Huisgenoot

Robin Hood is terug – met Kingsman se Taron Egerton in die titelrol

Die klassieke verhaal kry dié Kerstyd ’n nuwe baadjie

- Saamgestel deur MAXINE PETERS

ROBIN SE KLIEK

Nadat hy sy rol as Eggsy in die tweede Kingsmanfl­iek hervat het, maak die Walliese akteur Taron Egerton (29) weer ’n draai op die silwerdoek in die nuwe weergawe van Robin Hood. Die klassieke 14de-eeuse volksverha­al draai om Robin van Loxley, die kruisvaard­er wat hom teen die korrupte Engelse koning verset. Robin steel van die rykes om aan die armes te gee en word tot ’n bandiet verklaar. Die Oscarwenne­r Jamie Foxx (51) is Robin se Moorse mentor, Little John; die Ierse aktrise Eve Hewson (27) is sy liefdesbel­angstellin­g, Maid Marian; die Fifty Shadesster Jamie Dornan (36) is Robin se halfbroer, Will Scarlet; en Ben Mendelsohn (49) is die bose Sheriff van Nottingham.

PITTIGE OPVOLG

Dis agt jaar sedert die vorige Robin Hood-fliek op die silwerdoek verskyn het. Taron het aanvanklik gevoel aanhangers is dalk nog nie gereed vir ’n nuwe fliek oor die berugte Engelse boogskutte­r nie en het amper die rol van die hand gewys, maar toe besluit om dit ’ n kans te gee. Jamie Foxx sê gehore moenie die vroegste historiese vorm van Engels en kleefbroek­e verwag nie. “Die manier hoe dit geskiet is, is gek. Dit lyk of jy Zero Dark Thirty kyk. Jy skiet met ’n boog, maar dit word so met rekenaars gedokter, dit lyk soos masjiengew­eervuur.”

BESTE PELLE

Taron sê die fliek is “hoë oktaan, pret en het ’n vinnige pas”. Hy was dol daaroor om saam met Jamie Foxx te werk en ’n band met hom te smee. “Om daardie soort vrienskapl­ike verhouding met hom te hê is nogal opwindend. Hy moedig jou aan – hy’s ’n wonderlike ou.” Jamie het ook net lof vir sy medester. “Taron is ’n groot aksieheld. Hy skop gat. Hy lyk fantasties as Robin Hood.”

“Dié fliek het niks te doen met enige van die ander Robin Hood-rolprente wat al gemaak is nie. Ek het dit nie gekyk nie; ek is glad nie daardeur beïnvloed nie. Die weergawe wat ons gemaak het, is heeltemal anders as enigiets wat jy voorheen gesien het.” – Die regisseur, Otto Bathurst

 ??  ??
 ??  ?? Robin Hood begin op 28 Desember 2018.
Robin Hood begin op 28 Desember 2018.
 ??  ?? HOOFFOTO: Van links is Tim Minchin, Jamie DornanDorn­an, JamieFoxxJ­amieFoxx, Taron Egerton, Ben Mendelsohn en Eve Hewson in Robin Hood. BO: Jamie en Taron sê hulle het op die stel vriende geraak. LINKS: Die fliek is ’n moderne weergawe van die gewilde 14de-eeuse Engelse volksverha­al.
HOOFFOTO: Van links is Tim Minchin, Jamie DornanDorn­an, JamieFoxxJ­amieFoxx, Taron Egerton, Ben Mendelsohn en Eve Hewson in Robin Hood. BO: Jamie en Taron sê hulle het op die stel vriende geraak. LINKS: Die fliek is ’n moderne weergawe van die gewilde 14de-eeuse Engelse volksverha­al.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa