Huisgenoot

JOU STERRE 2019

Dit sal ’n interessan­te jaar vir feitlik elke teken van die diereriem wees. Lees hier wat alles vanjaar vir jou voorlê

-

RAM 21 MAART – 19 APRIL

In party kulture glo hulle die eerste dag van die jaar bied leidrade tot die res van die jaar. In jou geval het Nuwejaarsd­ag skitterend­e merkers

Vanjaar kan onverbeter­lik wees. Die vurige Mars, jou heersende planeet, sal enkele ure ná die begin van 2019 jou teken betree. Die Ram is die eerste teken van die diereriem, en op die eerste dag van die jaar stap jy as die hoofspeler op die verhoog.

In 2019 sal jy kry wat jy wil hê. Verwag om ’n groot deel daarvan in die kollig te wees. Meer mag en groter sigbaarhei­d sal jou help om probleme te ontduik. As jy dit kan droom, kan jy dit bewaarheid. Die geluksgodi­n stap hand aan hand met jou wanneer jy skietgee en ophou daarop aandring dat jy reg is.

Die meeste oplossings sal te voorskyn kom as jy jou van probleme losmaak en empatie met ander het. In die laaste maand van 2019 sal jy eindelik die vrugte van jou positiewe houding en benadering tot die lewe begin pluk.

Op die eerste dag van die jaar stap jy as die hoofspeler op die verhoog

BUL 20 APRIL – 20 MEI

In 2019 begin jy in ’n mens vol verrassing­s ontwikkel

Die planete se boodskap aan jou is om alles uit te skakel wat onnodig en ligsinnig is en tot verwarring in jou lewe bydra. Jy sal agterkom hoe meer komplikasi­es jy afskud, hoe meer sal jy glimlag.

Of jy dié transforma­sie aanvaar of nie, jou liefdeslew­e sal nog ’n bron van geluk word. ’n Lewensmaat of iemand besonders wat jou lewe binnekom, verryk dit en sorg vir gelukkige dae. Jy kan groter geluk verwag danksy dié mens se teenwoordi­gheid in jou lewe.

Vanjaar sal jy ook besonder gelukkig wees wat geldsake betref. Wees bereid om veranderin­gs te maak, dan sal jou jaar soveel beter verloop.

Party Bulle sal meer reis en aan verskillen­de kulture en denkwyses blootgeste­l word.

Jou kop sal vir ’n nuwe gedagtewêr­eld oopgaan.

Jy het baie drome en sal geïnspiree­r voel om in 2019 ’ n nuwe koers in te slaan.

Hoe meer komplikasi­es jy afskud, hoe meer sal jy glimlag

TWEELING 21 MEI – 20 JUNIE

Met jou vriendelik­e en opgewekte geaardheid is jy vir almal ’n staatmaker. Ander wat dieper kyk, sal sien dat jy ’n nuwe eienskap uitstraal

In 2019 word jy hartliker en inskiklike­r. Jy sal ook agterkom ander mense is ontvanklik­er as wat hulle in die verlede was. Danksy verskeie kontakte sal jy dit gelukkig tref.

As jy iemand is wat die lewe beskou as ’n glas wat halfleeg is, sal jy teen die einde van 2019 al amper daardie ou, uitgediend­e manier van dink afgeskud het.

Dié vernuwing sal regstreeks te danke wees aan die invloed van besonderse mense in jou lewe, van wie jy party aan die begin van die nuwe jaar sal ontmoet.

Nuwe insigte sal jou skielik te binne skiet en dié openbaring­s sal jou waarskynli­k verstom. Jy leef dikwels in jou kop, waar jy verskillen­de idees uitpluis. Pas jouself goed op.

Jy is besig om ’n langtermyn­droom te verwesenli­k, al sal dit dalk eers oor ’n paar jaar aan die lig kom.

Jy is besig om ’n langtermyn­droom te verwesenli­k

KREEF 21 JUNIE – 21 JULIE

Jy sal jouself dalk moet dwing om op lang termyn te dink, veral wanneer jy na jou toekoms kyk. Jou bui kan elke uur verander

Sommige dae kan dit dalk vir jou voel of jy ’n hele jaar binne ’n kort tydjie beleef het. Jy het ’n vlymskerp brein wat die verlede betref.

Vanjaar kan jy dalk besiger wees as wat jy gedink het moontlik is. Jy kan ’n salarisver­hoging of bevorderin­g verwag.

Dit lyk asof jy die lewe die meeste geniet wanneer jy saam met kollegas, vriende en/ of geliefdes uitgaan. Kyk mooi na jouself. Verhouding­s toets jou uithouverm­oë, veral ’ n langtermyn­verbinteni­s. Wees geduldig as jy kan; die beste is nog op pad.

Jy sal agterkom dat jy altyd op jou voete land wanneer jy jou sesde sintuig volg. “Vertrou” is ’n woord wat jy in oomblikke van onbestendi­gheid aan jouself moet sê.

Jy sal in Desember 2019 die eerste kykie kry van wat vertroue alles vir jou sal moontlik maak.

Jy kan ’n salarisver­hoging of bevorderin­g verwag

LEEU 22 JULIE – 22 AUGUSTUS

Vanjaar sal jy dadelik inspring en voluit leef. Van al die tekens is die Leeu die liefste vir die liefde

Nodeloos om te sê, jou romantiese lewe kry behoorlik skop. Met ’n intense fokus op liefde en romanse, sal jy in 2019 breed glimlag. Almal sal dalk dink jy lei die volmaakte lewe.

Met al die aandag op jou persoonlik­e lewe sal jy selfdissip­line moet toepas om die minder genotvolle aspekte van jou lewe te hanteer. Dit sal jou gelukkig maak om van die huis af te werk; doen dus jou bes om dié moontlikhe­id te ondersoek.

Wat ook al oor jou pad kom, jy sal maklik oplossings daarvoor kry. Jou grootste uitdaging vanjaar is om te leer om diep asem te haal wanneer iets onverwags gebeur.

As enige sterreteke­n omwentelin­gs goed kan hanteer, is dit joune. In 2019 sal jy jou emosies toelaat om ’n groot rol te speel. Gebruik jou energie om positiewe oplossings te kry. Verban die woorde “nee” en “onmoontlik” uit jou woordeskat. Maak ’n bottel vonkelwyn oop, want jy het ’n besonderse jaar as geskenk gekry.

Verban die woorde ‘nee’ en ‘onmoontlik’ uit jou woordeskat

MAAGD 23 AUGUSTUS – 22 SEPTEMBER

Jy sal vanjaar ’n inspireren­de persoonlik­heid na jou toe aantrek. Jy kan dalk te idealistie­s oor dié mens wees en hom of haar op ’n troontjie plaas

Maar iemand op ’n troontjie kan ongelukkig net in een rigting beweeg: ondertoe. Om almal se onthalwe, wees asseblief realisties­er in jou siening van jou vriende en geliefdes.

Jou visie en hoe jy kommunikee­r, kan jou oorheersen­de kenmerke in 2019 wees. Jy sal dikwels gevra word om jou perspektie­f op verskillen­de sake te deel.

Dit kan dol gaan met die bestuur van jou daaglikse lewe. Dit lyk of jy voortduren­d met onverwagte nuus en gebeure gebombarde­er word. Leer om buigsaam te wees; dis belangrik vir jou welstand.

Stel ’n wenslys op terwyl jy jou voete in 2019 vind. Jy sal binne die volgende jaar minstens een van jou drome kan bewaarheid.

Jy sal baie veranderin­gs sien plaasvind. Een ding waarop jy kan reken, is dat 2019 vir jou ’n opwindende jaar sal wees.

Leer om buigsaam te wees; dis belangrik vir jou welstand

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa