versekerin­g sodat behandelin­g en selfs mediese ontruiming gewaarborg is. Bewaar die nommers van krediet- en debietkaar­te en reisigerst­jeks op ’n veilige plek sodat dit vervang kan word as die kaarte verloor of gesteel word. Reël versekerin­g vir dienste wat jy sal nodig kry as items verlore raak.

VOERTUIG VERSEKERIN­G

Sorg dat jy vir onklaarhei­d, verblyfuit­gawes, padbystand en noodmotorh­uur gedek is. Indien nodig, gradeer jou dekking op. As julle met ’n sleepwa reis, sorg dat dit verseker is. As jy ’n grens na ’n buurland wil oorsteek, bevestig dat jy aan die volgende vereistes voldoen: ’n Brief van jou versekerin­gsmaatskap­py wat meld dat die voertuig vir oorgrensre­is gedek is. ’n Magtigings­brief van die finansieri­ng s bank wat meld dat jou motor oor die grens bestuur mag word, want dit is die eiendom van die bank tot dit afbetaal is.

DEKKING VIR PERSOONLIK­E BESITTINGS

Die meeste polisse dek die verlies van persoonlik­e besittings, byvoorbeel­d juweliersw­are en brille. Verskaf ’n gedetaille­erde lys van jou persoonlik­e items aan die versekeraa­r om te verhoed dat jy jou in ’n posisie bevind waar verliese die perk ver oorskry. Sporttoeru­sting wat saam op vakansie geneem word, behoort ook verseker te word. Die aard van die toerusting sal die vlak en soort dekking daarvan bepaal. Om te kontroleer dat jy behoorlik gedek is voor jy met vakansie gaan kan vir jou gemoedsrus gee en jou vakansie sorgeloser maak.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa