Huisgenoot

BRITANJE EN EUROPA: BREXIT EN GROOT SKUIWE

-

Die amptelike datum vir Britanje se onttrekkin­g uit die Europese Unie (EU) – Brexit in die volksmond – is 29 Maart, maar baie kwessies moet nog uitgepluis word in die taai onderhande­lings tussen Brittanje en die EU, sê Theo.

Wat is byvoorbeel­d die toekoms van EU-burgers in Brittanje? En Britse burgers in EU-lande? Daarby is die omvang van die finansiële gevolge van Britse onttrekkin­g aan die EU nog nie duidelik nie.

“Die aard van die toekomstig­e grens tussen Noord-Ierland, wat deel is van Brittanje, en die Republiek van Ierland, as lidstaat van die EU, is ook nog onduidelik,” sê Theo.

Daar is ook nog in sommige geledere gro groot ongelukkig­heid in Brittan tanje oor die Britse premier, Th Theresa May, se kompromis me met die EU, wat die Britse ka kabinet in November goedge gekeur het.

Vir geharde Brexit-voorsta standers verteenwoo­rdig dit ’n ““sagte” Brexit: een waarin Br Brittanje verbonde bly aan di die EU.

Die May-ooreenkoms bepa paal dat daar ná die sperda datum van 29 Maart:

’n oorgangspe­riode van 21 m maande sal wees waartyde dens ’n nuwe handelsoor­ee eenkoms uitgewerk word en da dat Brittanje nog vir dié perio riode deel van die Europese doeane-unie b bly; en

sowat £39 miljard (R700 miljard) deur Brittanje aan die EU betaal sal word – die sogenaamde divorce bill.

Volgens die geopolitie­ke ontledings­groep Stratfor sal 2019 ’n buitengewo­ne jaar vir die Europese Unie wees: Kort nadat Brittanje die EU verlaat, sal lidstate teen einde Mei ’n nuwe Europese Parlement, die groepering se wetgewende liggaam, aanwys.

Daarna volg die aanwysing van ’n nuwe Europese Kommissie, die EU se uitvoerend­e arm, en ’n nuwe president van die Europese Sentrale Bank. Dis die eerste keer in die EU-geskiedeni­s dat poste en setels in soveel sleutelins­tellings in dieselfde jaar gevul word.

Dié veranderin­gs sal ’n nuwe politieke orde in die unie vir die volgende dekade inlui.

 ??  ?? Die Britse premier, Theresa May.
Die Britse premier, Theresa May.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa