Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Dis ’n week om kennis te neem van onsigbare dinge – dit wat versteek is of agter die skerms gebeur. Jy moet dalk in die wêreld van kwantumfis­ika delf, kennis oor die sterre opdoen of die ingewikkel­dhede van die onderbewus­syn verken. Dis ook ’n goeie tyd om selfonders­oek te doen om oortuiging­s en fiemies wat jou terughou te verken of jou motiewe te ondersoek en/of bevraagtek­en. GELUKKIGE NOMMERS 43, 21, 12, 8, 17, 50

VISSE

19 FEB – 20 MRT As jy ’n tipiese Vis is, is jy ’n verdraagsa­me siel vol begrip en sonder oordeel. Terwyl sulke eienskappe jou ’n minsame vriend maak, moet jy daarteen waak om om die bos gelei te word. Die kollig val op vriendskap, so dis ’n goeie tyd om jou vriende in heroënskou te neem – dié keer dalk realisties­er. Dis in jou belang om mense te vermy wat ’n afbrekende invloed op jou het. GELUKKIGE NOMMERS 30, 18, 44, 5, 51, 31

RAM

21 MRT – 19 APR Mercurius, die meester van woorde, sluit dié week by jou beroepshor­oskoop aan om nog klem op dié gebied van jou lewe te plaas. Dis ’n tyd om alle joligheid op die agtergrond te skuif en op loopbaando­elwitte te fokus. Dis ’n goeie week om jou energie in jou werklewe te stort, met ’n spesifieke klem op inligtings­verwante aktiwiteit­e. Jy moet dalk ’n CV of sakeplan saamstel, jou vaardighed­e adverteer of ’n nuwe projek met jou bestuurder bespreek. GELUKKIGE NOMMERS 45, 23, 52, 49, 41, 46

BUL

20 APR – 20 MEI Die lewe neem ’n opvoedkund­ige toon aan, wat dit ’n goeie week maak om jou breinselle oefening te gee. As jy jou algemene kennis wil verbeter, jou loopbaan wil bevorder of ’n onderwerp wil ondersoek waarin jy in die besonder belangstel, probeer die bal nou aan die rol kry. Jy moet dalk vir ’n studiekurs­us inskryf, die biblioteek besoek of aanlyn rondsnuffe­l. ’n Mens is nooit te oud om te leer nie en dis nooit te laat om te begin nie. GELUKKIGE NOMMERS 47, 20, 14, 35, 28, 24

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Venus, die godin van liefde, beweeg dié week jou liefdeshor­oskoop binne en bring goeie tyding vir sake van die hart. As iemand jou aandag getrek het en jou vryheid en ongebonden­heid ’n bietjie vervelig raak, is dit ’n goeie tyd vir voelers uitsteek. Dis ook ’n goeie week vir jou en jou lewensmaat om ’n bietjie lighartige pret te hê. GELUKKIGE NOMMERS 38, 6, 52, 22, 40, 50

KREEF

21 JUN – 21 JUL Mercurius, die meester van die tong, beweeg dié week jou horoskoop binne en open die kommunikas­iekanale tussen jou en jou geliefde. Al is jy ’n Kreef, wat deur middel van emosies en gevoelens kommunikee­r, is dit ’n geskikte tyd vir nugter bespreking­s. As daar ’n grief is wat jy van die hart af wil kry, is dit nou die tyd om jou punt oor te dra. GELUKKIGE NOMMERS 2, 27, 25, 13, 32, 7

LEEU

22 JUL – 22 AUG Die liefdesgod­in, Venus, beweeg dié week by ’n medevuurte­ken in, wat dit ’n tyd maak vir vertroue hê om jou gevoelens oor sake van die hart uit te druk. Liefde is immers in die lug en romanse het die geleenthei­d om te floreer. Dis ’n goeie tyd om ’n nuwe minnaar met jou sjarme te oorrompel. Dit is ook nou die tyd om waardering te toon en ’n ophef van jou maat te maak, veral as jy gewoonlik die kollig steel. GELUKKIGE NOMMERS 7, 29, 51, 39, 16, 17

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Jou planeet, Mercurius, beweeg dié week ’n medegrondt­eken binne. Dit behoort jou vaardighed­e ’n hupstoot te gee en jou meer op jou gemak te laat voel. Dis gerusstell­ende nuus, veral as jy ’n Maagd is wat geneig is om jou oor alles, groot of klein, te bekommer. Jy kan waarskynli­k op jou vaardighed­e staatmaak, of jy nou met ’n praktiese oplossing vorendag moet kom of oordeelkun­dige verbeterin­gs in jou lewe wil maak. GELUKKIGE NOMMERS 32, 4, 11, 33, 38, 47

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Die klem verskuif dié week na huis en haard. As jy ’n plesiersoe­kende Weegskaal is, sal kuier dalk teen huiswerk en instandhou­dingstake tweede viool moet speel. Jy moet dalk ook skoonmaak of uitgooi, of dit nou ’n laai, kas of kamer is. Al sal jy jou hande moet vuilmaak, behoort die plesier van orde skep ’n bevredigen­de beloning te wees. GELUKKIGE NOMMERS 24, 26, 10, 19, 52, 45

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Venus, die planeet van aantrekkin­g, beweeg dié week jou finansiële horoskoop binne, wat goeie nuus vir die stand van jou kontantvlo­ei is. Dis ’n tyd waarin jy ’n geldmagnee­t kan wees. Jy kan ’n winsgewend­e ondernemin­g stig, ’n voordelige projek beding of ’n lonende beleggings­ooreenkoms ontdek. Jy kan ook invloedryk­e mense ontmoet wat geldsake betref. GELUKKIGE NOMMERS 28, 37, 9, 3, 30, 43

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Die liefdesgod­in, Venus, beweeg dié week in jou teken in. Dit behoort jou vlak van gemak ’n hupstoot te gee wat sake van die hart betref. As iemand jou hartsnare roer, is dit ’n goeie tyd om die moed bymekaar te skraap en ’n afspraak te vra. Dis ook ’n geskikte tyd om die liefde van jou lewe te bederf, wat jou goue sterre kan besorg en vir verwaarlos­ing vergoed wat deur jou reise veroorsaak is. GELUKKIGE NOMMRES 50, 46, 34, 36, 1, 5

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa