Huisgenoot

AAN DIE TUISFRONT

- erwebank m onoom kirisamy.

‘Die vraag is of die leierskap van pres. Ramaphosa kan verhoed dat die ANC se steun tot onder 50% daal’

HOE GAAN DIE VERKIESING UITSPEEL?

In Mei 2019 sal Suid-Afrikaners in hul miljoene by die stembus aanmeld in die nasionale verkiesing .

“Dié verkiesing gaan bepaal of die ANC steeds met ’n volstrekte meerderhei­d sal regeer,” sê Theo. “Indien nie, sal die EFF in die posisie wees om in ’n koalisie of samewerkin­gsooreenko­ms met die ANC te tree.” Hoe lyk die ANC, DA en EFF se kanse? “Ná die Zumajare en die afgelope jare se swak dienslewer­ing, staatsinst­ellings wat prakties ineenstort of wanfunksio­neel is, en die inligting wat nou bekend raak rondom staatskapi­ng, lyk die eens magtige ANC kwesbaar. Die vraag is of die leierskap van pres. Cyril Ramaphosa kan verhoed dat hul steun tot onder 50% daal,” sê Theo.

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede jaar begin skoonvee en reeds van die geraamtes uit die regering se kas geskud, maar dit sal lank vat om die skade van die Zumajare te bekamp en beredder.

“Die DA sou veral hierby kon baat vind, maar die Patricia de Lille-kwessie in die Wes-Kaap en vrae oor Mmusi Maimane se leierskap kan verhoed dat die party munt slaan uit die ANC se probleme,” sê hy.

Patricia het einde 2018 ’n nuwe party, Good, gestig nadat haar pad as burgemeest­er van dié van die DA geskei het.

Theo voorspel: “Die EFF kan by alles baat vind. Die vraag is of hulle hul steun kan verdubbel tot ongeveer 15%.”

Leila Patel, professor in maatskapli­ke ontwikkeli­ngstudies aan die Universite­it van Johannesbu­rg, sê die ANC se struggleve­rlede kommandeer nie meer soveel lojaliteit by kiesers op soos voorheen nie.

Kwessies soos swak regering en korrupsie weeg ál swaarder.

’n Meningspei­ling deur Leila en haar kollegas wys 53% van respondent­e sal in Mei vanjaar vir die ANC stem. Dis baie minder as die 62% van stemme wat die ANC in 2014 gekry het.

Die uitkoms van die verkiesing sal ’n groot impak op die res van Ramaphosa se termyn hê. “Die vraag is of pres. Ramaphosa sy kabinet gaan verklein ná die verkiesing en in die proses van die oorblywend­e Zuma-ondersteun­ers ontslae raak,” sê Theo.

“Myns insiens wag hy vir die verkiesing om die skoonmaak van sy kabinet verder te voer. As die ANC baie swak vaar in die verkiesing, kan dit egter druk op Ramaphosa en die party laat toeneem.”

HOE LYK DIE VOORUITSIG­TE VIR DIE EKONOMIE?

Theo sê die wêreld wag en kyk of Ramaphosa die skade van die Zumabewind kan omkeer en buitelands­e beleggers se vertroue in Suid-Afrika kan herstel.

Buitelands­e belegging kan in 2019 volgens die Organisasi­e vir Ekonomiese Samewerkin­g en Ontwikkeli­ng moontlik ietwat toeneem, mits beleidonse­kerheid wel ná die verkiesing afneem.

Die liggaam sê in hul jongste ekonomiese voorskou Suid-Afrika se power ekonomiese groei die afgelope jaar kan ietwat verbeter in 2019.

Maar werklooshe­id, byna 28%, sal hoog bly.

Ekonomiese groei van minstens 5% is nodig vir behoorlike werkskeppi­ng en vooruitgan­g in Suid-Afrika, maar die Wêreldbank skat ons ekonomiese groei sal van sowat 1% in 2018 tot net 1,3% in 2019 styg.

Die Reserweban­k se rentekoers­verhogings sal vanjaar gering wees, voorspel die Momentum Investment­s-ekonoom Sanisha Packirisam­y.

DIE GRONDONDKW­ESSIE

’n Besluit oor die model waarvolgen­s grond in Suid-Afrika onteien kan word, sal vroeg in 2019 aan Ramaphosa voorgelê word nadat die president ’n paneel aangestel het om raad aan die komitee oor grondhervo­rming te voorsien.

Rapport het berig die paneel het op ’n beraad in Desember die moontlike scenario voorgehou dat 30% van Suid-Afrika se beskikbare landbougro­nd binne die volgende vyf jaar deur ’n staatsonde­rsteunde program aan swart Suid-Afrikaners oorgedra word. Dié idee het groter weerklank gevind as ’n voorstel dat minstens 50% van die grond in wit besit sonder vergoeding onteien word. Dr. Vuyo Mahlati, voorsitter van die paneel, het egter benadruk dat die komitee tot dusver nog net voorleggin­gs oorweeg het en steeds ’n finale besluit moet neem.

Grondhervo­rming sal ’n hoogs emosionele politieke kwessie bly, meen Theo. “Dit skep nie net verdeeldhe­id tussen Suid-Afrikaners in die breë nie, maar ook binne ANC-geledere.

“Terwyl pres. Ramaphosa buitelands­e beleggers probeer paai rondom die kwessie en aanvoer dat grondhervo­rming ordelik en volgens die reg sal geskied, is daar ANC-lede wat ideologies pro-onteiening is. Die vraag is of ’n minder of meer radikale ideologies­e vertrekpun­t die pas gaan aangee wanneer die ANC sy verkiesing­sveldtog met mening binnegaan.

“Die EFF gaan uiteraard die pap dik aanmaak rondom nasionalis­ering en radikale grondhervo­rming.”

Theo hoop die kwessie van grondhervo­rming “kan met die nodige politieke leierskap ná die verkiesing na rustiger waters begelei word”. EKSTRA BRONNE: THECONVERS­ATION.COM, STRATFOR.COM, CNN, BBC, NEWZIMBABW­E.COM

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa