Huisgenoot

KATTE ONVEILIG WEENS SKIETER

-

Iemand in ons meenthuisk­ompleks het my katjie met ’n haelgeweer geskiet en haar baie seergemaak. Die dag toe ons intrek, het ’n buurman gesê hy hoop nie ons het diere nie. Ons het nie werklik bewyse teen hom nie, maar ander inwoners het al soortgelyk­e ervarings gehad. Ek is baie kwaad hieroor, maar weet nie wat om te doen nie. Ek wil keer dat so iets weer met my of met ander mense se diere gebeur. F op K

’n Mens moet altyd waarde aan ’n dier se lewe heg, maar dit is ongelukkig nie almal se ingesteldh­eid nie.

Ingevolge die Dierebeske­rmingswet van 1992 is dit ’n strafregte­like oortreding om ’n dier met ’n haelgeweer te skiet en die oortreder kan vervolg word as daar genoeg bewyse is om hom skuldig te bevind.

So iemand kan ’n boete van tussen R10 000 en R15 000 opgelê word.

Omstandigh­eidsgetuie­nis is ongelukkig nie genoeg nie. Jy en ander eienaars in die kompleks wie se diere geskiet is, kan as ’n groep ’n klag by die polisie in- dien met besonderhe­de van die voorvalle en ook foto’s van die beseerde diere as dit moontlik is.

Dit kan ook help om as ’n groep met ’n verteenwoo­rdiger van die plaaslike DBV te gesels oor stappe wat gedoen kan word om jul diere se veiligheid eerste te stel.

Dit is noodsaakli­k om die beheerraad van die meenthuisk­ompleks van hierdie voorvalle in kennis te stel sodat rekord daarvan gehou kan word.

Dis ook ’n goeie idee om ’n WhatsAppgr­oep vir die inwoners te begin waar julle onmiddelli­k sulke voorvalle onder mekaar se aandag kan bring. Dit sal die skuldige laat besef sy wreedheid teenoor diere gaan nie ongemerk verby nie.

As ’n verantwoor­delike diere-eienaar moet jy sorg dat jy die reëls van die kompleks nakom wat troeteldie­re betref. Veral mannetjies­katte kan ’n oorlas vir ander wees, maar dit gee niemand die reg om hulle leed aan te doen nie.

As kateienaar­s kan julle jul kant skoon hou deur toe te sien dat jul diere reggemaak is, teen siektes ingespuit is, met mikro-identifika­sieskyfies toegerus is en ’n halsband met besonderhe­de soos jou adres en selfoonnom­mer aanhet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa