Huisgenoot

MIELIEBROO­D MET TUISGEMAAK­TE TOEBROODJI­ESMEER

-

Baie kinders is deesdae allergies vir gluten. Hier’s ’n maklike glutenvrye broodjie met neute, wat ekstra proteïen verskaf. As jy egter nie tyd het om brood te bak nie, kies dan ’n gekoopte brood met ’n lae GI.

MIELIEBROO­D

LEWER 2 BROODJIES BEREIDING: 10 MIN. BAK: 25 MIN. 200 g growwe mieliemeel, braaipap of polenta 100 g amandels, fyngemaal 15 ml (1 e) gemengde kruie (pietersiel­ie en grasuie of roosmaryn en tiemie) 5 ml (1 t) seesout 20 ml (4 t) bakpoeier 250 ml (1 k) natuurlike jogurt 3 eiers 60 ml (4 e) olyfolie 1 x 400 g-blikkie pitmielies, gedreineer 50 g cheddarkaa­s, gerasper (opsioneel) Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Bespuit 2 klein broodpanne met kossproei. 1 Meng die meel, neute, kruie, sout en bakpoeier in ’n mengbak. 2 Klits die jogurt, eiers en olyfolie saam. Voeg die pitmielies en kaas, indien gebruik, by. 3 Voeg dit by die droë bestanddel­e en meng goed deur. 4 Skep die beslag in die bereide panne en bak 25 min. of tot gaar en stewig. 5 Laat die brode afkoel, sny in snye en smeer met ons toebroodji­esmeer op die volgende bladsy of met suikervrye grondboont­jiebotter. Geen botter is nodig nie.

TOEBROODJI­ESMEER

LEWER 500 ML (2 K) KOOK: 7-10 MIN. BEREIDING: 10 MIN. 12 hardgekook­te eiers, fyngekap 200 ml laevet-mayonnaise sout en peper na smaak VOEG BY INDIEN VERKIES: 80 ml ( k) sterk kaas, gerasper; 3 agurkies, fyngekap; 15 ml (1 e) tamatiesou­s; 5 ml (1 t) aangemaakt­e mosterd; 1 gerookte worsie, fyngekap; 45-60 ml (3-4 e) gekapte ham, gaar spek, hoender of sardyne Plaas al die bestanddel­e in ’n voedselver­werker, pak die ekstras by wat jy verkies, en verwerk tot glad. Bêre in bottels in die yskas. PAK OOK: vrugtestok­kie met pynappel, druiwe en aarbeie e ystee (sien kosblik 2)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa