Huisgenoot

Kosblik-idees

Party kinders eet enigiets . . . terwyl ander weer vol fiemies kan wees

-

As jy daagliks vir jou kind ’ n kosblik met gesonde kos inpak skool toe, leer jy hulle nie net om reg te eet nie, jy help hulle ook om gefokus te bly en voorkom dat te hoë of te lae bloedsuike­r hul gedrag in die klas nadelig beïnvloed. Dit moedig hulle ook aan om tydens pouses êrens te sit en eet voor hulle begin speel. Dit is baie belangrik, aangesien kinders geneig is om weggevoer te raak wanneer hulle speel en gevolglik nie tyd het om iets te eet nie. Dit kan veroorsaak dat hul bloedsuike­rvlakke daal wat tot moegheid en verswakte konsentras­ie in die klas kan lei.

Probeer altyd om iets uit al die voedselgro­epe in ’ n kosblik te pak – vrugte, groente, proteïen,

suiwel en stysel. Dit sal sorg vir ’ n gebalansee­rde dieet en help om puntenerig­e eters bekend te stel aan die verskillen­de voedselgro­epe. Onthou ook om altyd water in te pak. Die meeste skole laat kinders toe om ’ n waterbotte­l by hulle in die klas te hê, veral tydens die warm somermaand­e. Dit sal verseker dat hulle gehidreer bly.

Skooletes hoef nie duur te wees nie. Hier is ’n paar gesonde én goedkoop idees vir jou kind se kosblik:

Gebruik vleis wat oorgebly het van die vorige aandete om heerlike toebroodji­es mee te maak. Is daar nog slaai van gisteraand oor? Die meeste meisies, veral tieners, is mal daaroor om slaai skool toe te neem.

Maak geblikte tuna met mayonnaise op bruin- of

volgraanbr­ood, jogurt en ’n vrug of ryskoekies met roomkaas en koue vleis. Grondboont­jiebotter in ’n klein houertjie met appelskywe om daarin te doop kan dalk net van jou die kosblikhel­d van die dag maak!

Bederf hulle met humus of avokado-doopsous waardeur hulle rou groentesto­kkies kan sleep. Maak jou eie doopsouse tuis en voeg bestanddel­e by waaroor jou kinders mal is.

Tuisgemaak­te gesondheid­skolwyntji­es is nog ’n fantasties­e idee en daar is talle resepte beskikbaar wat nie suiker bevat nie, byvoorbeel­d murgpampoe­ntjie-kolwyntjie­s.

Het jy nog kreatiewe idees vir ’n kosblik propvol gesonde lekkernye? Laat ons weet!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa