Huisgenoot

Agent vir die sterre reik memoires uit

In sy loopbaan as talentagen­t het Michael Ovitz bekendes soos Tom Cruise, Dustin Hoffman, Michael Jackson en Robert Redford verteenwoo­rdig. En ja, hy het heelwat stories te vertel. In dié uittreksel uit sy memoires laat hy die aap uit die mou

- MICHAEL JACKSON

OP ’ N vergaderin­g by Michael Jackson se huis sê hy hy wil die ster van ’ n aksierolpr­ent wees. Terwyl ons praat, val sy hoed in die guacamole voor hom. Hy haal dit uit en sit dit weer op, ongelukkig met ’n blerts guacamole wat daaraan vassit en teen die rand begin afgly.

Ron Meyer (Ovitz se sakevennoo­t) tik teen my been om my aandag daarop te vestig en ons almal kyk geskok, maar tog geboei toe hoe dit ál laer afgly terwyl Michael ons probeer oortuig hy is Amerika se volgende aksieheld. Toe val die blerts af en Ron kan nie meer sy lag hou nie. Ek bars ook uit van die lag, en Michael storm woedend uit.

Ek gaan soek hom en verduideli­k ’n kwartier lank ons het nie vir hom gelag nie, maar vir die voorval. Dat ons nooit vir hom sal lag nie, want ons het soveel respek vir hom as mens en kunstenaar.

Ensovoorts, oor en oor, ál vuriger.

Eindelik helder Michael se gesig op. “Oukei, Ovitz. Oukei,” sê hy. “Maar ek wil James Bond speel.”

Dié keer kry ek dit reg om nie te lag nie. Ek knik, asof ek die moontlikhe­de deurdink: “Jy is skraal gebou, te sensitief; jy sal nie as ’n wrede, blok klip geloofwaar­dig wees nie. Jy sal wonderlik daarmee vaar, maar dit sal vir jou sleg wees,” sê ek.

Steven Seagal se geheime droom om ’n sensitiewe, gekwelde kunstenaar te speel was net so onwaarskyn­lik. Nadat hy ’n ge- brek br aan geesdrif by my bespeur be het, is hy by Creative Artists Ar Agency (die talentagen­tskap ag waarvan Ovitz in 1975 197 medestigte­r was) weg. Daarna Da het hy sy eie regie in On Deadly Ground behartig, maar ma dit het misluk. Hy het die slagoffer slag geword van die gevaarlike, like volkome menslike waan dat as ’n mens op een gebied sukses behaal beh jy enigiets kan doen.

TOM CRUISE

Hy k kom na ons op aanbevelin­g van d die vervaardig­er van ’n drama met ’ n klein begroting getiteld Taps Taps. Ons reël ’n vergaderin­g en Tom, toe 18, is hoflik en innemend mend. Hy “ja, meneer” en “nee, mene meneer” voor en agter.

Hy’s nie een van daardie aantreklik­e ou ouens wat vir die grap in ’n rolprent wil speel nie. Hy is deeglik opgelei en fanaties vasbeslote om ’n ster te word. “Ek soek leiding,” sê hy.

Toe ek sê: “Dit gaan moed van jou verg om ons volkome te vertrou,” knik hy en sê: “Ja, meneer.”

Ons skryf die name van die regisseurs en akteurs neer met wie ons dink hy moet saamwerk: Tony Scott, Ridley Scott, Roger Donaldson, Barry Levinson, Martin Scorsese, Oliver Stone, Rob Reiner, Stanley Kubrick, Paul Newman, Dustin Hoffman en Robert de Niro. Tom het later met hulle almal behalwe De Niro saamgewerk.

Elke keer dat hy ’ n naam op sy lys doodgekrap het, het hy gebel om ons te herinner ál minder name bly oor en om ons te bedank.

In daardie dae was Tom se profiel as Sciëntoloo­g minimaal, want ons het vir hom gesê: “Hou jou godsdiens en jou werk afsonderli­k, net soos al die ander.”

Ek het Dianetics deur die stigter van Sciëntolog­ie, L. Ron Hubbard, gelees en sy opvolger, David Miscavige, gaan spreek. Ek het verduideli­k ons het ’n gemeenskap­like belang. “Ons wil nie Tom se naam oor enigiets behalwe sy loopbaan in die koerant sien nie.” ’n Waarskuwin­g wat as ’n wenk verwoord is.

Maar Tom het nie altyd ons raad gevolg nie. Steven Spielberg het vir my gesê op die stel van hul rolprent van 2005, War of the Worlds, het die ster selfs ’n Sciëntolog­iestalletj­ie opgerig in ’n poging om die akteurs en stelwerker­s te bekeer.

DUSTIN HOFFMAN

Die akteur het eenkeer erken hy pak elke rol “vol vrees en pyn en selfhaat” aan. In die eerste week van die verfilming van Rain Man (die 1988-rolprent waarin Dustin Raymond Babbitt, ’n outistiese savant, speel) skiet die regisseur, Barry Levinson, ’n toneel by die eendedam buite die inrigting waar Raymond woon. Terwyl Raymond en Charlie (gespeel deur Tom Cruise) saam op ’n bank sit, vra Charlie sy langverlor­e broer uit.

Raymond staar die niet in en mompel herhaaldel­ik: “Ek weet nie.” Ek kyk na 10 opnames en minstens vyf daarvan lyk foutloos. Tom het in sy karakter se vel ingeklim. Maar ek moes agtergekom het Dustin lyk moedeloos. Terug in Los Angeles bel ek hom: “Hoe gaan dit, Dusty?” “Nie goed nie.” “Wat is fout?” “Ek kan nie my karakter vind nie.” Sy stem bewe.

Drie dae lank bel Dustin my elke paar uur en word ál meer paniekerig. Hy gaan so ver om Richard Dreyfuss as sy plaasverva­nger te benoem.

“Dit is die swakste werk wat ek nog gedoen het,” kla hy. Ek vra of hy wil hê ons moet ophou skiet sodat hy homself kan regruk. Selfs teen $100 000 (toe sowat R228 000) per dag sou dit goedkoper wees as om dit later oor te skiet.

“Nee,” sê hy, “ek wil aanhou werk daaraan.”

Mense beskou Dustin as ’ n prima donna, maar al wat eintlik vir hom saak maak, is die eindproduk.

Ek het Barry gebel: “Dusty kan nie sy karakter vind nie.”

“Ek weet,” sê Barry, “maar ek sukkel om hom sover te kry om vir my te sê of hy van enigiets hou wat hy al gedoen het. Ek sal net aanhou tot hy dit uitpluis.” Ag tog. Op die ou end vra Barry vir Dustin om net vyf sekondes in die dailies (die daaglikse rou, ongeredige­erde filmmateri­aal) te soek na wat vir hom reg voel. Toe hy dit kry, bou hulle op dié grondslag voort. Teen die tyd dat hulle die onderklere­toneel skiet (waar Raymond aandring sy broer moet met hom die hele end na Cincinnati terugry sodat hy daar by ’n Kmartwinke­l kan onderklere koop), is Dustin al tuis in die rol.

In ’n goeie pakket word regisseurs en akteurs saamgevoeg wat die beste in mekaar na vore bring, selfs al kom hulle nie altyd oor die weg nie. Barry se onversteur­baarheid was volmaak vir Rain Man.

Toe Dustin weg van die kamera af in karakter bly en weier om oogkontak te maak, het Barry hom nie daaraan gesteur nie.

En toe Dustin skree, het Barry net die geraas uitgedoof, na sy beswaar geluister en aangegaan.

Hy het sy akteurs ruimte gegee om vir snaakse of roerende oomblikke te sorg wat nie in die draaiboek was nie. Die toneel waar Raymond in die donker hotelkamer instap en die geluide naboots van Charlie en sy meisie wat seks het, was alles Dustin, en skreeusnaa­ks.

Rain Man is met baie min verwagting­s uitgereik en het almal geskok toe dit meer as $400 miljoen (toe sowat R912 miljoen) wêreldwyd verdien.

Die rolprent is vir agt Oscars benoem. Tydens die plegtighei­d in 1989 wel die trots in my op toe Dustin se naam vir beste akteur uitgeroep word. Akteurs soos Brad Pitt en Donald Sutherland vertel almal dieselfde storie: Robert Redford die regisseur is maklik, begrypend, ruimhartig en ondersteun­end. Wanneer ek sy stelle besoek, is dit gelukkige plekke. As regisseur het Bob die mens geword wat hy wou wees.

Ongelukkig het ek meestal met Bob die akteur te doen gekry. Op die eerste dag van die verfilming van The Natural, die bofbalrolp­rent uit die 1930’s, kom ek om 08:45 op die stel in Buffalo, New York, aan, ’n kwartier te vroeg. Bob daag eers ná 10:00 op. Met ’n skaapagtig­e glimlag sê hy vir Barry Levinson, die regisseur, hy het vergeet om sy horlosie op die tyd in LA te stel nadat hy die vorige aand daar aangekom het.

Toe die akteurs se mates vir hul sakkerige uniforms uit die era geneem word, eis Bob dat syne getailleer en noupassend moet wees, te hel met historiese akkuraathe­id. Hy het toe wel wonderlik in die fliek gelyk. Maar weg van die kameras het hy hom sleg gedra.

Hy het die vereistes verpes wat ek stel; dat ek daarop aandring dat hy die draaiboeke lees wat vir hom gestuur word en gou daarop reageer. Die eintlike probleem was hy het dit gehaat om ’n rolprentst­er te wees, dat ’n ophef van hom gemaak word en hy soos ’n seldsame en kosbare handelsart­ikel behandel word. Hy was voorheen ’n verwer en sou geluk- kiger gewees het as hy daarmee aangehou het. Die regisseur Sydney Pollack het vir my gesê toneelspee­l was eintlik vir Bob ’n groot verleenthe­id. Dit alles is heel menslik en verstaanba­ar. Maar pleks van ’n ander beroep kies, het hy sy ongelukkig­heid op die mense rondom hom uitgehaal. Hy was een van ons moeilikste kliënte. Maar hy was so talentvol dat ons nooit vir mekaar gesê het dit is nie die moeite werd nie.

BILL MURRAY

Van al my kliënte was ek van die eerste oomblik die heel gemaklikst­e met Bill Murray. Ons het gewoonlik in Manhattan uitgehang. Hy het elke deurwag en hoofkelner op die naam geken en ons het altyd ’n tafel gekry.

Eenkeer sluit ons by ’n groot groep mense buite ’n piepklein plekkie in Little Italy aan. Bill wink die eienaar nader en bestel wyn vir almal wat op die sypaadjie wag. Teen die tyd dat hulle ’n tafel vir ons in die middel van die restaurant ingedruk het, het die mense te veel pret om om te gee dat ons voor ingedruk het.

In dié tyd toon my seun, Chris (toe 6), kommerwekk­ende neurologie­se simptome en ek neem hom vir toetse na ’n spesialis by Yale. Ek voel angstig en mismoedig toe Bill my by my derderangs­e hotel in New Haven kom verras. Hy bly sowaar twee dae lank daar tot

die ergste moontlikhe­de uitgesluit is.

Sy meelewing het nie by vriende opgehou nie. Hy het 10’s en 20’s aan haweloses uitgedeel en dikwels hul naam geken. Maar hy het hom nie vir die gek laat hou nie. Eendag op die Upper West Side nadat ons by ’n man met ’n bekertjie verbygesta­p het, draai Bill om en skree: “Moenie f***** probeer geld steel by mense wat dit nodig het nie!”

“Ek is jammer, mnr. Murray, ek is regtig jammer,” sê die man.

’n Paar meter verder vra ek: “Waaroor het dit gegaan?”

“Hy het tekkies van $200 en ’n skoon beker en hy bedel. Ek sal dit nie duld nie.”

Toe ek met Bill ’n kontrak sluit, werk hy aan Where the Buffalo Roam, ’n rolprent oor die voortvaren­de joernalis Hunter S. Thompson wat Fear and Loathing in Las Vegas geskryf het. Ná ’n laat vlug na New York kry ek koers na ’n hotel en drink twee Sleep- Ezes en ’n Skotse whisky. Ek het die vorige nag nie geslaap nie en slaap gou vas . . . tot ek met ’n vinnig kloppende hart wakker skrik. Die horlosie sê 02:00 en my kamerdeur is oop. In die deuropenin­g is twee mans se silhoeët. ’n Opgewekte, bekende stem vra: “Hoe gaan dit met jou?”

Met sjarme en ’n $20-noot het Bill ’n opsigter oortuig om my deur oop te sluit. “Kom ons gaan,” sê hy. Ek trek my klere aan, en terwyl ek saam met Bill uit die kamer uitslinger, merk ek sy bleek gelaat, bles kol en donkerbril op. Bill is steeds in karakter as Hunter S. Thompson.

Terwyl ons die kroeë van LaerManhat­tan deurwerk, sluk Hunter ’n ontsaglike hoeveelhei­d drank, lê kontemporê­re letterkund­e en takbokjag uit, en dit blyk hy is droogweg snaaks, onverpoos intens en stapelgek. Die son is al op toe ek terugstrom­pel na my hotel om te stort, te skeer en vir my vergaderin­g om 08:00 gereed te maak.

SPIELBERG EN SCORSESE

In 1989 probeer ek maande lank die regisseur Martin Scorsese sover kry om hom tot Cape Fear te verbind, ’n nuwe weergawe van ’n noir-agtige fliek van 1962 oor ’n psigopatie­se oudgevange­ne met die naam Max Cady (gespeel deur Robert Mitchum) wat wil wraak neem.

“Dis ’n nuwe weergawe,” hou hy aan sê. “Ek maak nie nuwe weergawes nie.”

Dit is ’n edik wat ek weet ek kan omseil. Maar Cape Fear het nog ’n probleem: Steven Spielberg, nie Marty nie, beheer die regte.

In dié tyd het Steven geen agent nie, al werk ek hard om hom te werf. Hy het te hore gekom van ’n draaiboek wat Scorsese beheer, Schindler’s List, en bly daaraan dink.

Die rolprent gegrond op Schindler’s Ark, ’n roman deur Thomas Keneally, gaan oor ’n Duitse nyweraar wat 1 000 Jode van die Nazi-gaskamers gered het.

Dit lyk vir my die verkeerde mense het die verkeerde projekte beet. Steven het ’n meer kultureel relevante rolprent nodig om sy profiel uit te brei.

Toe doen ek wat ek altyd gedoen het: Ek verteenwoo­rdig die kliënt voor ek hom werklik, tegnies, verteenwoo­rdig.

“Weet jy,” sê ek vir Marty, “ek verstaan hoekom jy Schindler’s List wil maak. Maar jy hoef dit nie te doen nie.

“Steven het nie nog ’n fliek soos Cape Fear nodig nie. Hoekom ruil julle twee nie om nie?”

Marty is nie oortuig nie. Hy is sterk Katoliek soos Steven sterk Joods is. Sy flieks is deurtrek van godsdiens en hy was gretig om nog ’n godsdiens te verken. Hy sou moeilik van Schindler’s List kon afstand doen.

Uit tallose aande saam met Marty en sy 16 mm-projektor ken ek sy passie vir genre-rolprente, van gruwels tot obskure Oosterse flieks; hoe bloediger, hoe beter. ( Jare later was die Hongkongdr­ama Infernal Affairs, wat hy in die 1980’s vir my gewys het, die inspirasie vir sy Oscarbekro­onde The Departed.)

“Cape Fear kan iets wees wat jy nog nooit voorheen vermag het nie, ’n film noir in die Scorsese-styl,” sê ek. “Jy sal ’n werklik bose skurk skep.”

Vyf of ses ernstige gesprekke later is Marty eindelik reg. Ek bel Steven en sê: “Marty het ’n skitterend­e uitkyk op Cape Fear. Julle ouens moet praat.”

Ek reël ’ n oproep tussen Steven en Marty. Hulle het nog nooit ’n sakegespre­k gevoer nie, maar met dié dat hulle ewe onverskrok­ke is, verbaas dit my nie toe ek hoor hulle het dadelik by mekaar aanklank gevind nie. Huiwerig vra Marty my saam met Steven om die omruiling te reël. Steven stem in om Cape Fear te vervaardig, terwyl Marty volgens ’n rojale nadienste-ooreenkoms die regie behartig, en Marty oorhandig Schindler’s List aan Steven.

Cape Fear het $182 miljoen (toe sowat R477 miljoen) wêreldwyd laat inrol, meer as drie keer Marty se rekord, en die 17-jarige Juliette Lewis is vir ’n Oscar benoem vir haar nie-so-onskuldige flirtasie met Robert de Niro.

Intussen het Schindler’s List sewe Oscars gewen, onder meer vir die beste rolprent en Steven se eerste Oscar vir beste regisseur.

Robert Redford was ’n verwer en sou gelukkiger gewees het as hy daarmee aangehou het

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Michael Ovitz het verskeie groot sterre met hul loopbaan gehelp. LINKS: Hy sê Michael Jackson wou James Bond speel. HEEL BO: Hy het Tom Cruise gewaarsku om sy Sciëntolog­ie vir homself te hou.
HOOFFOTO: Michael Ovitz het verskeie groot sterre met hul loopbaan gehelp. LINKS: Hy sê Michael Jackson wou James Bond speel. HEEL BO: Hy het Tom Cruise gewaarsku om sy Sciëntolog­ie vir homself te hou.
 ??  ?? Tom Cruise en Dustin Hoffman in die 1988-trefferfli­ek Rain Man. Dit het vier Oscars gewen.
Tom Cruise en Dustin Hoffman in die 1988-trefferfli­ek Rain Man. Dit het vier Oscars gewen.
 ??  ?? LINKS BO: Michael sê in 1984 het Robert Redford die lewe moeilik gemaak vir ander mense op die stel van The Natural. REGS BO: Michael en die akteur Bill Murray. ROBERT REDFORD
LINKS BO: Michael sê in 1984 het Robert Redford die lewe moeilik gemaak vir ander mense op die stel van The Natural. REGS BO: Michael en die akteur Bill Murray. ROBERT REDFORD
 ??  ?? LINKS: Steven Spielberg (links) en Liam Neeson in Pole vir die Oscarbekro­onde Schindler’s List. REGS: Martin Scorsese (links) en Robert de Niro op die stel van Cape Fear.
LINKS: Steven Spielberg (links) en Liam Neeson in Pole vir die Oscarbekro­onde Schindler’s List. REGS: Martin Scorsese (links) en Robert de Niro op die stel van Cape Fear.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa