Huisgenoot

“Nuwe” Dozi trou met sy droomvrou

’n ‘Nuwe’ Dozi het op 54 eindelik sy droomvrou gevind – g’n wonder hy het gestraal op sy en sy 27-jarige bruid se groot dag nie

- Deur JACO HOUGH- COETZEE Foto’s: LUBABALO LESOLLE

SOMS moet ’n man lank op ware liefde wag. ’n Volle 27 jaar voor die regte een gebore word; nog 27 jaar voor sy joune word. Maar toe Dozi op ’ n warm Woensdagmi­ddag in Desember skuins ná vier sy plek voor ’n boog met blomme inneem, breek die oomblik aan. Die dag is hier. Vandag gee die vrou vir wie hy al sy lewe lank wag vir hom die jawoord.

Dozi, oftewel Henk Opperman soos hy eintlik heet, lyk op 54 anders as die sanger wat jare lank op Huisgenoot se Skouspelve­rhoog opgetree het met treffers soos Ou Ryperd, Grassade en Tussen Jou en My.

Weg is sy wilde krullebos en die magie wat gegroet het toe hy in 2016 sowat 17 kg afgeskud het.

Sy hare is kort en hy lyk slank en gesofistik­eerd in sy grys pak. Om sy mondhoeke speel ’n glimlag. Hier by die einste Pretoria-buiteklub waar hy vandag trou, het hy sy aanstaande bruid ses maande gelede ontmoet toe hy een aand in Junie hier opgetree het.

Dit was ’n warrelwind­romanse, ja, en Kim Viljoen is op 27 ’ n volle 27 jaar jonger as hy, maar die sanger het sommer dadelik geweet sy is sy droomvrou. En nou word sy sowaar syne: mev. Opperman.

Die sowat 160 gaste op die wit stoele voor die podium kyk toe terwyl Kim se agt strooimeis­ies in hul liggrys skeppings vooruit na die podium stap.

Die Amerikaans­e sangeres Ruelle se liedjie I Get to Love You begin oor die luidspreke­rs speel en Kim verskyn aan die arm van haar broer, Ryan Viljoen.

Sy lyk lieflik in haar noupassend­e naaswit trourok van The Bridal House en met haar blonde lokke in haar nek vasgebind onder ’n tradisione­le wit sleep.

Dozi lyk soos iemand wat die grootste Kersgesken­k ooit kry. Sy oë vonkel en sy glimlag is wyd toe sy bruid by hom inhaak. Kim streel liefderik oor sy rug, en hy loer teer na haar.

“Is ’ n troue vandag nog relevant?” vra pastoor Lourens Delport van die Doxa Deo-kerk. “Dit is dan so duur en spanningsv­ol om te reël?” Dan beantwoord hy sy eie vraag: “Ja, dit is nog relevant, want Jesus se liefde vir ons is nog relevant. As mense met liefde vir mekaar kyk, raak ’n mens van God se liefde vir ons bewus.”

Dozi en Kim loer liefdevol na mekaar. Die twee het op ’n simboliese gebaar besluit om te wys hulle sal ewig bymekaar wees. Op ’n tafel langs die podium staan drie glashouers: een met swart sand, een met wit sand en ’n groter, leë houer. Dozi tel die vaas met swart sand op en Kim die een met wit sand. Toe gooi hulle dit saam in die groter vaas sodat die kleure meng; onafskeidb­aar saam.

Op daardie oomblik trek Dozi se vriend van die afgelope 20 jaar, die tenoor Jannie Moolman, los met die romantiese ballade Can’t Help Falling in Love. Ook Jannie (50) is in Mei vanjaar weer getroud, met die tandarts Melissa- Jo Sharpe (33).

Pastoor Lourens verklaar die bruidspaar as man en vrou, en die gaste klap en jubel toe Dozi vir Kim nader trek en teer soen. Dan bid pastoor Lourens: “Dit is nie oor ons wat vandag gaan nie, maar oor U.”

Toe die pasgetroud­es verdwyn om met ’n gholfkarre­tjie deur die lowergroen tuin

(Blaai om)

(Van vorige bladsy)

te rits om foto’s te neem, skuif Dozi se seun, Storm, agter die mikrofoon in.

Die sanger se enigste kind, uit sy eerste huwelik, het net so lank en aantreklik geword soos sy pa en is op 21 ook ’n sanger. Hy en sy vriend Francois le Roux tree as die akoestiese duo The Stinging Rogers op en dis duidelik die appel val nie ver van die boom nie. Storm is net so talentvol soos sy pa. Opgewek sê hy: “My pa se geluk is ook my geluk!”

MET hul verlowing in Augustus het Dozi en Kim, ’ n eiendomsag­ent en oudwiskund­eonderwyse­res, aan Huisgenoot vertel hulle weet die skinderton­ge sal klap oor hul ouderdomsv­erskil, maar hulle is seker van hul liefde.

“Ons is meer as net sielsgenot­e,” het Dozi verduideli­k. “Die liefde kom van God; wat maak dit dan saak wat ander dink?”

Die dag toe hy haar ontmoet, was hy nie lus om op te tree nie. “Dit was die enigste keer in my lewe dat ek nie wou sing nie,” erken hy. “Ek het die show gratis aangebied as ’n guns vir een van die organiseer­ders wat ek goed ken, maar was later nie lus daarvoor nie.”

Tog het hy deurgedruk, Pretoria toe gery en die vertoning gedoen – en toe ontmoet hy sy pasmaat in die gehoor.

Sy was ook eintlik nie lus om die geleenthei­d by te woon nie, maar haar ma en dié se vriendinne het haar saamgeslee­p, erken Kim.

Tydens en ná die vertoning het Dozi met die gaste gesels en gereeld by Kim-hulle se tafel gaan kuier. Die twee het daarna op Facebook begin gesels, oor en weer gekuier, en twee maande later het hy haar by sy huis op Hartbeespo­ort om haar hand gevra.

Dozi was voorheen met Muriël Lategan van Moorreesbu­rg getroud, maar dié tweede huwelik het in 2008 ná net 15 maande op die rotse beland.

Jannie vertel sy vriend is ’ n nuwe mens. Die sangers Kurt Darren en Theuns Jordaan was ook op die troue. Nes Jannie stap hulle al ’n lang pad saam met Dozi.

Die tafels is met wit tafeldoeke en silwer eetgerei gedek. Op elke tafel is ’n enkele rangskikki­ng met wit en pienk blomme en ’n groot kers.

Die Nieu- Seelandse sanger Keith Urban se weergawe van die liedjie Some-

one Like You begin oor die luidspreke­rs speel en die bruidspaar verskyn.

Hulle stop by die groot drielaagko­ek op ’n tafel in die middel van die saal om dit eers te sny en geniet die stukkies wat hulle mekaar voer.

Die gaste lê weg aan ’n voorgereg van salm en gebakte visstukkie­s. Die hoofgereg is sappige kruisskyf, kapokaarta­ppels en ’n groenbone-en-tamatieger­eg. Vir die suikertand­e is daar ’ n soetgebakt­afel met tertjies en koek en ’n lekkergoed­tafel met flesse tradisione­le lekkers soos toffies, kougom en suigstokki­es.

Jannie, wat as seremoniem­eester optree, vertel hy is voor die tyd gewaarsku “hier gaan vanaand baie grênd mense wees; dus geen vloekwoord­e of onderdie-belt-grappies nie”.

Ryan stel ’n heildronk in op sy en Kim se ma, Jeanne Cronjé, en terg hy “hoop sy sal gou ’n kleinkind kry”. Dié wens kan dalk net waar word, want Dozi het voor die tyd aan Huisgenoot erken hy is “nou op daardie ouderdom waar hy gereed is om gou ’n babatjie in die huis te hê”.

Vroeër het die twee ook verklaar hulle wil “sommer twee tjokkers hê”.

Die sanger en sy bruid kyk verlief in mekaar se oë toe hulle die dansbaan open op die maat van die Amerikaans­e rockgroep We the Kings se Sad Song.

Later draai DJ Rowan die krane oop en die gaste trek los op die dansbaan.

Kim vertel hul “regte wittebrood” vind eers in April plaas, maar tydens die Kerstyd gaan hulle aan die Weskus toer. Daarna gaan sy by Dozi in sy huis op Hartbeespo­ort intrek en onder meer met die finansiële bestuur van sy kuier-en-eetplek, Back to the Roots, help.

Kort ná hul verlowing het hy verklaar: “Kim is lief vir Henk, nie Dozi nie.”

En wanneer Kim by hom intrek, sal dit nie wees by Dozi nie; dit sal wees by Henk, háár Henk.

 ??  ?? HOOFFOTO: ’n Soen vir my lief. Die sanger Dozi en die eiendomsag­ent Kim Viljoen het ewige trou aan mekaar beloof tydens ’n gesellige geleenthei­d by die Pretoria-buiteklub in Waterkloof. BO: Hulle is ná ’n warrelwind­romanse getroud.
HOOFFOTO: ’n Soen vir my lief. Die sanger Dozi en die eiendomsag­ent Kim Viljoen het ewige trou aan mekaar beloof tydens ’n gesellige geleenthei­d by die Pretoria-buiteklub in Waterkloof. BO: Hulle is ná ’n warrelwind­romanse getroud.
 ??  ?? REGS: Kim en Dozi lê hul huweliksbe­loftes af. HEEL REGS: Die roosblare reën op die nuwe egpaar neer.
REGS: Kim en Dozi lê hul huweliksbe­loftes af. HEEL REGS: Die roosblare reën op die nuwe egpaar neer.
 ??  ?? REGS: Susan Opperman, die bruidegom se ma, word deur haar seun en nuwe skoondogte­r verwelkom.
REGS: Susan Opperman, die bruidegom se ma, word deur haar seun en nuwe skoondogte­r verwelkom.
 ??  ?? LINKS: Die twee is gereed om fees te vi vier. Die pasgetroud­e des ry in ’n gholfka karretjie na die ontha haalsaal. ON ONDER: Die bruid sa saam met Dozi se se seun, Storm, wat oo ook sing, en haar bru bruidegom.
LINKS: Die twee is gereed om fees te vi vier. Die pasgetroud­e des ry in ’n gholfka karretjie na die ontha haalsaal. ON ONDER: Die bruid sa saam met Dozi se se seun, Storm, wat oo ook sing, en haar bru bruidegom.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Dozi dra sy bruid in ’n speelse luim van die trappies af buite die onthaalsaa­l by die Pretoria-buiteklub. Haar trourok is met ’n sleep afgerond.
Dozi dra sy bruid in ’n speelse luim van die trappies af buite die onthaalsaa­l by die Pretoria-buiteklub. Haar trourok is met ’n sleep afgerond.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Die sangers Theuns Jordaan (links) en Kurt Darren was ook daar. BO: Jannie Moolman word deur Francois le Roux (links agter) en Storm begelei.
LINKS: Die sangers Theuns Jordaan (links) en Kurt Darren was ook daar. BO: Jannie Moolman word deur Francois le Roux (links agter) en Storm begelei.
 ??  ?? LINKS: LIN Haar trouring rin bestaan uit twee tw silwerpand­e en syne is gemaak uit ui palladiumm­etaal. NAASLINKS: Die egpaar sny en proe die troukoek. ONDER: H Hulle open die d dansbaan.
LINKS: LIN Haar trouring rin bestaan uit twee tw silwerpand­e en syne is gemaak uit ui palladiumm­etaal. NAASLINKS: Die egpaar sny en proe die troukoek. ONDER: H Hulle open die d dansbaan.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die kleurryke lekkergoed­tafel het groot aftrek gekry by die gaste.
BO: Die kleurryke lekkergoed­tafel het groot aftrek gekry by die gaste.
 ??  ?? LINKS: Die onthaalsaa­l is keurig versier, met ’n blomruiker en kers op elke tafel. REGS: ’n Verskeiden­heid soetgoed het ná die hoofmaal gewag.
LINKS: Die onthaalsaa­l is keurig versier, met ’n blomruiker en kers op elke tafel. REGS: ’n Verskeiden­heid soetgoed het ná die hoofmaal gewag.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa