Huisgenoot

MIDDAGETE EN ’N STAPPIE

-

Sy eet smiddae meestal alleen, behalwe wanneer prins Charles (70), prins Andrew (58), prins Edward (54) of prinses Anne (68), daar kuier. Die koningin sit bedags nie haar lippe aan alkohol nie – pleks daarvan drink sy gebottelde Malvernwat­er. Sy verkies ligte maaltye. “Die reël is geen stysel nie,” sê Darren.

Die koninklike sjef stuur weekliks ’n lys met drie voorstelle vir elke maaltyd en die koningin kies dan wat sy met elke ete wil nuttig. Hieronder tel gesonde geregte soos gestoomde of gebraaide vis met groente of geroosterd­e hoender met slaai, vertel hy.

Sy eet net seisoensgr­oente en -vrugte. “Waag dit net om in Januarie aarbeie op die spyskaart in te sluit en sy sal dit uitkrap en sê moenie vir my aarbeie stuur wat geneties gemanipule­er is nie,” het Darren al vertel.

Owen Hodgson, wat in die vroeë 1990’s in die koningin se kombuis gewerk het, het aan The Telegraph vertel tunatoebro­odjies is een van haar gunsteling­e vir middagete. Die brood word aan albei kante gebotter en die broodjie in agt identiese driehoeke gesny. Sondae geniet sy braaiboud, goed gaargemaak pleks van lig- tot halfgaar.

Darren verklap in Eating Royally sy eet selfs piesangs met ’n mes en vurk. Toe sy eenmaal ’n slak in haar slaai ontdek, het sy ’n nota aan die kombuisper­soneel gestuur met die slak daarop asook die woorde: “Ek het dit in my slaai gekry – sou jy dit eet?”

In haar 10de dekade glo sy steeds vars lug is goed vir die gees. Sy stap smiddae saam met haar hondekinde­rs en mag glo nie dan gesteur word nie. Die 12-jarige Whisper, die laaste van haar vele corgi’s oor baie jare, is in Oktober vanjaar oorlede. Sy het hom in 2016 aangeneem en hy het haar oral gevolg.

Sy het nog twee corgi-worshondkr­uise, Candy en Vulcan.

Ná haar stappie ontspan dié perdeliefh­ebber ’n halfuur lank met die Britse Racing Post-koerant, die goue geskrif van die perdewedre­ngemeenska­p.

Haar skedule wissel na gelang van haar verpligtin­ge, maar alle middagsake word gewoonlik voor halfvyf afgehandel sodat sy betyds terug by die paleis kan wees vir tee om vyfuur.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa