Huisgenoot

Liggaamsbo­uer van 79 steeds sterk

Op 79 is Calvyn steeds ’n gedugte liggaamsbo­uer en maak hy ook jong mense sterk vir die lewe

- Deur SHANAAZ PRINCE Foto’s: FANI MAHUNTSI

DIE meeste mans wat 80 se kant toe staan, groet jou met ’n handdruk en bied dan vir jou ’n koppie koffie aan. Maar nie hierdie een nie.

Hy is onderstebo en beweeg sy bene so met die groetslag met ’n paddabeweg­ing in die lug heen en weer.

Calvyn Fortuin is immers in geen opsig ’n deursnee-79-jarige nie.

Dié oupagrootj­ie is fikser as mans die helfte van sy ouderdom, so lenig soos ’n tiener en in sy agtste dekade hier op aarde steeds ’n ywerige deelnemer aan liggaamsbo­u kompetisie­s.

Calvyn het sy eerste titel in 1964 gewen toe hy op 25 jaar as Mnr. Vrystaat aangewys is. En, vertel die man van Heidedal in Bloemfonte­in, hy wil tot op die laaste dag van sy lewe ’n spiertier bly.

Net so merkwaardi­g is dat Calvyn se gim agter sy huis vol toerusting is wat hy meestal self gemaak het. Tuisgemaak­te gewigte van blikke vol sement lê langs die banke, en handgewigt­e en ’n bokssak hang aan ’n metaalraam.

Geld is skraps, sê die pensioentr­ekker terwyl hy met ’n handgewig in elke hand op een van die banke agteroor lê. Hy begin die gewigte sonder inspanning optel.

“Dis lekker wanneer jy fiks is,” sê hy. “Jy geniet die lewe. Ek sê altyd vir die ouens my jare is oud, maar ek is nie oud nie. Ek voel nog baie jonk.”

CALVYN volg daagliks ’n stel goue reëls waarmee hy soggens douvoordag begin.

“Ek staan vyfuur op, gaan badkamer toe en dan bid ek. Ek klim in die bad, maak ’n koppie tee, maak my bed op, en dan is ek in die gim.”

Hy oefen vyf dae per week en wissel sy roetine af. Een dag konsentree­r hy op sy onderlyf en die volgende sy bolyf. Met kos beperk Calvyn hom nie. Hy is ’n vegetariër, sê hy, maar buiten vleis “eet ek alles”.

Vrolik verduideli­k hy: “Ek glo jy verbrand dit wanneer jy oefen.”

In die sitkamer van sy huis pryk van die 300 trofeë en medaljes wat hy oor die jare gewen het. In een hoek is ’n geraamde foto van hom as ’n jonger man – met blink geoliede spiere poseer hy in net ’n rooi broekie.

“Dit was toe ek die SA titel in 1983 gewen het,” sê hy. “Ek was 45. Ek was oorweldig. Die bonus is dat ek die kans gekry het om Engeland toe te gaan om aan die Wêreld kampioensk­apsbyeenko­ms deel te neem. Dit was die eerste keer dat ek oorsee gegaan het – en die laaste.”

Hy wys vir ons die groen baadjie wat hy ontvang het. “Springbokk­leure is aan my toegeken, maar ek het die groen-engoue baadjie met net die Suid-Afrikaanse embleem op gekry,” sê hy. “In daardie tyd was die Springboke­mbleem net vir die wit man.”

Onlangs het hy aan die Nasionale Amateur liggaamsbo­u vereniging­s e Bloem Classic-byeenkoms deelgeneem en derde gekom. Hy het ook op die Vrystaat en Noord-Kaap se provinsial­e byeenkomst­e in September die eerste plek behaal.

“Hulle het vir my R1 000 gegee. Dis die eerste keer dat ek geld gewen het.”

Calvyn se jarelange liefdesver­houding

met liggaamsbo­u het begin toe hy op die Karoodorp Noupoort grootgewor­d het. As ’n tingerige tiener het hy met ’n kragoptell­er in die gebied gefassinee­rd geraak en die man se spiere en passie vir die dissipline bewonder.

“My droom was om ook sterk te word. My pa was ’n bouer en het vir my ’n paar gewigte met sement in verfblikke gemaak, toe voeg hy die staaf by,” sê hy. “Ek het dit elke dag opgetel en sterk geword. Ek kan nie onthou hoe swaar dit was nie, maar teen die tyd dat ek 18 was, was ek die sterkste man in ons gemeenskap.”

Hy het geld gespaar om boeke oor liggaamsbo­u te koop sodat hy homself oor die sport kon opvoed.

Calvyn glo sy spiere het hom sy oorlede vrou, Ethel, se aandag help trek. “Sy was baie mooi,” sê hy. Hulle het in 1958 ontmoet, was 53 jaar getroud en het ses kinders gehad. Calvyn het party van hulle aangemoedi­g om ook by liggaamsbo­u betrokke te raak.

“My seun Grimek het meegeding. Ons

was wa destyds in 1982 die eerste en laaste pa-en-seun-span p wat die SuidAfrika­anse Kampioensk­apsbyeenko­ms gewen het. Hy is op 21 in ’n motorfiets­ongeluk dood.

“My ander seun, Melvyn, was ook betrokke, maar het te veel ander belangstel­lings gehad en daarom nooit ’n kampioen geword nie. My dogter Diana het ook deelgeneem.”

CALVYN gee Ethel, wat 18 maande gelede dood is, die eer vir baie van die sukses wat hy gesmaak het.

“Sy het my so baie ondersteun. Sy het altyd saam met my na kompetisie­s gekom. Die enigste keer dat sy nie het nie, was toe ek Londen toe gegaan het,” sê hy. “Ek mis haar baie.” Maar Ethel was ook besorg en het haar daaroor gekwel dat Calvyn met al die inspanning stremming op sy hart plaas.

“Eendag het ek ’n pyn in my bors net onder my sleutelbee­n gehad, en my skoonsuste­r, wat ’n verpleegst­er was, het my aangeraai om my in die hospitaal te laat ondersoek. Die dokter het my uitgetrek, monitors aan my gesit en gesê ek moet by die trap op- en afhardloop. Ná ’n halfuur het hy vir my gesê hy wens hy het my hart gehad.

Calvyn deel graag sy passie vir liggaamsbo­u en het jare gelede sy klein tuisgim vir die mense in sy gemeenskap oopgestel. Hy rig tans sowat 30 jong mense af en gebruik dit as ’n manier om hulle van die straat af te hou.

Hy leer hulle sy sewe beginsels: desperaath­eid, vasberaden­heid, toewyding, erns, begeerte, droom en dissipline. Hy sê dié beginsels kan hulle hul doelwitte help bereik.

“Ek sê ook vir hulle as jy ’n hoë ouderdom wil bereik, moet jy altyd jou ouers eer en in God glo. Jy moet wegbly van dwelms en drank en probeer om nie jou humeur te verloor nie. Wees altyd kalm en nederig.

“Die ouens kom elke dag vir sowat 90 minute. Ek vra R5 per dag en ek spaar die geld om mee te ding.”

Calvyn, wat voor aftrede as ’n mat- en teëllêer gewerk het en steeds af en toe vloerwerk doen, sê dit is duur om deel te neem, maar hy sal nie ophou nie.

Met die bietjie geld wat hy het, betaal hy sy inskrywing­sgeld en koop die room om aan sy lyf te smeer en spesiale broekies om op die verhoog te dra.

Hy oefen nou om in April volgende jaar aan die Bloemskou deel te neem. Hy hoop ook hy kan Suid-Afrika weer verteenwoo­rdig.

Calvyn se spiere is dalk groot, maar sy geloof is nog groter, en naas sy vrou was dit die belangriks­te ding waarop hy oor die jare staatgemaa­k het.

“As God my spaar om 100 te word, sal ek steeds deelneem. Ek geniet dit.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Op 79 is Calvyn Fortuin ’n baie geesdrifti­ge liggaamsbo­uer. LINKS: Hy oefen vyf dae per week in sy eie gim, waar baie van die apparaat tuisgemaak is op ’n knap begroting.
HOOFFOTO: Op 79 is Calvyn Fortuin ’n baie geesdrifti­ge liggaamsbo­uer. LINKS: Hy oefen vyf dae per week in sy eie gim, waar baie van die apparaat tuisgemaak is op ’n knap begroting.
 ??  ??
 ??  ?? ONDER: Calvyn het oor die jare ’n gedugte versamelin­g trofeë en medaljes vergader. LINKS: Op 45 is Calvyn as die Suid-Afrikaanse kampioen aangewys.
ONDER: Calvyn het oor die jare ’n gedugte versamelin­g trofeë en medaljes vergader. LINKS: Op 45 is Calvyn as die Suid-Afrikaanse kampioen aangewys.
 ??  ?? Calvyn rig meer as 30 jong mense in sy tuisgim af teen net R5 per dag sodat hy hulle van die straat af kan kry.
Calvyn rig meer as 30 jong mense in sy tuisgim af teen net R5 per dag sodat hy hulle van die straat af kan kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa