Huisgenoot

JAY-Z EN BEYONCÉ

-

Daar was al vele gerugte van moeilikhei­d in die superkragp­aar se verhouding. Boonop skimp Bey (37) toe openlik oor Jay se beweerde ontrouheid op haar album Lemonade van 2016. En in 2019 9 sal die 49-jarige Jay se voorneme om getrou te bly werklik getoets word.

WAT 2019 INHOU

VIR HAAR Bey het haar hande vol met haar kinders, Blue (6) en die eenjarige tweeling, Rumi en Sir, maar die beskeie Maagd sal graag vanjaar dinge ’n bietjie rustiger wil vat.

“Sy behoort baie te groei soos wat sy haar moederskap s pligte onder die knie kry,” sê Margarita.

VIR HOM “Jay, ’n Boogskutte­r, sal ’n wonderlike jaar hê met baie persoonlik­e groei en volop goeie geleenthed­e.” Maar hy het ook ’n interessan­te planeet groepering, maan Margarita, wat “geneig is om misleidend­e gedrag te veroorsaak of onthul. Dit het die potensiaal om die verhouding te laat verbrokkel as hy nie eerlik is nie.” AS ’N EGPAAR Asof Jay se groe- pering nie genoeg is nie, voorspel die sterre ’n veranderin­g vir die egpaar wat hul huis en gesinsomge­wing betref. “Hulle verwelkom dalk nog kinders, trek na ’n gesinshuis of hanteer ekstra gesinsvera­ntwoordeli­kheid.”

OORSIG Hul rykdom maak hul gesamentli­ke netto waarde meer as R14,5 miljard, maar 2019 kan ’n ekstra meevaller oplewer. “Hulle het die potensiaal om hul gedeelde finansiële mag uit te brei,” sê Margarita.

Vanjaar gaan vir Bey en Jay verrassend wees, voorspel sy. “Sake kan vir hulle drasties verander, maar as hulle die veranderin­g aangryp en unieke maniere vind om dit te hanteer, sal hulle die wipwarit geniet.”

Die rapper (41) en werklikhei­dster (38) vier in Mei hul vyfde huwelikshe­rdenking, wat beteken hulle is nog twee jaar van die sewejaarje­uk af. Maar dit beteken nie 2019 sal seepglad verloop nie.

WAT 2019 INHOU

VIR HAAR “Dit lyk of Kim, ’n Weegskaal, ’n verskuiwin­g in haar loopbaan sal ervaar wat haar later sterk kan bemagtig,” sê Margarita.

VIR HOM “Kanye, ’n nuuskierig­e Tweeling, sal ’n begeerte vir veranderin­g en opwinding beleef.”

AS ’N EGPAAR As individue ervaar hulle albei baie in 2019, “wat spanning tussen hulle as ’n paartjie kan meebring”.

Maar dis nie al nie – Kim en Kanye het drie kinders onder ses (die vyfjarige North, tweejarige Saint en baba Chicago) en Kanye kan op dié gebied spanning begin ervaar.

“Hy ervaar dalk angs oor pawees en voel sy huwelik verbrokkel weens ekstra verantwoor­delikheid.

Hy kan ongesonde ontvlugtin­gs soek en op onverwagte en selfs vernietige­nde maniere optree.

“Albei is dromers en dit lyk of 2019 ’n nuwe tydvak gaan inlui waarin hulle die werklikhei­d in die oë sal moet word kyk.” OORSIG In 2019 is dit tyd vir Kimye om ernstig te raak. “Hul beeld gaan skuif van popstersta­tus tot volwasse en bestendig.” “Hulle sal waarskynli­k baie meer sosiale verantwoor­delikheid op hul skouers neem. “Dit sal wys hulle is nie net vermaak kunstenaar­s nie, maar ook mense wat weet watter kragtige impak hulle kan maak wat goeie dade betref.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa