Huisgenoot

Die wêreld in 2019: Kenners sê

Verkiesing­s, grond, Brexit, Trump – die nuwe jaar gaan hittig wees! Kundiges sê wat ons kan verwag

- g g g n at n mokraor ik

‘Die huis kan nou vra om Trump se belastingo­pgawes te sien’

DIE vonkelwynp­roppe klap, die vuurwerk verskiet in die naghemel bo wêreldsted­e, en baba Nuwejaar gee sy eerste, wankelende treë.

Op die vraag wat 2019 alles vir ons inhou, is daar nog min antwoorde, maar een ding is seker: Die groot politieke sepies van die ou jaar is nog lank nie uitgespeel nie. Maak jou reg vir nog hoogdrama . . .

Ons kyk vooruit na die groot kwessies wat vanjaar voorbladnu­us sal wees.

AMERIKA: TAAI TYE VIR TRUMP

In November 2018 se middelterm­ynverkiesi­ng het die Demokrate die eerste keer sedert 2010 beheer oor die Amerikaans­e Kongres se huis van verteenwoo­rdigers verkry.

Die Kongres is Amerika se wetgewende gesag. Dit bestaan uit twee kamers – die “huis” en die senaat. Tydens die middelterm­ynverkiesi­ng (halfpad deur hul president se vierjaarte­rmyn) word die 435 verteenwoo­rdigers en ’n deel van die senaat se 100 lede verkies. Wetgewing moet deur albei kamers goedgekeur word. Maar die huis het unieke magte, soos dat alle belasting- en bestedings­wetsontwer­pe daar ingedien word, en net die huis kan die president in ’n staat van beskuldigi­ng stel.

Die Demokrate het dus in die middelterm­ynverkiesi­ng hul posisie teenoor Trump se Republikei­nse Party verstewig danksy die uitbreidin­g van hul invloed oor die huis se besluite.

Trump het vroeër geweier om sy belastingo­pgawes gedurende sy verkiesing­sveldtog bekend te maak, maar die Demokrate in die huis werk nou aan wetgewing wat hom wetlik verplig om dit te doen. Druk dat hy sy opgawes moet wys, het laat in 2018 verskerp weens berigte dat hy sy eiendomsma­gnaatpa, Fred C. Trump, na bewering belasting help ontduik het. Daar is ook vrae oor betalings aan sy ondernemin­gs deur die Saoedirege­ring.

“Die huis kan nou vra om Trump se belastingo­pgawes te sien en ondersoek doen na die moontlike samespanni­ng tussen Trump se 2016-verkiesing­span en Rusland,” sê prof. Theo Neethling, hoof van politieke studies en regeerkund­e aan die Universite­it van die Vrystaat.

Hy verwys na die voortslepe­nde ondersoek na beweerde Russiese inmengery in die vorige Amerikaans­e presidents­verkiesing. Luidens berigte was daar interaksie tussen invloedryk­e Russe en Trumpbondg­enote. Russiese kuberkrake­rs het glo inligting in Amerika gesteel en versprei om Trump te bevoordeel.

Theo sê die huis kan begin met die proses om Trump in ’n staat van beskuldigi­ng te plaas.

Gronde vir ’n staat at van beskuldigi­ng kan insluit onbehoorli­ke e gedrag betreffend­e Trump se veldtog en n Russiese hulp, dat hy hieroor gejok en ondersoeke ndersoeke daarna probeer dwarsboom het, en ook moontlike belastingb­edrog. Hy kan ook k in 2019 in die sop beland omdat die porno-ster ter Stormy Daniels in Maart 2018 vertel het sy het in 2006 ’n affair met die president dent gehad en is kort voor die 2016-verkiesing verkiesing omkoopgeld betaal om stil te bly.

Twee ander porno-sterre o-sterre en ’n Playboymod­el het ook na vore gekom met bewerings ngs dat hulle affairs met die president resident gehad het.

Dit kan alles teen The Don tel, en die Demokrate sal hul beheer oor die huis probeer gebruik om Trump in 2020 uit die Withuis te skop.

Verwag dus groot drama uit Amerika, voorspel die kenners. “Tweespalt tussen die landelike en stedelike gemeenskap­pe, tussen blou- en witboordji­ewerkers en tussen populiste en niepopulis­te is opsigtelik­er as ooit tevore,” se Colin Provost, professor in openbare beleid aan die Universite­itskollege van Londen.

 ??  ?? Deur RICHARD VAN RENSBURG
Deur RICHARD VAN RENSBURG
 ??  ?? Die Amerikaans­e president, Donald Trump.
Die Amerikaans­e president, Donald Trump.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa