Huisgenoot

KOSBLIK 2 MUFFINS MUFFINSM MET TUNA-ENEIERVULS­EL EN YSTEE

-

Dié muffins het nie ’n smeersel nodig nie, want dit het reeds ’n vulsel in die middel. LEWER 6 MUFFINS BEREIDING: 15 MIN. BAK: 20-25 MIN. MUFFINS 100 g spekstukki­es 250 ml (1 k) bruismeel ’n knippie sout 30 ml (2 e) suiker 250 ml (1 k) mieliemeel 1 ekstra groot eier 250 ml (1 k) melk of natuurlike jogurt 60 ml (¼ k) olie VULSEL 1 x 170g-blikkie tuna in soutwater verpak, gedreineer 2 hardgekook­te eiers, in growwe stukke gesny 125 ml (½ k) gladde maaskaas met kruie en knoffel Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Smeer ses diep holtes van ’n muffinpan.

1 Muffins Braai die spek tot gaar, laat afkoel en kap fyn. 2 Sif die droë bestanddel­e saam. 3 Klits die nat bestanddel­e saam en roer by die droë bestanddel­e in tot net gemeng. Voeg ¾ van die spek by.

4 Vulsel Meng al die bestanddel­e. 5 Skep die muffinholt­es halfpad met die muffinmeng­sel vol, skep van die vulsel in elke muffinholt­e en skep die res van die muffinmeng­sel bo-op. Sprinkel ’n bietjie van die oorblywend­e gekapte spek bo-op elk. 6 Bak 20-25 min. of tot gaar.

YSTEE Gebruik 10 natuurlik gegeurde rooibostee­sakkies

(bessie, waatlemoen en groentee of suurlemoen, gemmer en ment werk lek- ker saam, maar jy kan die geure na smaak kies). Giet

3 L kookwater oor en laat afkoel. Druk die sakkies goed uit en skep uit. Plaas die tee in die yskas. Vir voorsit: Vir elke 1 L tee kan jy 375 ml (1½ k) natuurlike vrugtesap of 45 ml (3 e) natuurlike vrugtestro­op byvoeg. (As jou kinders ’n suikertand het, voeg ’n klein bietjie bruinsuike­r by, maar dis geensins nodig nie.) Giet in botteltjie­s en vries, dan is dit net mooi ontvries teen pousetyd. PAK OOK: gekapte droëvrugte (perskes en pere) en grondbone tamatie-babakomkom­meren-kaasstokki­es

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa