Huisgenoot

GESKEI, OOK VAN SKOONOUERS

-

My gewese skoonouers was teen my en hul seun se egskeiding gekant. Hulle het gedink ons kan nog aan ons huwelik werk.

’n Rukkie ná die hofdag het ek my kant van die saak aan hulle gestel. Ek het nie hul seun vir enigiets blameer nie – hy wou nie langer met my getroud wees nie. Ek wou net hê hulle moes voortgaan om ons kinders by hulle aan huis te verwelkom.

Hulle beskou my nie langer as ’n skoondogte­r nie omdat hulle bang is dit maak hom kwaad. Hulle het selfs my foto weggepak. Ek het gedink ek sal altyd by hulle welkom wees. Ek weet nie of ek meer my kinders so dikwels by hulle wil hê nie. F op B

Dit is verstaanba­ar dat jy seergemaak voel oor hul optrede, maar moenie dit persoonlik opneem nie. Die feit dat hulle daarteen gekant was dat julle skei, wys dat hulle van jou as skoondogte­r gehou het.

Noudat die egskeiding afgehandel is, moet hulle hul seun se besluit respekteer.

Dit is waarskynli­k uit bedagsaamh­eid teenoor hom dat hulle jou foto weggepak het. Dis nie as ’n klap in jou gesig bedoel nie. As ouers sal hulle niks wil doen wat hul verhouding met hul seun kan laat versuur nie.

As jy hul houding kan verstaan en onvoorwaar­delik aanvaar, sal dit vir jou makliker wees om die verlede agter te laat as ’n ouer wat ’n sukses van gedeelde ouerskap wil maak.

Kinders kom altyd voor volwassene­s se ego’s. Jou kinders behoort om hul eie onthalwe steeds ’n gesonde en innige verhouding met hul grootouers te hê. Hou dus aan om brûe te bou.

Maak seker dat julle reëlings oor kuiers met vierings soos Kersfees en verjaardae vroegtydig tref, want sulke tye kan emosionele snellers vir veral grootouers wees.

Stuur ook uitnodigin­gs na skoolkonse­rte en sportwedst­ryde aan jou gewese skoonouers. As jy hulle daar sien, glimlag en wees vriendelik. Jou kinders hou jou dop en sal jou voorbeeld volg.

Moet nooit binne hoorafstan­d van jou kinders van hul pa of hul grootouers aan vaderskant slegte dinge sê nie.

Moet ook nooit jou kinders in ’n posisie plaas om kant te kies of spioen te speel nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa