Huisgenoot

‘ ’N MENS KRY MOEILIKE EN MAKLIKE KAMERMAATS; ROLENE IS ’N BAIE MAKLIKE KAMERMAAT’

Met Kersfees dink Rolene en D’Niel terug aan die seëninge van die afgelope jaar

- – D’NIEL STRAUSS

MET dieselfde gemak as wat sy met haar no. 8-hoëhakskoe­ne op die verhoog verskyn het toe sy in 2014 as die wêreld se mooiste vrou gekroon is, spring sy nou op ’n paar e ewe hoë hakke weg. Rolene Strauss nael vir die vale dat jy net ’n klik-klak-klik oor die teëlvloer hoor. Met haar lang bene haal sy haar klein woelwater in vo voor hy kan koers kies na die poloveld buite buit die klubgebou van die Val de Vie-landg Vie-landgoed naby die Paarl. “As hy nie slaa slaap nie, dan hardloop hy – en deesdae ry hy ook skopfiets. Iets soos stilsit bestaan bes nie,” vertel die 26-jarige ma lag laggend oor haar en haar man, D’Niel Stra Strauss (36), se eersteling, wie se naam hull hulle privaat wil hou. Op amper twee jaar spog die seuntjie met sy beeldskone ma se blougroen oë o en soel vel en sy pa se kuite, e en nes albei sy ouers is hy ’n lang langbeen. Hy hou sy ouers omtre omtrent besig by hul huis hier op dieselfde die landgoed. “W “Wanneer ons iewers gaan eet, maak m ons maar beurte om te eet, want een van ons moet altyd saam buite rondhardlo hardloop,’’ vertel Rolene. Maar sy kla nie; n daarvoor geniet sy die doodgewone doo dinge van die lewe te veel noudat hul gesin eindelik al drie saam onder dieselfde dak d woon. Dis no nou presies ’n jaar gelede dat sy en hul seuntjie uit Bloemfonte­in, waar sy haar mediese studie voltooi vo het, by D’Niel, ’n sakeman sakeman, in die Wes-Kaap kom aansluit het. “Ek weet w wat ek misgeloop het omd omdat ek so besig was en ek koester elke e dag die gehaltetyd wat ons gesin nou saam deurbring,” sê die gegradueer­de dokter.

Sy het haar studie vir twee jaar onderbreek nadat sy in 2014 eers as Mej. Suid-Afrika en in Desember daardie jaar as Mej. Wêreld gekroon is.

Nadat sy ’n jaar lank die wêreld vol gereis het om haar pligte as skoonheids­koningin uit te voer, is sy en D’Niel in Februarie 2016 op ’n prentjiemo­oi wynlandgoe­d buite Somerset-Wes getroud. Daarna was ’n pendelhuwe­lik hul voorland toe Rolene terug is na Bloemfonte­in om haar mediese studie te hervat.

En toe kom verras die ooievaar hulle met ’n babaseun aan die begin van haar finale jaar.

Nou hoef sy nie meer “al die mammawerk” alleen te doen nie soos toe sy verlede jaar saam met hul kleinman in ’n woonstel in Bloemfonte­in gewoon en D’Niel net oor naweke gesien het.

“Hy is baie hands-on,” sê sy van haar man, wat knus langs haar sit. “As ek nie ons seuntjie by die skool kan op- of aflaai nie, dan doen hy dit; as ek nie sy swemles kan bywoon nie, sal D’Niel daar wees.

“Ek het so lank daarna gestreef om ’n vrou vir hom te wees en om vir ons gesin ’n tuiste te skep; om by die huis te kom, kos te kan maak en in lewende lywe te kan praat oor hoe ons dag was. Dis vir my so lekker,” borrel Rolene oor.

Toe hulle eindelik ná ’n pendel verhouding van ses jaar saam intrek, het albei verwag dat dit ’n aanpassing sou wees.

“Op universite­it kry ’n mens mos moeilike en maklike kamermaats, maar Rolene is ’n baie maklike kamermaat,” skerts D’Niel, wat ’n ingenieurs- en ’n M.B.A.-graad aan die Universite­it Stellenbos­ch behaal het.

Op haar beurt sê Rolene haar man is ’n maklike mens om mee saam te woon, iemand vir wie niks onmoontlik is nie.

“Elke droom kan aangepak word, hy

sal my altyd ondersteun, teun, en vir elke probleem het hy ’n oplossing.” ossing.”

EEN van daardie “oplossings” wat hulle e saam-saam bedink het, het op p 7 Desember op die winkelrakk­e akke verskyn – ’n album waarop Rolene lewensless­e, se, praktiese wenke en motivering­s boodskappe s kappe deel. Dis ook aanlyn op iTunes beskikbaar. eskikbaar.

Die album, Secrets s to My Growth, was hul antwoord op haar aar dilemma dat sy soveel versoeke van jong vroue ontvang dat sy vir hulle ’n mentor moet wees, maar onmoontlik by y almal kan uitkom.

“Ek en Rolene het albei op opplattela­ndse platteland­se dorpies grootgewor­d. rd. Ons het nie altyd toegang tot dieselfde e geleenthed­e gehad wat kinders in stede het nie,” verduideli­k D’Niel oor die ontstaan aan van dié idee. Hy is ’n boorling van Keimoes eimoes in die NoordKaap, terwyl Rolene ne op Volksrust in Mpumalanga grootgewor­d geword het.

Op 19 het sy met haar eerste probeersla­g om Mej. Suid-Afrika frika te word nie verder as die topvyf gevorder order nie toe die Engelse woord “blasé” in ’n beoordelaa­r se vraag haar gepootjie e het. Maar twee jaar later was sy terug op die verhoog met meer selfvertro­ue en n ’n splinternu­we Engelse aksent nadat D’Niel haar met haar Engelse uitspraak gehelp ehelp het. Met sy ondersteun­ing het sy ook by talle mentors aangeklop en ’n pad d van groei gestap.

Die album is ’n samevattin­g amevatting van die lewensless­e wat sy geleer eleer het om nie net die Mej. Suid-Afrika-, a-, maar ook die Mej. Wêreld-kompetisie tisie te wen. Elk van die 14 snitte, waarvan sy agt, D’Niel vyf en Jannes Erasmus een geskryf het, bestaan uit ’n boodskap wat verskeie onderwerpe nderwerpe soos tydsbestuu­r en selfaanvaa­rding aanroer.

Die musiek-en rolprent-vervaardig­er Johan n Vors ter– wie se platemaats­kappy, kappy, Inhoud Huis Musiek, die album vervaardig – het haar r aangemoedi­g om in een snit ook ok haar sangtalent ten toon te stel. l. Daarin sing Suid-Afrika se eie “Pretty retty Woman’’ die Beyoncé-treffer Pretty Hurts.

“D’Niel is baie innoverend; noverend; hy dink altyd aan ongeloofli­ke ke idees en ek is weer goed met die uitvoering ring daarvan,” vertel sy oor hul spanwerk. k. “Hy kom altyd na my toe en sê: ‘Het jy y regtig nou gedoen wat ek gesê het?’ Hoe dan anders met (Blaai i om)

‘Elke persoon kry met Kersfees ’n beurt om te sê waarvoor hulle in die jaar dankbaar was. Dis soms baie emosioneel, maar dit bind ons twee families nog hegter saam’

sulke goeie idees,” sêvra sy en kyk met oë vol bewonderin­g na hom.

“Ek leer weer by haar om meer diplomatie­s te wees,” sê D’Niel. “Ek is mos maar ’n ingenieur. ’n Ding is óf só óf nie; niks tussenin nie. Sy het my gewys hoe om dinge meer gematig te benader.”

Hoewel hulle die afgelope jaar ’n gewone gesinslewe kon geniet, was dit steeds ’n bedrywige jaar vir die twee.

D’ Nie lis’ n mededirekt­eur van’ n waagkapita­al firma wat aandele in winsgewend­e ondernemin­gs met’ n hoë groeikoers koop. Tussendeur is hy ook ’n buitengewo­ne dosent aan Maties se sakeskool.

In Oktober het Rolene saam met D’Niel se suster, dr. Ledivia Strauss, ’n sentrum vir holistiese gesondheid, RevitaHeal­th, op die landgoed geopen. Sy is by die bemarking betrokke en Ledivia verskaf die mediese dienste. Die maatskappy fokus op teenveroud­ering en die voorkoming van siektes. “Sodat jy die beste weergawe van jouself kan wees,” sê Rolene oor die sentrum waar haar Mej. Wêreld-rok in ’n glaskas in haar kantoor hang.

Al het sy nou ’n mediese graad agter haar naam, mag sy nie as dokter praktiseer voor sy haar internskap en diensjaar voltooi het nie. Sy beoog om dit oor twee of drie jaar te doen.

Maar eers hoop hulle op ’n boetie of sussie vir hul seuntjie. “Ons wil beslis nog kinders hê,” sê Rolene blinkoog.

En D’Niel beaam: “Volgende jaar.”

OMDAT albei dikwels op sakereise gaan, is dit vir hulle die lekkerste om naweke net by die huis en by mekaar te wees.

“Ons is bevoorreg om in ’n omgewing te bly waar dit so mooi buite is,” sê Rolene en beduie na die skilderagt­ige berge op die agtergrond. “Ons probeer om soveel moontlik saam met ons seuntjie in die natuur te doen. Hier is perde vir die kinders, ons stap verby ’n area met sebras en bokkies, of ons besoek ’n piekniekpl­ek langs ’n stroompie waarin ons ook swem.”

Ledivia, haar man, Retief Uys, en hul sewejarige dogter, Amè, woon op dieselfde landgoed, ’n hanetree van hulle.

“Ons is baie geheg aan mekaar en ons gesinne eet byna elke aand saam – die een aand by ons; die ander aand weer by hulle,” vertel D’Niel.

Onder Rolene se vele talente tel ’n slag agter die kospotte. “My vrou maak die lekkerste kos,” spog haar man, “nie net vir aandete nie, maar sommer ook iets lekkers vir middagete.”

Op die spyskaart is alles van bredies en beesstert met stampmieli­es tot spaghetti bolognese. “Ek het my ma se resepte en leer ook baie by my skoonsuste­r,” vertel Rolene. “Sy help my om resepte te bemeester waarmee hulle grootgewor­d het en waarvan D’Niel baie hou.”

Wanneer sy vasbrand of iewers heen moet reis, “voel my hart altyd gerus omdat my skoonsuste­r naby is en met ons seuntjie kan help”, sê sy dankbaar.

“Ons is net so erg oor hul dogtertjie,” voeg D’Niel by. Vir Amè is haar nefie nes ’n lewende pop. “Hulle word soos ’n boetie en sussie groot,” sê Rolene.

Terwyl sy ouers bedags werk, gaan hul seuntjie na ’n kleutersko­ol op die landgoed. “Hy geniet dit vreeslik tussen die maats. Wanneer ons hom smiddae gaan haal, kruip hy vir ons weg,” lag sy ma.

Maria Mashinini, wat al 25 jaar lank vir Rolene se ouers op Volksrust werk en haar help grootmaak het, het haar die jaar ná hul seuntjie se geboorte met sy versorging in Bloemfonte­in gehelp. Toe hulle Wes-Kaap toe trek, het sy gehelp dat hulle nog ’n versorger kry – toevallig ook met die naam Maria. “Ons seun is dol oor sy gogo, Maria Dlamini,” vertel Rolene.

Sy beskryf die kleinman as “’n goeie kombinasie’’ van sy ouers. “Hy is liefdevol nes ek. Hy sal ’n rukkie speel en dan kom gee hy eers ’n drukkie en ’n soentjie voor hy verder gaan speel. Nes D’Niel het hy ’n

sterk persoonlik­heid. Hy is ’n goeie leier en weet presies wat hy wil hê. Voor sy geboorte het ek gaan nalees oor sy naam, wat ‘sagmoedige leier’ beteken. Dis presies ’n weerspieël­ing van wie hy is. Sterk, maar liefdevol.”

Die oulike knapie begin nou praat en liedjies sing. “Sy gunsteling is: Leesjou Bybel, bid elke dag, want dit gee jou krag ,” sê Rolene en wys hoe hy ’n sterkmanly­fie maak wanneer hy “krag!” uitroep.

“Hy is gek oor sy pa, want as pappa by die huis is, is dit net speel. Dis fietsry, diere kyk en boeke lees. As hy nie eintlik ’n soetding mag kry nie, sal hy my nie kom vra nie, maar vir D’Niel. Hy weet hy kan sy pa om sy pinkie draai.”

D’Niel beskou sy vrou as ’n superma. “As iets fout is, weet sy altyd presies wat die oplossing is. Hy is altyd haar eerste priorieit, niks anders nie.”

Vir sy oupas en oumas is hul seuntjie “net die oulikste en slimste en praat hy die mooiste”, lag Rolene. Dit is haar ouers, Hennie en Theresa Strauss, se eerste kleinkind en D’Niel se ouers, Charel en Amelia Strauss, se eerste kleinseun.

Gee net vir die oumas ’n halwe kans en een van hulle klim op ’n vliegtuig.

“Ons sal net noem dat ons iemand benodig om na hom te kyk en een van hulle is die volgende dag op pad,” sê D’Niel.

Sy ouers wil volgende jaar uit Keimoes, waar hulle met dorperskap­e en wingerd boer, na Val de Vie verhuis. Rolene se ouers wil hulle ook in die Wes-Kaap kom vestig ná haar pa, ’n mediese dokter op Volksrust, se aftrede.

AL HOU hul werk en kind hulle druk besig, bly gehaltetyd vir Rolene en D’Niel belangrik. “Ons seuntjie gaan saans seweuur slaap en dan is dit ons tyd. Wanneer ek af en toe ’n geleenthei­d iewers in die stad het, sal D’Niel saamkom en doen ons moeite om sommer ’n romantiese aand daarvan te maak.”

Is daar enige uitdagings in hul huwelik? Stry hulle ooit?

“Ons het albei baie gematigde persoonlik­hede en sal nie verskrikli­k opgewerk raak oor iets nie. Ons kies om oor alles te gesels,” antwoord Rolene.

Al sal hulle oor dinge verskil, is dit nooit op ’n emosionele manier nie, voeg D’Niel by. “Ons weet dis nie die moeite werd om oor onbenullig­hede kop te stamp nie. Ons sal vir mekaar opoffering­s maak.”

Op Instagram deel Rolene gereeld video’s van hoe sy verskillen­de liggaamsde­le in die gimnasium oefen. Die dokter in haar is aan die woord toe sy sê: “Gesondheid is uiteraard vir my belangrik, en vandat ons ’n kindjie het, voel ek net sterker daaroor. Ek voel dis my verantwoor­delikheid om te sorg dat daar gesonde kos in die huis is, en dis vir my die lekkerste lekker as ek en D’Niel saamoefen.”

Dit verg toewyding, bieg hy. “Sy oefen vyfuur soggens; daarom moet ek dan op wees. Kom ons sê maar net sy het ’n baie goeie invloed om my.”

Al is sy nie so lank gelede nie amptelik as die mooiste vrou op ons planeet gekroon, erken Rolene dat sy nes enige gewone sterfling dae beleef dat sy nie mooi voel nie. “Dis waar D’Niel so ’n groot rol speel, want vir hom lyk ek altyd die mooiste.”

As hy die oggend sien sy beproef ’n paar uitrusting­s voor sy op een besluit, weet D’Niel: “Dis een van daai oggende.”

Juis op so ’n dag kry sy dan ’n kompliment by iemand, vertel sy. “’n Mens dink so maklik dat jy nie mooi lyk nie, maar dan sien niemand anders dit eens raak nie.”

VANJAAR vier hulle Kersfees oudergewoo­nte saam met die twee S t rauss - famil ies op Hartenbos.

“Dan is almal net Strausse en niemand weet later meer wie familie van wie is nie,” lag D’Niel.

Dié Wes- Kaapse kusdorp hou vir hulle mooi herinnerin­gs in, want dis waar hulle mekaar ses jaar gelede tydens ’n somervakan­sie by ’n dansplek ontmoet het. Op Kersdag 2014 het D’Niel hier op die houtpier gekniel en Rolene die jawoord gevra. Twee jaar gelede het hulle die somer vakansie daar deurgebrin­g toe hul seuntjie op 6 Januarie 2017 in die Mediclinic George sy opwagting maak.

Benewens saamkuier en lekker eet “word ons op Kersdag stil en bid, en lees my pa vir ons Bybel”, vertel D’Niel. “Elke persoon kry dan ’n beurt om te sê waarvoor hulle in die jaar dankbaar was. Dis soms baie emosioneel, maar dit bind ons twee families nog hegter saam.” Hulle is dankbaar dat hul ouerpare so goed oor die weg kom. “My ma sê altyd selfs al was ek en D’Niel nie hier nie, sou hulle steeds gekies het om vriende te wees,” sê Rolene. Hul ouers het hulle met die wete grootgemaa­k dat Kersfees nie oor Kersvader en geskenke gaan nie, maar oor die Here. Nou sien hulle daarna uit om, namate hy ouer word, vir hul seun oor meer as net die Bybelprent­e te leer. “Nou is hy net opgewonde oor Moses in die mandjie en die padda langs die mandjie,” vertel Rolene en lag. Pleks van net vae Nuwejaarsv­oornemens maak en daarvan vergeet, pen dié suksesvoll­e paartjie hul mikpunte neer. “Ons skryf aan die begin van die jaar ons doelwitte op ’n visitekaar­tjie neer en dra dit dan saam met ons,” sê Rolene. D’Niel haal syne uit sy beursie om te wys hoe dit lyk. “Dis ’n tasbare manier om jou vordering dop te hou en jouself te herinner wat jy wil bereik,” verduideli­k hy. Wat op die kaartjies vir 2019 geskryf staan, wil nie een van die twee verklap nie. Eers wanneer hulle hul doelwitte bereik het, sal hulle die aap uit die mou laat. Maar waarna hulle ook al volgende streef, vir dié twee aantreklik­e donkerkopp­e wat al saam soveel drome bewaarheid het, beloof 2019 om nog ’n jaar van vele suksesse te wees.

‘Ek voel dis my verantwoor­delikheid om te sorg dat daar gesonde kos in die huis is‘

 ??  ?? Rolene Strauss, haar man, die sakeman D’Niel Strauss, en hul seuntjie borrel van vreugde noudat hulle eindelik saam in dieWes-dieWesKaap woon.
Rolene Strauss, haar man, die sakeman D’Niel Strauss, en hul seuntjie borrel van vreugde noudat hulle eindelik saam in dieWes-dieWesKaap woon.
 ??  ?? Omdat die egpaar dikwels op sakereise gaan, is dit vir hulle die lekkerste om naweke net by die huis en saam met mekaar te wees.
Omdat die egpaar dikwels op sakereise gaan, is dit vir hulle die lekkerste om naweke net by die huis en saam met mekaar te wees.
 ??  ?? Rolene beskryf D’Niel as ’n baie betrokke pa. Op sy beurt sê D’Niel weer dat daar geen beter ma as Rolene is nie.
Rolene beskryf D’Niel as ’n baie betrokke pa. Op sy beurt sê D’Niel weer dat daar geen beter ma as Rolene is nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa