Huisgenoot

Staan saam teen boelies!

“As ’n slagoffer van afknouery weet ek hoe dit ’n verwoesten­de uitwerking op jou karakter kan hê as dit nie op ’n gepaste wyse hanteer word nie”

- – Chantal van Loggenberg

Terug skool toe. Drie woorde wat maak dat te veel leerders in Suid-Afrika huil wanneer hulle dit hoor. Die skool is veronderst­el om ’n veilige plek te wees in ’n lewensfase wanneer kinders nog besig is om hulself te vind. Op skool is hulle veronderst­el om wonderlike dinge te beleef wat hulle altyd sal onthou. Pleks hiervan is dit vir soveel leerders – ook elders in die wêreld – stresvol en pynlik en weens die angs wat hulle ervaar, word depressie onder die jeug al meer. As ma vrees ek dat my kinders hulle in so ’n situasie sal bevind. Ek was self ’n slagoffer van afknouery. Dit kan ’ngeweldige impak hê op jou karakter as dit nie op ’n gepaste manier hanteer word nie. Dit is nie net in skole nie: Volwassene­s ervaar ook boelies. Dis oral om ons – by die werk, by die huis en veral op sosiale media, maar volwassene­s kan dit baie beter hanteer as wat kinders kan. Afknouery in skole aan die ander kant word ’n epidemie en moenie geduld word nie. Afknouery gebeur om verskeie redes. ’n Mens kan iemand anders boelie omdat hulle:

Nie hou van die persoon nie Dink afknouery is snaaks Sterk en in beheer voel Dink dit sal hulle gewild maak Omdat hulle die reaksie kry wat hulle wil hê.

Dit is belangrik om te weet wanneer iemand die aanvaller of die slagoffer is. Boelie, teistering, diskrimina­sie en geweld is alles gedrag wat bydra tot negatiewe sosiale situasies in skole. Iets soos ’n eenvoudige gerug of ’n gedeelde foto kan ’n mens se lewe vernietig. Almal hanteer probleme en pyn op verskillen­de maniere. Om te verstaan watter gedrag afknouerig is, is die beginpunt om dit doeltreffe­nd te voorkom en te reageer daarop. Ouers wat saam met die skool werk, is die beste manier om afknouery te keer. Leerders moet gemaklik voel om dit te rapporteer en daarom moet ouers, versorgers en onderwyser­s op ’n opbouende en ondersteun­ende manier op ’n voorval reageer. Om gesprekke te voer en te praat is om te help om sekere voorvalle te herken. In ’n land soos Suid-Afrika waar ons ’n mengsel van soveel verskillen­de rasse en kulture het, is dit belangrik om mekaar te respekteer en veral die feit dat ons almal verskil en op ons eie manier uniek is. Ouers moet vroegtydig openlik en eerlik met hul kinders praat en hulle leer hoe om die situasie te hanteer. Afknouery kan ’n blywende impak maak op almal wat betrokke is, insluitend diegene wat dit sien. Baie sosiale faktore dra by tot die feit dat iemand ’n boelie word, byvoorbeel­d afwesige ouers, geskeide ouers, mishandeli­ng, geen tugtiging by die huis en onsekerhei­d. Praat uit as jy die slagoffer is of selfs net ’n bystander is. Staan op vir wat reg en verkeerd is en maak mense bewus van afknouery wat buite beheer is. Een mens kan nie die wêreld verander nie, maar saam kan ons dit doen. Kom ons almal versprei vriendelik­heid en gaafheid, dit is gratis. #itscooltob­ekind

 ??  ??
 ??  ?? Chantal van Loggenberg Is ’n persoonlik­e afrigter, voedingkun­dige en eienaar van CVL, bestuur ’n anti-afknoueryv­eldtog, en is ’ n vrou en ma van twee kinders
Chantal van Loggenberg Is ’n persoonlik­e afrigter, voedingkun­dige en eienaar van CVL, bestuur ’n anti-afknoueryv­eldtog, en is ’ n vrou en ma van twee kinders

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa