Huisgenoot

GLUTENVRYE AARBEIROLL­ETJIES

-

Ons maak hierdie rolletjies met glutenvrye meel en rol dit in klapper pleks van suiker. Die maaskaas en aarbeie gee ’n gesonder, heerlike vulsel. LEWER 6 MIDDELSLAG­OF 12 KLEIN ROLLETJIES BEREIDING: 30 MIN. BAKTYD: 12-15 MIN. AFKOELTYD: 1 UUR 3 eiers, geskei 80 ml ( k) strooisuik­er gerasperde skil van 1 suurlemoen 180 ml (¾ k) glutenvrye meelmengse­l droë klapper, vir sprinkel VULSEL 1 x 250 g gladde maaskaas 15 ml (1 e) heuning 6 aarbeie, ontstronk en fyngekap Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei. 1 Plaas die eiergele in een mengbak en die eierwitte in ’n ander. 2 Klits die eierwitte tot donsig en gooi die helfte van die suiker bietjie vir bietjie by terwyl jy klits. Klits die eierwitte styf. Hou eenkant. 3 Voeg die res van die suiker, suurlemoen­skil en meel by die eiergele en klits tot goed gemeng. 4 Voeg ’n derde van die eierwit by die eiergeelme­ngsel en klits tot gemeng. Voeg die res van die eierwit by en vou liggies in tot gemeng. 5 Skep die mengsel in die bereide bakplaat en smeer liggies plat. Bak 12-15 min of tot strooikleu­rig en gaar. 6 Sprinkel die klapper op ’n teedoek. Keer die koek uit en trek die bakpapier af. Plaas die afgetrekte kant van die koek na onder op die klapper. Rol die koek in die teedoek op terwyl dit nog warm is en laat heeltemal afkoel.

7 Vulsel Meng die bestanddel­e goed. Rol die koek oop en haal van die teedoek af. Smeer die skoon kant met die vulsel en rol weer versigtig op (die klapper sal buite wees). Sny die rolkoek in 6-12 rolletjies. k – koppie(s) e – eetlepel(s) t – teelepel(s)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa