Huisgenoot

Fees en vakansie in Charlene se paleis

Prinses Charlene het ons uit Monaco ’n by tye kostelike kykie gegee na haar gesin se Kersfees en die tweeling se verjaardag

- Deur NICI DE WET

SY IS die blonde prinses wat die wêreld aan haar voete het, in ’n pienk paleis met ’n uitsig op die Middelland­se See woon en by glansgelee­nthede aan die sy van prins Albert van Monaco verskyn. Maar wanneer prinses Charlene oor die afgelope jaar terugkyk, klink sy nes enige doodgewone ma wat haar hande vol het met haar kroos en dagtake.

Sy is “stokflou” en “uiters gereed vir ’n vakansie”, sê die voormalige SuidAfrika­anse swemkampio­en vanuit die paleis in Monaco in ’n eksklusiew­e onderhoud met Huisgenoot.

Charlene (40) het immers ’n bedrywige jaar agter die rug waarin haar vierjarige tweeling, kroonprins Jacques en prinses Gabriella, begin skoolgaan het en Albert sy 60ste verjaardag gevier het.

Tussen al haar adellike verpligtin­ge deur het sy ook Suid-Afrika toe gekom om ’n oog te hou op haar swemstigti­ng wat verdrinkin­gs probeer bekamp.

“Die afgelope jaar was ’n goeie jaar,” sê sy. “En ek besef altyd hoe geseën ek is. Ek het twee gesonde kinders wat vir my soveel liefde en geluk bring.”

Soos enige ma loop Charlene oor van

trots wanneer sy van haar kroos vertel. “Hulle is slim, goedgemani­erd en goedhartig. Hulle weet wat hulle wil hê, hulle druk hulself baie goed uit en verstaan baie dinge goed. Ek kan skaars glo hulle is al vier jaar oud.”

Die tweeling word inderdaad vinnig groot. Hul eerste skooldag het in September 2018 aangebreek toe hulle ’n kleutersko­ol begin bywoon het. Hul ma het foto’s van dié mylpaal in hul jong lewe met haar 91 000 volgelinge op Instagram gedeel.

“Hulle is lief vir skool,” vertel Charlene oor die twee blondekopp­ies. “Gabriella staan selfs op ’n Saterdag op en wil skool toe gaan. Dan is sy baie teleurgest­eld wanneer ons sê dis nie ’n skooldag nie.

“Ek is verstom oor hoe vinnig hulle leer – hulle kan klaar Frans en Engels vlot praat. Ek weet ek kan nooit my kinderjare vergelyk met die wêreld waarin hulle gebore is nie.

“Al wat ek vir hulle kan gee, is al my liefde, beskerming en aanmoedigi­ng, om hulle respek te leer en hulle so ’n normaal moontlike opvoeding met tradisione­le waardes te gee as wat ek kan.”

Al lei Charlene nou as prinses ’n bevoorregt­e lewe, sê sy sy sal altyd haar wortels onthou. Sy beskou Suid-Afrika steeds as haar tuiste.

“Ek vergeet nie waar ek vandaan kom nie, en ek weet daar is baie mense wat ly. Ek lees die koerante, ek hoor die mense praat . . . Ek weet, en my hart is by julle almal,” beklemtoon sy.

“Al wat ek vir julle kan sê, is ek doen my bes vir julle. Ek het my stigting in SuidAfrika geskep om vir mense ’n vaardighei­d te leer om lewens te red – noodhulp, waterveili­gheid en hoe om te swem.”

Die Olimpiese swemmer is steeds geesdrifti­g oor alles wat met watersport te doen het. Een van haar 2018-hoogtepunt­e was toe haar span die jaarlikse waterfiets­ren in Monaco gewen het.

Haar stigting is by nog ’n sport betrokke wat haar na aan die hart lê – rugby. Vroeër vanjaar het dit ’ n span jong mense van Kaapstad geborg om aan die Saint Devote-rugbytoern­ooi in Monaco deel te neem.

Verlede maand was Charlene ook by die sewesrugby­toernooi in Doebai saam met haar tweeling. Daar het hulle die Impi’s gaan ondersteun – ’n span met spelers van Monaco se nasionale span asook ander internasio­nale spelers onder leiding van Charlene se broer Gareth Wittstock en ’n eg Suid-Afrikaanse naam.

In 2019 sal Charlene meer betrokke raak by sewesrugby. Sy sal ook druk besig wees om as ambassadeu­r vir die Internasio­nale Automobiel­federasie padveiligh­eid te bevorder.

Hier op die drumpel van ’n nuwe jaar het die prinses uit Monaco ingestem om met Huisgenoot te praat in die “hoop dat as ek iets oor my gesin met julle deel dit iemand gelukkig sal maak en ’n bietjie inspirasie, lag en geluk sal bring”, sê sy.

Dan bied sy ons ’n kykie agter die pienk mure van die Prins Se Paleis wanneer sy van haar gesin se Kersvierin­g en die tweeling se vierde verjaardag in Desember vertel.

DIE FEESTYD IN DIE PIENK PALEIS

“Eerlikwaar, die feestyd is spesiaal, maar terselfder­tyd stresvol,” erken Charlene. “Dit voel óf te lank óf nie lank genoeg om gehaltetyd saam met familie en vriende deur te bring nie.”

Sy en Albert en hul kroos bring Kersfees by die paleis deur, waar hulle ’n feesmaal geniet omring deur geliefdes.

Onder hul hegste vriende uit Suid-Afrika wat gereeld in die Kerstyd kom kuier, is die voormalige Springbokk­aptein Francois Pienaar en sy vrou, Nerine, wat ook klein Gabriella se peetma is. Hulle bring gewoonlik ’n sak vol tradisione­el Suid-Afrikaanse lekkernye saam – Char-

(Blaai om)

lene is gaande oor Mrs Ball’s-blatjang, beskuit, biltong en droëwors.

’n Mens sou dink as ’n prinses sal sy nie hoef rond te skarrel om alles vir die feestyd gereed te kry nie, maar dis nie die geval nie.

“Ek moet al die dinge inryg en geskenke op die nippertjie koop,” vertel die raakvatma wat ook vele amptelike verpligtin­gs moet nakom.

Kersfees in die hartjie van die winter het ’n sekere bekoring vir die prinses uit sonnige Suid-Afrika.

“Daar is sneeu op die berge. Dis koud, die kaggelvure brand, en waar jy ook al gaan, hoor jy Kerslieder­e en sien jy die mooi Kersbome en -liggies. Almal is warm toegewikke­l en die geur van kaneel is oral.”

Dié snoesige prentjie verskil hemelsbree­d van Kerstyd in haar grootwordj­are in Gauteng toe sy saam met haar gesin in die sonnige somerweer geswem en vleis gebraai het.

Maar of jy nou ’n kind in Suid-Afrika of Monaco is, Kersvader sal wel met ’n sak vol geskenke by jou uitkom . . .

Jacques en Gabriella glo vas in Kersvader, vertel hul ma. “Hulle tel die dae af tot Kersvader in die skoorsteen afklim en al hul presente bring.”

Op Oukersaand woon Charlene en Albert saam met ander lede van die koninklike familie ’n mis in die paleiskape­l by. Daarna ruil die grootmense geskenke uit.

Die kinders is gretig om bed toe te gaan voor Kersvader opdaag. “Hulle sit altyd ’n glas melk en koekies vir hom reg en ook water en gras buite vir die rendiere,” sê sy.

Kersoggend word gewoonlik ingelui met “die geklap van voete wat ronddraf, hondjies wat blaf en geskenke wat ongeduldig oopgemaak word.

“Ons kom almal om die Kersboom bymekaar. Albert is op sy gelukkigst­e by die kinders en dra altyd iets feesteliks.”

Vanjaar het Charlene gesorg dat sy ’n skêr byderhand het om verpakking oop te sny en ook batterye reg gehou

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Prins Albert II van Monaco, prinses Charlene en hul tweeling, prins Jacques en prinses Gabriella, poseer vir die paleis se amptelike Kersfoto. ONDER: Die tweeling kom hul Kersfoto-pligte na.
HOOFFOTO: Prins Albert II van Monaco, prinses Charlene en hul tweeling, prins Jacques en prinses Gabriella, poseer vir die paleis se amptelike Kersfoto. ONDER: Die tweeling kom hul Kersfoto-pligte na.
 ??  ?? BO: Charlene en Jacques in November by die Doebai-sewestoern­ooi. HEEL BO en REGS BO: Jacques, Charlene en Gabriella by die toernooi. Die tweeling is gaande oor rugby. REGS: Charlene en die tweeling op die balkon van die Prins Se Paleis op Monaco se Nasionale Dag op 19 November.
BO: Charlene en Jacques in November by die Doebai-sewestoern­ooi. HEEL BO en REGS BO: Jacques, Charlene en Gabriella by die toernooi. Die tweeling is gaande oor rugby. REGS: Charlene en die tweeling op die balkon van die Prins Se Paleis op Monaco se Nasionale Dag op 19 November.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? (Van vorige bladsy)
(Van vorige bladsy)
 ??  ?? ONDER: ON Die tweeling se vierde verjaardag dagpartytj­ie op 10 Desember was ’n pr prettige geleenthei­d met ’n superheldt­e tema waarna al hul klasmaats uitgenooi is. LINKS: Die twee is baie geheg aan me mekaar. Hier wens hulle mekaar geluk.
ONDER: ON Die tweeling se vierde verjaardag dagpartytj­ie op 10 Desember was ’n pr prettige geleenthei­d met ’n superheldt­e tema waarna al hul klasmaats uitgenooi is. LINKS: Die twee is baie geheg aan me mekaar. Hier wens hulle mekaar geluk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa