Huisgenoot

Suiwer jou sosiale media van vorige verleenthe­de

Begin die jaar skoon deur sosiale media plasings uit te vee wat jou weer kan laat bloos

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

WIE bloos nie soms oor foto’s en boodskappe in die sosiale media nie? Kiekies wat jou skaam maak, betrokkenh­eid by bekgevegte, snedige aanmerking­s, onvanpaste grappe . . . In een onbesonne oomblik kan jy iets op jou sosiale media blaaie publiseer wa tjou later in ’n groot verleenthe­id laat.

In die ou dae was so ’n oordeelsfo­ut gou vergete. Maar dit was vóór sosiale media, wat ’n baie lang geheue het.

Noudat die nuwe jaar wink, wens baie mense hulle kan hul sosiale media flaters van die verlede uitwis en weer vars begin.

Trevor Noah, die Suid-Afrikaans gebore komediant en aanbieder van Amerika se gewilde kletsprogr­am The Daily Show, is dalk een van dié mense.

In 2013 was hy in die sop oor een van sy grappe. “Alle vroue van elke ras kan mooi wees,” het hy gesê. Maar toe voeg hy by: “Ek weet party van julle sit nou daar en dink: ‘O ja, Trevor, maar ek het nog nooit ’n mooi Australies­e inboorling gesien nie . . .’ ”

Toe die ondeurdagt­e grap destyds op YouTube gedeel is, het hy dit hotagter gekry. Die videogreep is intussen verwyder, maar dit het vanjaar nogmaals op Twitter opgeduik. En weer het Trevor onder skoot gekom – veral deur Australiër­s, wat ’n boikot teen sy Tour Down Under-toer na dié land bepleit het.

Trevor moes kliphard die vure in die sosiale media doodslaan en sy Augustusto­er Doer Onder het heel voorspoedi­g verloop. Maar in die proses het ander twyfelagti­ge twiets wat hy al in die verlede gestuur het ook weer versprei.

Nou is die vraag: Kon Trevor iets gedoen het om te keer dat sy blapse van jare gelede weer kop uitsteek?

Wel, ’n sosialemed­ia-oudit kon hom baie probleme gespaar het. En dis iets wat ons almal gereeld behoort te doen, sê Katie Linendoll, ’n Amerikaans­e kenner van verbruiker­s tegnologie.

“Jou teenwoordi­gheid in die sosiale media is ’n advertensi­ebord vir die wêreld,” verduideli­k sy. “Sosiale media soos Twitter en Facebook het 10 jaar van argiewe waardeur jy kan grawe. Dis tyd om te dink: ‘Het ek ’n digitale skoonmaaks­essie nodig?’ ”

Maar hoe skrop jy jou digitale verlede skoon? Volg hierdie stappe sodat jy in 2019 sommer op ’n skoon blaadjie kan begin.

 ??  ?? Trevor Noah, die aanbieder van The Daily Show, het uitgevind hoe sosiale media jou in die sop kan laat beland.
Trevor Noah, die aanbieder van The Daily Show, het uitgevind hoe sosiale media jou in die sop kan laat beland.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa