Huisgenoot

OU PROBLEEM IN NUWE HUWELIK

-

Nadat ons geskei het en ’n jaar lank uitmekaar was, het ek en my man weer bymekaarge­kom en weer getrou. Ons het nie kinders nie. Een van die redes vir ons mislukte huwelik was dat ek selde in die bui vir seks was omdat ek ’n moeilike menopouse ervaar het.

Nou begin ons weer vassit en teen bedtyd is ek so gespanne dat ek seks weier. Ek het gedink ons het die probleem opgelos. My man sal nie vir berading wil gaan nie. Wat nou? K op W

Konflik in ’n verhouding is ’n drifblusse­r, maar romanse floreer op harmonie. Min vuurwerk sal tussen twee mense plaasvind wat vir mekaar kwaad is. In jul geval het julle dalk die woede onderdruk sonder om die kwessie uit te praat. Bitterheid en onvergewen­sgesindhei­d kan ook die bron van sulke opgekropte woede wees.

Wanneer dinge in ’n verhouding skeefgeloo­p het, maar die maats maak asof niks gebeur het nie, gebeur min ook dikwels in die bed. Die goeie nuus is dat jy dié kringloop kan verbreek.

As jy steeds met die menopouse sukkel, besoek ’n ginekoloog wat simptome soos humeurighe­id met medikasie kan verlig.

Al weier jou man beradingse­ssies, keer niks jou om self vir terapie te gaan om jou te help om jou onderdrukt­e gevoelens te verwerk nie.

As jy jou man vra hoekom hy kwaad is, wees bereid om na sy antwoord te luister.

Vermy woorde soos “altyd” en “nooit” tydens rusies. Vermy aantygings en belediging­s. Aanvaar dat jy nie altyd reg kan wees nie, maar altyd regverdig moet wees.

As iets skeefloop, is ’n mens geneig om verskoning­s daarvoor te soek. Dit het nog niemand doodgemaak om te sê “ek is jammer” nie.

Takel die oorsaak van die woede en nie mekaar se karakter, optrede of die verlede nie.

Moenie aanstaltes maak slaapkamer toe voor die konflik opgelos is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa