Huisgenoot

HIER IS SOMMIGE BELANGRIKE DATUMS VIR JOU WENNERJAAR

-

BLOU MAANDAG: Die derde Maandag van Januarie staan bekend as Blou Maandag en mense beskou dit as die neerdrukke­ndste dag van die jaar. Hoekom? Omdat die meeste van ons dan terug is by die werk, weet die vakansie is verby, en besef dat ons hopeloos te veel geld uitgegee het oor die feesseisoe­n. Wat om te doen: Blou Maandag is die perfekte dag om ‘n afspraak met jou finansiële beplanner te maak. Dit is wonderlik hoe dit jou kan opbeur om te weet jy het ‘n plan in plek. Dit is ook die ideale dag om ‘n verskil te maak. Om iets terug te gee, is ‘n bewese manier om jou nie net ‘n beter nagrus te besorg nie, maar ook jou brein beter te laat funksionee­r. Bestee jou tyd of jou geld aan ‘n goeie doel wat jou na aan die hart lê. VALENTYNSD­AG is die ideale verskoning om ‘n bietjie liefde aan jouself te betoon. Februarie is natuurlik ook die einde van die belastingj­aar, so neem jou kans waar om ‘n enkelbedra­g in jou belastingv­rye spaarreken­ing te deponeer as ‘n geskenk van jou aan jouself. Daarna kan jy bykomende beleggings in jou uittreeann­uïteit maak, aangesien dit ook belasting aftrekbaar i sen terselfder­tyd jou aftreespaa­rgeld ‘n hupstootji­e gee. JOU VERJAARDAG: ‘n Verjaardag laat jou onvermydel­ik nadink. Dink gerus na oor jou finansiële welstand om seker te maak jy is op die regte pad om jou groot doelwitte te bereik. WINTER: Terwyl dit koud is buite, gaan jy tevrede glimlag. As jy in Januarie jou spaarreken­ing geopen het en maandeliks bygedra het, sal jy teen Junie/Julie genoeg spaargeld hê om ‘n klein vakansietj­ie te neem om enige terneerged­ruktheid so in die middel van die jaar af te skud. DESEMBER: As jy een van die gelukkiges is, kry jy dalk ‘n jaareindbo­nus. Gebruik die reël van derdes as jou riglyn. Een derde gebruik jy om skuld te betaal, een derde voeg jy by jou beleggings vir die lang termyn, en een derde gebruik jy om jouself te beloon. Die presies bereik jaareinde het. jy oor Dit laat die is weer afgelope jou ook tyd wonder om 12 maande met wat jou finansiële beplanner te gesels en te kyk hoe jou plan vorder. Maak seker jy is op pad om jou kort- en langtermyn­doelwitte te bereik. Hersien jou beleggings­portefeulj­e en onthou belegging is iets vir die lang termyn. Dis nie net ‘n jaarlikse speletjie nie. Sodra jy jou plan hersien het, behoort jy tevrede te voel met wat jy tot dusver bereik het. As jy ‘n kundige spanmaat in hierdie beleggings­marathon wil hê, besoek www. glacier.co.za vir meer inligting of gesels met jou finansiële adviseur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa