Huisgenoot

Lekkernye met min suiker

Lekkernye is dikwels propvol suiker suiker. Ons minsuikerh­appies sal die kinders (én die grootmense) gelukkig hou!

- Resepte en stilering: ESTHER MALAN Foto’s: MISHA JORDAAN

Piesangbro­od was nog altyd ’n gunsteling. Ons maak ’n weergawe met heuning pleks van suiker in die beslag en marmer die broodjies met grondboont­jiebotter. Die beslag kan ook gebruik word om muffins te bak indien verkies. LEWER 8 MINIBROODJ­IES OF 12 MUFFINS BEREIDING: 20 MIN. BAKTYD: 20-25 MIN. 80 ml ( k) olie 2 eiers 125 ml (½ k) heuning 60 ml (¼ k) natuurlike jogurt of karringmel­k 5 ml (1 t) vanielje 2 groot of 3 kleiner ryp piesangs, fyngedruk 60 ml (¼ k) fyn klapper 325 ml (1 k) koekmeel 2,5 ml (½ t) koeksoda 2,5 ml (½ t) sout 80 ml ( k) gladde grondboont­jiebotter 100 g grondboont­jies, opsioneel Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 8 minibroodp­annetjies of 10-12 holtes van ’n muffinpan goed met kossproei. 1 Plaas die olie en eiers saam in ’n mengbak en klits ’n minuut. Voeg die heuning, jogurt of karringmel­k, vanielje, piesangs en klapper by en klits tot goed gemeng. 2 Haal die klitser uit en plaas ’n sif oor die mengsel. Sif die meel, koeksoda en sout oor en meng met ’n houtlepel tot net gemeng. Skep 250 ml (1 k) van die mengsel uit in ’n ander kleiner mengbakkie. 3 Verdeel die res van die beslag tussen die broodpanne­tjies of muffinpanh­oltes. 4 Meng die orige beslag goed met die grondboont­jiebotter. Skep ’n lepel van die grondboont­jiemengsel bo-op die ander beslag en meng liggies deur. Sprinkel die grondboont­jies bo-oor indien verkies. 5 Bak die broodjies/ muffins 20-25 min. of tot goudbruin en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die broodjies/muffins kom. Keer versigtig uit die panne en laat verder heeltemal afkoel op ’n draadrakki­e. Bêre in ’n lugdigte houer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa