Huisgenoot

MOET EK SEUN HELP WAT SUKKEL?

-

Ek wil ’n tienerseun wat saam met my seuns as ’n kelner werk, nooi om by ons in te trek. Hy het nie eintlik ’n huis nie. Sy pa is in die tronk en sy ma ’n dwelmslaaf. My man en kinders is oukei daarmee, maar ander mense raai my af om dit te doen. Hy is skaam en hardwerken­d, maar weens sy omstandigh­ede sukkel hy om vooruit te kom. Hy moes sy skoolloopb­aan prysgee. Ná ’n groot trauma onlangs het hy nêrens om heen te gaan nie. N op R Wanneer ’n mens se pligsgevoe­l en eie agtergrond jou dryf om ander te help om op die been te kom en hul potensiaal te ontwikkel, kan jy baie vermag as jy goeie oordeel aan die dag lê. Soms veroorsaak dit juis meer stres as jy nie doen wat jy voel reg is nie.

Met die regte perke en dieselfde reëls wat vir jou seuns geld soos geen dwelms en drank nie en reëlings oor tuiskomtye ná ’n aandjie uit, kan jy en jou man ’n veilige omgewing vir almal skep. Emosioneel sal dit baie van jou verg om iemand wat deur sy eie mense en die lewe se verloop ontnugter is geborge te laat voel, maar jy klink na iemand wat dit wel sal regkry. Kommunikas­ie speel ’n groot rol om so iemand tuis te laat voel.

As jy die seun toelaat om tot die huishoudin­g by te dra, kan dit hom laat voel hy bring sy kant en hom help om aan sy selfrespek te bou.

Gee hom ’n roetinetaa­k om te verrig soos om die tafel te dek en laat hom ’n klein bedrag vir kos bydra. Help hom om aanlyn in te skryf om sy skoolloopb­aan te voltooi. Gee hom ook die ruimte om bande met sy familie te behou deur vervoer hiervoor te verskaf as dit nodig is.

Hy sal moet verstaan jul huis is nie ’n losieshuis nie, dat ’n netjiese kamer ’n voorvereis­te is en dat hy sy eie wasgoed moet was. Jy sal sy verwagting­s oor sy rol in die huishoudin­g en in jul gesinslewe moet bestuur. Jy kan nie vals hoop skep nie. Stel ’n voorlopige sperdatum wanneer julle weer oor sy toekoms by julle aan huis sal gesels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa