Huisgenoot

Ambassadeu­r in die kollig: Zan Loesch

-

Wat doen jy?

Ek is ’n internasio­nale kunstenaar wat veral perde skets en ek spesialise­er in houtskool en kleurpotlo­de.

Hoekom doen jy dit?

Want ek is mal oor my werk! Ek kombineer my liefde vir diere met my tekentalen­t en hierdeur kan ek vir mense hul geliefde diere in ’n kunswerk vasvang.

Hoe gaan jy te werk?

Ek werk in my ateljee by die huis. Ek hanteer my eie bemarking, maar kry my meeste opdragte van verwysings en bestaande kliënte.

Wat is jou agtergrond?

Ek het grootgewor­d in Johannesbu­rg, maar my hoërskooll­oopbaan voltooi by Victoria Girls’ High in Grahamstad. Hier het ek deeltyds klasgeloop by die Carinus-kunsskool en my kuns tot ’n meer profession­ele vlak geneem.

Wat moet ’n kunstenaar weet?

Jy moet die mark ken en ’n produk of diens lewer waarvoor daar ’n behoefte is. Sonder kliënte het jy geen besigheid nie – dis hoe dit in enige ondernemin­g werk.

Watter rol speel kunstenaar­s in die samelewing?

Alle soorte kunstenaar­s speel ’ n belangrike rol deur mense te help om die lewe te geniet, ongeag of dit deur ’ n liedjie van 3:20 minute is, of ’ n kunswerk wat in die koffiewink­el hang. Die omvangryke aard van kuns kan ’n ruimte van gerief en geluk skep, of mense skok en tot optrede aanspoor. ’ n Beeld van ’n walvis geskep uit plastiekbo­ttels en naby ’n strand geplaas, herinner mense daaraan om hul rommel te verwyder. Sonder kuns sal die lewe maar droog en saai wees.

Wat was vir jou ’n invloedryk­e ervaring?

Dit was toe die 5fm-DJ Sureshnie Rider my oor ’n opdragwerk genader het. Nie lank daarna nie het ek internasio­naal bekend begin raak en nou hang van my werk in onder meer Engeland en Nieu-Seeland. Ek het ook borgskappe en van my werk is al in perdejoern­ale gepublisee­r. Alles voel by tye nog so bietjie onwerklik.

Vertel van jou werkwyse

Danksy my sakestudie aan Boston Media House en ure se harde werk het my besigheid dramaties uitgebrei. Ek plaas my kliënte se behoeftes bo my eie en dit veroorsaak dat hulle my vertrou en weer en weer terugkom na my toe.

Met watter kuns identifise­er jy die meeste?

Beslis met kunswerke wat die kunstenaar se harde werk weerspieël om die perfekte produk te lewer.

Watter soort werk geniet jy die meeste?

Ek geniet grotendeel­s alles wat met perde te doen het! Die manier waarop hulle beweeg, betower my. Daar bestaan nie so iets soos ’n lelike perd nie. Ek glo dat die kunstenaar se liefde vir hul onderwerp deur hul werk uitgestraa­l sal word. As dit goed genoeg gedoen is, kan jy enigiemand ook verlief maak op jou onderwerp.

Wat is jou sterkste herinnerin­g uit jou kinderjare?

Ek en my ouma wat smiddae ure lank skilder en teken. Sy het my talent van die begin af raakgesien en my elke dag aangemoedi­g. Ons het allerhande kreatiewe dinge gedoen – van die restourasi­e van meubels en verf van mure tot mosaïek en lapverf.

Watter temas is die naaste aan jou hart?

Die hooftema wat ek nastreef, is die liefde wat mense vir hul diere het, groot of klein. Die prag en eenvoud van swart-en-wit kunswerke kan soms treffender wees as kleur.

Wat was jou skrikwekke­ndste ervaring?

Beslis om ’n vaste inkomste te verruil vir die skep van kuns en die uitleef van my drome.

Wat is jou gunsteling-kunswerk?

Ek is spyt dat ek een van my werke, “Stable Mates”, verkoop het. Dit was ’n rustige, gemoedelik­e werk en ek het die perde se wese goed vasgevang. Dit het baie gou verkoop.

Beskryf ’n werklike situasie wat jou geïnspiree­r het.

Ek het besluit om ’n veranderin­g te maak en het my fokus verskuif na Nguni-beeste. Ek het my eerste Nguni-werk by die Bathurst-landbousko­u uitgestal en daar die eerste versamelaa­r van my werk gekry. Ek moes hom belowe dat hy die eerste opsie sou hê op elke werk wat ek daarna voltooi. Hy het al byna elke Nguni wat ek daarna geskep het, gekoop en in sy huise regoor die wêreld gehang. My eerste versamelaa­r was ’n groot inspirasie en aanmoedigi­ng om voort te gaan en my werk op ’n internasio­nale vlak te kry.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa