Huisgenoot

NEEM DIÉ BELEGGINGS­BESLUITE EN WEN IN 2019

-

Met 2019 op die horison begin baie van ons uitsien na ‘n “nuwe ek” in die nuwe jaar. Die gewone nuwejaarsv­oornemens is maar altyd dieselfde en dikwels bietjie te optimistie­s. Maar hoekom doen jy nie iets anders in 2019 om dit jou beste jaar ooit te maak nie? Beplan om volgende jaar jou geld slim te belê en só jou eerste tree te gee op jou pad na finansiële welvaart oor die lang termyn – volgende jaar maar ook daarna!

Uit weet ‘n ons sielkundig­e almal sommige oogpunt weekdae, beskou, maande en jaargetye is moeiliker as ander. Glacier van Sanlam – ‘n leier as dit kom by die voorsienin­g van wêreldklas beleggings­oplossings – het dié moeilike tye van die jaar uitgelig om wenke te gee oor jou wennerstra­tegieë vir die jaar.

HIER IS STRATEGIEË WAT JY IN JANUARIE IN PLEK KAN KRY OM JOU WENNERJAAR REG TE BEGIN:

Gebruik jou nuwejaarse­nergie om jou beleggings­trategie vir die jaar te beplan. Dink lang termyn en maak dié veranderin­ge om jou finansies op die pad na sukses te plaas: 1 Begroot, begroot, begroot. Bekyk jou bankstate en besluit waar jy minder kan uitgee, meer kan spaar en só jouself as’t ware eerste kan betaal. Los die cappuccino’s en gebruik dié koffiegeld vir ‘n langtermyn­belegging soos spaar vir aftrede. Hoe vroeër jy begin, hoe vinniger laat die krag van saamgestel­de rente jou spaargeld groei. 2 Kry vir jou ‘n finansiële beplanner wat jy kan vertrou om jou te help om jou korttermyn-doelwitte vir die jaar te bepaal, asook jou langtermyn finansiële plan vir die jare wat kom. 3 As jy reeds ‘n noodfonds in plek het, begin ‘n spaarfonds vir klein bederfies wat jou ook soos ‘n wenner sal laat voel. Plaas enige ekstra kontant daarin wanneer jy kan. 4 Begin iets nuuts en span die mag van Kunsmatige Intelligen­sie in deur te belê in Glacier se AI Flexible Fund of Funds, wat deur tegnologie bestuur word. 5 Neem ‘n besluit dat jy nie emosioneel gaan reageer as jou beleggings se waarde op die kort termyn styg of daal nie. Dit is die lang termyn wat tel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa