Huisgenoot

’n Dag in die lewe van die koningin

Op 92 is sy nog vol fut en vlyt. So lyk ’n tipiese dag vir koningin Elizabeth ‘Sy was te spaarsaam om vars truffels te bestel’

- Saamgestel deur LARA ATSON

SY HET al 92 lewensjare agter die blad, maar aftree of rus? Nie dié oumagrootj­ie nie. Met haar kroning in 1953 het koningin Elizabeth immers plegtig beloof sy sal haar plig teenoor haar koninkryk haar lewenstaak maak. Sy heers al 66 jaar lank oor die Britse ryk – langer as enige ander monarg in die Britse geskiedeni­s – en is die simboliese hoof van die 53 lande in die Statebond en die beskermvro­u van meer as 600 liefdadigh­eidsorgani­sasies.

Sy’s die ma van vier, ouma van agt en grootouma van sewe en dis sý wat sorg dat haar koninklike nasate nie ’n voetjie verkeerd sit nie.

Maar hoe op dees aarde kry die koningin dit op haar ouderdom reg om die pas vol te hou en almal in toom te hou?

Ingeligtes verklap dis met ’n ysere wil en onwrikbare roetine . . .

GOEIEMÔRE, MA’AM

Terwyl haar man, prins Phi- lip (97), sy aftrede meestal op die Engelse platteland in hul kothuis op die Sandringha­mlandgoed in Norfolk geniet, is die koningin tydens haar werkweek sowat 184 km verder op haar pos in die Buckingham­paleis in Londen.

Hier het die koninklike egpaar aparte slaapkamer­s. Die koningin s’n is in haar gunsteling­kleur, vaalgroen, versier. Op haar kamerdeur pryk die woorde “The Queen” op ’n wit kaartjie in ’n koperhouer, berig Daily Mail.

Klokslag om halfagt is daar ’n ligte klop aan die koningin se deur. Haar diensmeisi­e verskyn dan aan die voetenent van haar bed met haar oggendtee op ’n skinkbord: Earl Grey-tee met koue melk en koekies. Geen suiker nie.

Die koppie en piering is van porselein en op die fyn linneserve­t op die skinkbord pryk haar koninklike monogram, EIIR.

Terwyl die koningin haar tee geniet, luister sy na die BBC se Radio 4-nuusdiens oor haar Robertsrad­io. Ingeligtes verklap aan Daily Mail sy is dol oor dié stasie se oggendprog­ram waarin die Walliese omroeper John Humphrys politici in die Today-insetsel braai. Terwyl sy radio luister en tee drink, tap haar diensmeisi­e haar badwater. Die water se temperatuu­r word met ’n termometer getoets om te sorg dat dit net reg is, en dit is presies 18 cm diep.

HIER’S U UITRUSTING

Terwyl die koningin bad, berei een van haar drie kleedsters haar eerste uitrusting vir die dag voor onder die wakende oog van haar regterhand, Angela Kelly (51), wat al 25 jaar lank na die koningin se persoonlik­e welstand omsien. Angela is ’n goeie vriendin van die koningin, sê ingeligtes. Die twee vroue knoop geselsies aan oor als van hul kleinkinde­rs tot modes en die jongste grimering op die mark, het bronne na aan die koningshui­s al verklap.

Angela kry die koningin se dagprogram al die vorige aand en beplan haar uitrusting­s daarvolgen­s – soms tot vyf per dag.

Daar’s ’n goeie rede hoekom die monarg se pakkies so kleurryk is – sodat sy in ’n skare kan uitstaan. Wanneer sy aangetrek is, kam en stileer die koningin se haarkapper haar grys krulle – dekades lank al in dieselfde styl.

’N EENVOUDIGE ONTBYT

Ontbyt word stiptelik om halfnege voorgesit in die koningin se privaat eetkamer met ’n uitsig oor die paleis se tuin. Sy kies meestal gewone ontbytpap soos Kellogg’s Special K saam met vars vrugte, het die voormalige koninklike sjef Darren McGrady (56) al vertel. Die vrugte kom uit die koningshui­s se vele groentetui­ne. Haar gunsteling­e is aarbeie van haar Balmoralla­ndgoed in Skotland en soet witperskes van haar kweekhuise by die Windsorkas­teel.

Die pap word in geel Tupperware-bakkies gebêre om dit vars te hou en sy skep dit self in wanneer sy eet.

Nou en dan gun sy haarself iets spesiaals. “Die koningin hou van roereier met gerookte salm en ’n bietjie truffel,” het Darren, skrywer van die boek Eating Royally, al aan The Telegraph vertel.

“Maar sy was te spaarsaam om vars truffels te bestel en het dit net met Kersfees geniet wanneer dit as geskenk gestuur is.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa