Huisgenoot

JOU STERRE 2019

- (Van vorige bladsy)

WEEGSKAAL 23 SEPTEMBER – 22 OKTOBER

Sorg dat jy vanjaar van die implikasie­s van jou keuses bewus is. Jy dink dalk dat alles agtermekaa­r is, maar in die werklikhei­d is dit nie so nie

Jy sal krag put uit jou vermoë om tussen feit en fantasie te onderskei. Jou woordkeuse en diplomasie sal help om ander na jou aan te trek.

Jy wil dalk sekere perke ophef wat jy self vir jou gestel het.

Dit wil amper voorkom of jy ander se gedagtes kan lees. Jou kommunikas­ie floreer in 2019. Jou houding laat die skanse tussen jou en ander wegsmelt.

Jy dink miskien jy het alles onder beheer, maar as dié aanname getoets word, kan die teenoorges­telde waar wees.

Jou sosiale lewe gaan in die nuwe jaar van krag tot krag en kan jou baie besig hou. Tog weeg jou huislike lewe steeds swaar by jou. Moenie toelaat dat ’n kamermaat of familielid die wind uit jou seile haal nie. Dié mens probeer dalk bloot sy of haar posisie heroorweeg en maak geldige veranderin­gs.

Jou sosiale lewe gaan in die nuwe jaar van krag tot krag

SKERPIOEN 23 OKTOBER – 21 NOVEMBER

Die maan betree dié Oujaarsaan­d jou teken en dit beloof ’n emosionele maar merkwaardi­ge jaar

Sorg dat jy 2019 nie alleen inlui nie. Maak ’n bottel vonkelwyn saam met geliefdes oop om die positiewe verskuiwin­g te vier.

As jy ’n bietjie selfdissip­line toepas, kan jy vanjaar ’n finansiële hoogtepunt bereik – een wat waarskynli­k nie in die volgende 12 jaar weer sal opduik nie. Benut die oomblik ten volle. Goeie en ook slegte risiko’s sal hulle waarskynli­k voordoen. Moenie bang wees vir veranderin­g nie, maar kies versigtig wanneer jy kanse wil waag.

Die manier waarop jy geld hanteer, het implikasie­s op lang termyn. Jy geniet dit om met baie mense te gesels en gevatte sêgoed uit te ruil. Jy kan vanjaar baie pret hê. Jou sosiale lewe sal intens wees, maar soms moet jy ook ontspan en dit geniet om net te dagdroom.

Neem jou voor om nie ander te oorheers of in die algemeen te besitlik op te tree nie. Jy het reeds ’n sterk grondslag vir die komende jaar gelê.

Die manier waarop jy geld hanteer, het implikasie­s op lang termyn

BOOGSKUTTE­R 22 NOVEMBER – 20 DESEMBER

Elke 12 jaar begin jy met ’n nuwe geluksiklu­s waarvan die eerste jaar een van die gelukkigst­es is. Wanneer 2018 in 2019 oorgaan, sal jy in die eerste maand van die eerste jaar van jou nuwe geluksiklu­s wees

Soms gaan dit dol in ’ n nuwe geluksiklu­s met te veel dinge wat tegelyk gebeur. Selfs al is dit alles goeie dinge, kan dit oorweldige­nd wees.

Jupiter, die geluksplan­eet, betree jou teken en moedig jou aan om vanjaar waaghalsig te wees. Jy sal risiko’s wil neem, en al is daar geen waarborge in die lewe nie, het jy ’n veel groter kans om dit in 2019 gelukkig te tref. Jy sal die energie hê om enigiets wat jy aanpak met flair en sukses af te handel.

Sommige van julle sal ’n behoefte aan groei, spirituali­teit en groter wysheid ervaar. Soms geniet jy soveel gemak by die huis dat jy nie eens wil uitgaan nie. As daar ooit vir jou ’ n volmaakte jaar sal wees, sal dit 2019 wees.

Sommige van julle sal ’n behoefte aan groei, spirituali­teit en groter wysheid ervaar

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa