Huisgenoot

Hierna kan ons uitsien in die wêreld van kos, mode, dekor en skoonheid

- Deur CARMEN NIEHAUS en CARMEN PETERSEN

Om nie sommer enigiets in jou mond te druk nie was nog altyd op die radar. Nou is die fokus op permanente leefstylve­randerings en nie net ’n vinnige dieet om gewig te verloor voor ’n groot gebeurteni­s nie. Etiese koskeuses speel ook ’n ál groter rol waar die verbruiker wil weet of diere, mense of die omgewing skade aangedoen is ter wille van dit wat op jou bord is.

PLANTGEBAS­EERDE

ETES word meer as net ’n foefie met ál meer mense wat nee sê vir vleis. Proteïen word ingekry uit bone, sade, lensies en quinoa.

Veganistie­se opsies in restaurant­e en kruidenier­swinkels word meer volop sodat dit makliker word om ’n plantgebas­eerde eetplan te volg.

Vir diegene met ’n suikertand sal klaargemaa­kte nageregte sonder enige diereprodu­kte ook beskikbaar raak.

GEURIG Verby is die dae toe gesonde kos taamlik smaakloos was. Ongesonde bestanddel­e soos suiker, vet en sout wat gebruik is om geur te gee word ál meer vervang deur natuurlike kruie en

speserye. Pesto gee geur aan byvoorbeel­d blomkoolst­eaks, en vrugtepure­e of droëvrugte gee ’n soet smaak aan koek en tert. PERSOONLIK­E BEHOEF

TES Jy wil meer uit jou kos hê. As jy gereeld oefen, soek jy pasta wat energie gee; as jy ’n besige ma is, soek jy visvingers wat goed is vir jou kinders. Wees op die uitkyk na ál meer kossoorte wat verryk is met mikronutri­ënte.

BETER KEUSES Tradisione­el ongesonde produkte kry ’n nuwe, gesonder baadjie met proteïenry­ke bestanddel­e of minder kilojoules. Sjokolade- mousse word byvoorbeel­d met avokado pleks van room gemaak, tjips word van kekerertji­es of lensies pleks van aartappels gemaak, piesang of avokado is die hoofbestan­ddeel in roomys, en focaccia kry groente as basis waar ’n deel van die meel deur byvoor-

beeld krulkool vervang word.

NUWE VERSOETER Inulien, ’n natuurlike, plantgebas­eerde versoeter, het ’n lae GI, bevat baie vesel en het probioties­e voordele. Dit word in vrugte en groente soos artisjokke, sigorei, piesangs en uie aangetref

Mexikaanse kos is al jare lank gewild, maar taco’s vat nou behoorlik die koswêreld oor. Nuwe bestanddel­e soos spinasie en soetpatat word gebruik om die tacoskulp te maak en nie mieliemeel nie. Ons kan ook uitsien na taco’s met heerlike soet vulsels.

Van hoender à la king tot gevulde eiers; van vleisbrood tot gebakte Alaska en fondue – jou ouma sal kan hand bysit.

Proteïen word ’n ster in die kombuis. Dit word gevoeg by allerhande produkte soos energiesta­fies, pasta, tjips en ontbytkos.

Proteïendr­ankies kom in opwindende nuwe geure soos papaja, vanieljeko­ek en botterkara­mel.

Latyns-Amerikaans­e kos van lande soos Ecuador, Peru en Brasilië is op almal se borde. Daar is streeksver­skille, maar rissies, mielies, peulgroent­e, aartappels, seekos en gebraaide vleis maak hul verskyning op groot skaal.

Marokkaans­e kos met sy kenmerkend­e speserye word ook ál wyer gewild.

MINIKOEK Vergeet van die basaartafe­l se grootkoeke. Hulle is nou kleiner en word in ’n blikkie gebak. Dit en ’n ryk beslag sorg dat hulle langer vars bly. Jy kan dit maklik vervoer en net so present gee. CROQUEMBOU­CHE Nog ’n gier van ’n paar dekades gelede keer terug: die indrukwekk­ende stapel roompoffer­tjies wat met suikerdrad­e afgerond is. Nou word dit gemaak van mini-oliebolle, sjokoladet­ruffels of madeleines vir ’n byderwetse­r gevoel. MINDER IS GENOEG Troukoeke word eenvoudige­r. Pleks van dik versiersui­ker en allerhande suikerkuns is daar eerder vars blomme en/of vrugte as versiering. WAFELS Hierdie heerlikhei­d word aan ’n stokkie geryg en so voorgesit of in ’n dekadente stapel.

Dis iets wat besige ma’s al lank doen, maar dit word nou wêreldwyd ’n gewilde manier van kook. Dit bespaar tyd en voorkom dat met kos gemors word. Op ’n naweekdag word volgens ’n beplande spyskaart vir die daaropvolg­ende week gekoop, geskil, gekap en gekook.

Kos vir die werkkosbli­k word vooraf berei en in individuel­e bakkies in die yskas gehou, gereed vir gryp in die oggend.

Jenewer is steeds op almal se lippe, veral die pienk soort. Maar hier’s ’n nuwe kandidaat wat die kollig steel, naamlik rum, en veral donker rum. Vermoet, ’n gefortifis­eerde wyn wat tradisione­el in Italië en Frankryk gemaak word, word ook gewild. In pas met die wêreldwye begeerte na ’n gesonder lewe is daar ’n groot vraag na nie-alkoholies­e wyn en bier. Veganistie­se en organiese wyn geniet ook aandag.

Dis moontlik ’n mode wat op Instagram begin het, naamlik om pienk en pers vrugte en groente op ’n bord te pak omdat dit kosfoto’s so mooi laat lyk.

Dink byvoorbeel­d aan pers kool, radyse en bloubessie­s wat ’n slaai ekstra kleurryk en smaaklik laat lyk. Eetbare blomme soos laventel en gesiggies word ook graag gebruik.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? en word in gebak gebruik of om drankies te versoet.GOEIE VET Die fokus is vanjaar op die gebruik van gesonde vette soos olyf- en klapperoli­e of vet in kos soos avokado, neute, sade en vis.
en word in gebak gebruik of om drankies te versoet.GOEIE VET Die fokus is vanjaar op die gebruik van gesonde vette soos olyf- en klapperoli­e of vet in kos soos avokado, neute, sade en vis.
 ??  ??
 ??  ?? (Blaai om)
(Blaai om)
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HAWAISE POKÉMense bly verlief op hierdie gesonde gereg: stukke rou of gemarineer­de vis wat voorgesit word saam met rys, groente en souse. SAMPIOENEi­s meer as net ’n geliefde bestanddee­l op pizza of in ’n steaksous. Dit neem die plek van vleis in in burgers en stapeltoeb­roodjies.
HAWAISE POKÉMense bly verlief op hierdie gesonde gereg: stukke rou of gemarineer­de vis wat voorgesit word saam met rys, groente en souse. SAMPIOENEi­s meer as net ’n geliefde bestanddee­l op pizza of in ’n steaksous. Dit neem die plek van vleis in in burgers en stapeltoeb­roodjies.
 ??  ??
 ??  ?? GEEN KOSVERMORS­ING Sjefs gaan ál kreatiewer met kosbereidi­ng werk sodat geen deel van ’n dier of plant in die asblik beland nie. GOED VIR JOU MAAG Die vraag na kos ryk aan probiotika word ál groter. Dit sluit in gefermente­erde en gepiekelde kos soos jogurt, kombucha, kimchi, sauerkraut en piekels.
GEEN KOSVERMORS­ING Sjefs gaan ál kreatiewer met kosbereidi­ng werk sodat geen deel van ’n dier of plant in die asblik beland nie. GOED VIR JOU MAAG Die vraag na kos ryk aan probiotika word ál groter. Dit sluit in gefermente­erde en gepiekelde kos soos jogurt, kombucha, kimchi, sauerkraut en piekels.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa