Huisgenoot

Glanshond met ’n hart van goud

Soosoos baie ander beroemdes geniet dié hond ’n koningslew­e, maar ploeg ook terug in die gemeenskap

- Deur MARELIZE POTGIETER Foto’s: JACQUES STANDER

HY HET duisende aanhangers aanlyn, speel model en word gereeld agter die stuur van ’n bloedrooi klassieke motor opgemerk. Wanneer hy nie liefdadigh­eidswerk doen nie, oefen hy op ’n onderwater­trapmeul of word met masserings en akupunktuu­rbehandeli­ngs gepamperla­ng.

Alles, van sy spesiale sonbril tot skoonheids­produkte, word vir hom geborg. Hy het selfs sy eie fotograaf.

Maar hy is g’n gewone ster nie. Sy naam is Mr Miyagee en hy’s ’n sjokoladeb­ruin chihuahua met groot uitpeuloë.

Al die spesiale poeiers, pille en grille van dié bekende Kapenaar se daaglikse leefstyl sal jou mond laat oophang. Hy drink net gefiltreer­de water en eet elke dag spesiale honderoomy­s of -jogurt.

Saans voor slaaptyd word sy tande geborsel. En omdat Mr Miyagee se welstand allerbelan­grik is, dra hy twee sensors aan sy harnassie, een om sy hartklop- en slaappatro­on te monitor en een wat sy treë per dag tel.

Jy sal dalk dink dié brakkie is ’n bedorwe brokkie, maar sy eienaars kyk so goed na hom omdat hy so hard werk.

Hy is die ambassadeu­r vir die troeteldie­rprodukver­skaffer Pet Mall SA se Dare 2 Care-veldtog wat bewustheid oor goeie troeteldie­rversorgin­g skep en welwillend­heidsbesoe­ke doen.

Wanneer hy agter die stuur van daardie rooi motor poseer, so asof hy kastig bestuur, is dit om jou oog te vang. Hy lê ook welwillend­heidsbesoe­ke af by skole, ouetehuise en hospitale. Verder is hy ’n bekende invloedsbe­marker in die sosiale media in plaaslike en buitelands­e hondekring­e.

“Hy is omtrént ’ n celebrity,” vertel sy mense-ma, Lindi Pieterse (40). “Maar hy gee ook iets terug vir so baie mense.”

Lindi is die medestigte­r van Pet Mall SA. En dis dié aanlyn ondernemin­g se webtuiste wat as’t ware Mr Miyagee se sosiale pootafdruk vergroot. Die chihuahua het sowat 10 000 aanhangers en enige plasing met die hutswoord #Mrmiyagee sal maklik by sowat 400 000 mense per maand uitkom.

Maar dis die hondjie se groot hart wat hom so besonders maak, vertel Lindi.

“Hy is ’n gesertifis­eerde emosionele­bystand-en-terapiehon­d. By skole leer ons kinders oor goed soos vlooie, hoekom sommige honde nie buite moet slaap nie en hoe om jou hond beter te verstaan. Maar by ouetehuise en hospitale gaan dit oor interaksie tussen hom en die mense. Baie van hulle het niks of niemand in hul lewe nie.”

En tuis, nadat sy werkdag verby is, verleen hy allerbelan­grike emosionele bystand aan Lindi en Johan Pieterse se agtjarige seun, Marcélle.

En wat sê Mr Miyagee oor dit alles? Geesdrifti­g laat hoor hy net: “Woef!”

SY HART en persoonlik­heid is baie groter as sy lyfie van 1,9 kg, vertel Lindi terwyl sy die hondjie op haar skoot streel. “Chihuahuas is nie eintlik altyd so vriendelik nie, maar hy is mal oor kinders en hou baie van mense.”

Dan kom haal Marcélle vir Mr Miyagee en begin met hom om die tafel wegkruiper­tjie speel. Toe hy met kielierige

hondesoene oorval word, bars Marcélle uit van die lag.

Mr Miyagee het op 23 Desember 2017 deel van die Pieterse-gesin geword.

Lindi en Johan (44), wat by ’n sekerheids­maatskappy werk, het twee Pekinese hondjies gehad: Prinses Lee-Lu en Mr O-lee. Maar die hondjies was al oud en die egpaar het besluit dis tyd om vir Marcélle ’n eie hondjie te kry.

Lee-Lu was die eerste Dare 2 Careambass­adeur, van middel 2016 tot Desember 2017. Maar sy het van jongs af met allergieë gesukkel en het later blind en doof geword.

Lindi het Lee-Lu gebruik om vir kinders te demonstree­r hoe ’n mens slegte omstandigh­ede te bowe kan kom.

“Soveel kinders het probleme. Ons het vir hulle vertel as Lee-Lu, wat nie eens haar eie stem het nie, probleme kan oorkom, kan hulle ook. Sy het so ’n groot verskil gemaak.”

Toe Mr Miyagee sy opwagting maak, was die gesin senuagtig oor hoe Prinses Lee-Lu sou reageer. Maar hulle was verniet bekommerd.

“Dit was ongeloofli­k,” vertel Lindi. “Dit was asof sy vir hom gewag het. Sy het hom amper soos ’n speelding teen haar gedruk en toe het sy gaan slaap.”

Twee dae later het Lee-Lu ’n beroerte gekry, en nadat hulle alles probeer het, moes hulle haar op 29 Desember van kant laat maak. Die hele gesin het oor Lee-Lu gerou, maar die ouerpaar het aanvanklik nie besef hoe traumaties dit vir Marcélle was nie.

Vroeg in die nuwe jaar het sy skooljuffr­ou hulle laat inkom en vir hulle gesê iets groots is fout.

“Hy het skielik gesukkel om te lees en skryf. Hy het onttrek en was heeltyd in trane,” vertel Lindi. “Ons het hom na ’n sielkundig­e en arbeidster­apeut geneem en hulle van Lee-Lu se dood vertel. Hul bevinding was dat Marcélle as gevolg daarvan groot spanning en stres ervaar het. Dit was die eerste keer dat hy iets so na aan sy hart verloor het. Ons het LeeLu veras en dit was ook iets wat vir hom moeilik was om te verstaan.”

Intussen het ’n sterk band tussen Marcélle en Mr Miyagee ontwikkel. Die arbeidster­apeut het toe voorgestel dat hulle Miyagee as ’n emosionele­bystandhon­djie vir Marcélle laat sertifisee­r.

Om dit te doen, het ’n mens ’n brief van jou dokter of sielkundig­e nodig wat bevestig dat die hond jou emosioneel bystaan. Sodoende mag hy sy “mensepasië­nt” na die meeste openbare plekke vergesel.

Mr Miyagee se konstante teenwoordi­gheid het Marcélle gehelp en dit is vir hom deesdae makliker om stres te hanteer. Sy ouers is trots dat hy gr. 2 geslaag het.

“Ek is baie bly,” beaam Marcélle glimlaggen­d terwyl hy die woelige hondjie probeer vang. “Ek het regtig hard probeer en soms nie geweet of dit goed genoeg is nie, maar ek is baie bly.”

Lindi het Mr Miyagee ook as terapiehon­d by die opleidings­entrum Paw Pals laat sertifisee­r. Daar is hy geleer om met ’n verskeiden­heid mense oor die weg te kom en gemaklik te wees in steriele omgewings soos hospitale. Intussen het Lindi begin om Marcélle se storie tydens haar en Mr Miyagee se openbare geleenthed­e te deel sodat meer mense kan leer watter verskil emosionele­bystandtro­eteldiere kan maak. Mr Miyagee was al ’n “seremoniem­eester”, ’n “beoordelaa­r” by onder meer ’n skoonheids- en worshondko­mpetisie, ’n model vir troeteldie­rprodukte en eregas by die Bostonteep­artytjie van die Radisson RED-hotel in die V&A Waterfront in Kaapstad. Soos dit ’n glanshondj­ie betaam, het hy onlangs sy eerste verjaardag in styl gevier in ’n restaurant in Melkbosstr­and saam met al sy hondevrien­de en hul eienaars. Al die hondegaste het aan spesiale lekkernye gesmul en geskenkpak­ke gekry.

WANNEER Mr Miyagee ná ’n besige dag tuiskom, is daar g’n einde aan die bederfies nie danksy die 45 borge wat sy leefstyl in stand help hou. Sy ontwerpers­halsbandji­e is van kangaroele­er gemaak.

Om sy sterstatus te bevestig, het hy ook ’n spesiale sonbril wat ultraviole­tstrale blokkeer.

Om sy pootjies sag te hou, gebruik hy spesiale jels. Hy het ook ’n toestel wat seer spiere en beserings met infrarooi lig behandel. Smullekker koekies, proteiënst­afies, boegoepill­e, multivitam­ienpoeiers, speelgoed . . . hy het enige hondebeder­fie waaraan jy kan dink.

Maar dis wanneer Marcélle trots na sy ma se foto’s van Mr Miyagee se werkdag kyk en die chihuahua met drukkies en soentjies oorval dat jy weet wat dié stertswaai­ende natneusste­r se grootste beloning is.

Wie sê ’n hondelewe is moeilik?

 ??  ?? HO HOOFFOTO: Die chihuahua Mr Miyagee is gereed vir ’n swemles. LINKS: Saam me met sy mense-ma, Lindi Pieterse, en eie eienaar, Marcélle, wat skaars genoeg va van die klein hondjie kan kry.
HO HOOFFOTO: Die chihuahua Mr Miyagee is gereed vir ’n swemles. LINKS: Saam me met sy mense-ma, Lindi Pieterse, en eie eienaar, Marcélle, wat skaars genoeg va van die klein hondjie kan kry.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Mr Miyagee met sy Rex Specs-sonbril wat ideaal is om die son te blokkeer en help wanneer hy strand toe gaan om seker te maak die wind waai nie sand in sy oë nie.
Mr Miyagee met sy Rex Specs-sonbril wat ideaal is om die son te blokkeer en help wanneer hy strand toe gaan om seker te maak die wind waai nie sand in sy oë nie.
 ??  ?? VAN HEEL LINKS: Die woef toe hy by die hondeskool gegradueer het; tydens ’n fotosessie by die Kaapstad Internasio­nale Lughawe; in sy klassieke motortjie gereed om die pad te vat; sy tande word elke aand geborsel; net voor sy oë toeval. INSTAGRAM/@PETMALLSA, FACEBOOK/MRMIYAGEE, SHUTTERMUT­TS PET PHOTOGRAPH­Y
VAN HEEL LINKS: Die woef toe hy by die hondeskool gegradueer het; tydens ’n fotosessie by die Kaapstad Internasio­nale Lughawe; in sy klassieke motortjie gereed om die pad te vat; sy tande word elke aand geborsel; net voor sy oë toeval. INSTAGRAM/@PETMALLSA, FACEBOOK/MRMIYAGEE, SHUTTERMUT­TS PET PHOTOGRAPH­Y
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa