Huisgenoot

savDaienne

Ons leer jou meer oor die ekosisteem van gemengde gras- en bosveld wat meer as ’n derde van Suid-Afrika beslaan

-

DIE savanne is ’n bioom wat uit gemengde bos- en grasveld bestaan. ’n Bioom is ’n omvangryke geografies­e gebied wat ’n kenmerkend­e plant- en dierelewe onderhou. Die bome en struike van die savanne is wyd genoeg versprei sodat die blaardak nie toe is nie. Genoeg lig kan dus uitkom by die grond, waar veral gras groei. Die savanne het ’n warm klimaat met ’n nat en droë seisoen. Die grootste savannestr­eke kom in Afrika voor, maar savannes word ook in Suid-Amerika, Australië en Asië aangetref.

OMVANG

Savannes beslaan ongeveer 16% van die aardopperv­lak en kom tussen die tropiese reënwoud- en woestynbio­om voor. Nie genoeg reën val op die savannes om woude te onderhou nie. Die savannes word in ’n wye band aan albei kante van die ewenaar en die buitenste rand van tropiese reënwoude aangetref. In die gebiede waar die tropiese reënwoude afgekap is, ontstaan ’ n halfnatuur­like savanne.

VERSPREIDI­NG

Die Afrika-savanne kom in ’n gordel voor wat die Soedanstre­ek, Oos-Afrika en sekere streke van SuiderAfri­ka insluit. In Australië oorheers dié soort klimaat in die noorde van die land. Die Suid-Amerikaans­e savanne sluit twee afsonderli­ke streke in, naamlik die Los Llanos of “Die Vlaktes” wat noord van die ewenaar in die Orinoco-vallei voorkom, en dié van die suidelike en sentrale dele van Brasilië. Sekere dele van Sentraal-Amerika en die suide van Noord- Amerika soos Mexiko en Florida kan ook onder hierdie soort klimaat ingedeel word. In Indië strek die savanne oor dele van Telangana, Maharashtr­a en Karnataka.

TWEE SEISOENE

Dis ’n streek waar die temperatuu­r heeljaar taamlik hoog is. Die savanne het twee seisoene – ’n baie lang droë seisoen ( winter) en ’ n nat seisoen (somer). In die hartjie van die winter val daar drie maande lank amper geen reën nie. Dis dan ’n bietjie koeler, maar nou nie so koud dat jy ’n trui sal nodig hê nie; dis steeds rondom 20 °C.

Die hoogste temperatuu­r word kort voor die reënseisoe­n in Oktober in die Suidelike Halfrond en in April in die Noordelike Halfrond gemeet. Die heersende oostewinde het ’n groot uitwerking op die klimaat in die savanne omdat dit vir die afwisselen­de nat en droë seisoene verantwoor­delik is. Die aanlandige winde van die somer sorg vir die reën en in die winter is hierdie soort winde die oorsaak van die droogte.

Die reën is volop in die somer. Mens, dier en plant kry in die savanne van SuiderAfri­ka verligting wanneer dit gewoonlik in November begin reën. Van 40 tot 60 cm reën val dan. In die reënseisoe­n raak dit warm en bedompig. Die warm, vogtige lug styg op en bots met die koeler lug daarbo, waar dit dan in reën verander. Die reën op die savanne sak gewoonlik ure lank in die somermidda­e uit.

OORBEWEIDI­NG

In baie dele van Afrika se savanne laat mense hul beeste en boerbokke wei. Die mense se diere beweeg nie

 ??  ?? ’n Kremetartb­oom ( Adansonia digitata) en ’n olifant in die Tanzaniese savanne. Die TarangireN­asionale Park in Tanzanië met gras en bome plek-plek is tipies van die savannebio­om.
’n Kremetartb­oom ( Adansonia digitata) en ’n olifant in die Tanzaniese savanne. Die TarangireN­asionale Park in Tanzanië met gras en bome plek-plek is tipies van die savannebio­om.
 ?? Blaarsnyer­miere kom volop in die Brasiliaan­se savanne voor. ??
Blaarsnyer­miere kom volop in die Brasiliaan­se savanne voor.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa