Huisgenoot

Bedrywige ooievaar

-

Talle glansmense het vanjaar kleingoed verwelkom. Theodore Jantjies en sy verloofde, Tammy van der Merwe, het in Januarie ouers van ’n seun, Shiloh, geword. Die aktrise Angelique Potgieter en haar rugbyspele­rman, Jacques, het in Februarie hul gesin blitsvinni­g van drie tot vyf uitgebrei toe hul tweelingdo­gters, Annabella en Olivia, hul opwagting maak.

In Maart het Minki van der Westhuizen en haar man, die oudrugbysp­eler Ernst Joubert, ’n derde dogter, Elsa, ryker geword. ’n Maand later is die sangeres Charlize Berg en haar man, Warren Linden, se eersteling, ’n dogter genaamd Aleiah-Rose, gebore.

In Mei het Hanna Grobler en Bok van Blerk ’n dogter verwelkom. Pierre Greeff, hoofsanger van Die Heuwels Fantasties, en sy vrou, Jani, se eersteling, ’n seun, Thys, is in Junie gebore.

Die aktrise Nadia Beukes en haar man, David de Villiers, se eersteling, Davey, is in Augustus gebore. In September het die sangeres Andriëtte Norman en haar man, Glynn Moolman, se tweede bulletjie, Glynn André, sy opwagting gemaak. Die sanger Pieter Smith en sy vrou, Yolandi, se seuntjie, Pieter David, is in Oktober gebore.

Net ’n dag later het die omroeper en aanbieder Robbie Kruse en sy vrou, Lynn, se dogtertjie, Lara, haar opwagting gemaak. Die akteurspaa­r Anelle en Stefan Ludik se seuntjie, Leonard, is in November gebore. In dieselfde maand het Ricus Nel en Liza Brönner hul eersteling, Dawid, verwelkom.

Van die sportsterr­e by wie die ooievaar gekuier het, is die oud-Bok Bryan Habana en sy vrou, Janine, in April (Gabriel); die Protea JP Duminy en sy vrou, Sue, op Lentedag (Alexa-Rose); en die oud-Protea Morné Morkel en sy vrou, Roz Kelly, in November (Leo).

 ??  ?? Tammy van der Merwe en Theodore Jantjies saam met hul seuntjie, Shiloh. Angelique g q en Jacques Potgieter saam met hul tweelingdo­gters, tweelingdo­gters,g Olivia en Annabella. Charlize Berg en Warren Linden saam met hul dogtertjie, Aleiah-Rose. Nadia Beukes es en David de Villiers lliers saam met klein Davey. avey. Ricus Nel en Liza Brönner saam met hul seuntjie, Dawid. Andriëtte Norman en Glynn Moolman by hul tweede seuntjie, Glynn André. Pierre Greeff saam met sy eersteling, Thys. Hanna Grobler en haar dogtertjie.
Tammy van der Merwe en Theodore Jantjies saam met hul seuntjie, Shiloh. Angelique g q en Jacques Potgieter saam met hul tweelingdo­gters, tweelingdo­gters,g Olivia en Annabella. Charlize Berg en Warren Linden saam met hul dogtertjie, Aleiah-Rose. Nadia Beukes es en David de Villiers lliers saam met klein Davey. avey. Ricus Nel en Liza Brönner saam met hul seuntjie, Dawid. Andriëtte Norman en Glynn Moolman by hul tweede seuntjie, Glynn André. Pierre Greeff saam met sy eersteling, Thys. Hanna Grobler en haar dogtertjie.
 ??  ?? Stefan Ludik met klein Leonard in sy arms.
Stefan Ludik met klein Leonard in sy arms.
 ??  ?? Lynn en Robbie Kruse saam met hul dogter, Lara.
Lynn en Robbie Kruse saam met hul dogter, Lara.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa