Huisgenoot

Terug SKOOL toe

Die nuwe skooljaar is hier. Kyk net hoe oulik van vandag se sterre gelyk het toe hulle nog haasbekkie­s in skooldrag was!

-

LAUREN JOSEPH

Suidooster se Zoë was op skool die piemper (klikbek) van die klaskamer, soos ’n skoolmaat haar toe genoem het. “Ek het baie gepraat, wat my gereeld in die moeilikhei­d laat beland het. Nietemin was ek soet en het na my onderwyser­s geluister, maar terselfder­tyd was ek eiewys,” bieg sy. Sy onthou nog goed hoe haar ma haar op haar eerste dag as gr. 1’tjie by die skoolhek afgelaai het. “Ek het gehuil toe sy wegry.” Haar gunsteling herinner ingaan skool i som’ n uniform te dra en geld vir snoepgoed te kry. Die moeilikste was die vroeg opstaan om betyds by die skool te wees.

WILLEM BOTHA

Daardie blink oë en groot glimlag kom al ’n ver pad – van die dae dat hy op die skoolbanke gesit het. Die sanger onthou nog sy eerste skooldag soos gister.

GERMANDT GELDENHUYS

Op Christiana in Noordwes, waar die Binnelande­rs-akteur Germandt Geldenhuys op laerskool was, was dit die gebruik om kaalvoet skool te gaan. “Dit was perfek vir my, want ek was en is steeds lief vir kaalvoet loop,” sê hy. Van sy eerste skooldag – in juffrou Marianne Lombard (foto) se klas in die Gekombinee­rde Skool – onthou hy nie veel nie. “My ma sê ek was vreeslik opgewonde en het nie een keer gehuil nie. Ek wou net weet waar ek gaan sit en langs wie.” Die buitemuurs­e aktiwiteit­e was vir hom die lekkerste – “die revues, koor, redenaars, toneelspel en atletiekda­e”. As leerder was hy baie toegewy. “Amper te voorbeeldi­g, ’n ekstro- vert en ’n bietjie van ’n bleeksiel,” beskryf Germandt homself. “Ek was streng op myself om te presteer. Ek het darem goed gedoen, maar dit het my beslis uitgeput.”

Germandt is “nie regtig ’n oggendmens nie” en bieg dat dit ook maar broekskeur gegaan het met die vroeg opstaan.

CAREL NEL

Al het hy deesdae ’n slanke figuur, sê die akteur hy was aan die begin van sy skoolloopb­aan ’n mollige knapie.

CINTAINE SCHUTTE

Netjies uitgevat in splinternu­we skoolklere en met ’n strik in haar hare lyk die Fynskrifak­trise slaggereed vir haar skoolloopb­aan.

SIMONÉ NORT MANN

Die aktrise, wat vanjaar gaan afhaak, was in 1997 ’n skattige gr. 1’tjie. Kyk net daardie polkahaars­tyl en onskuldige glimlaggie.

MELINDA BAM

In die voovoormal­ige Mej. Suid-Afrika se skooljare kon ’n mens al sien: Hier is ’n skoonheid aan die ontluik . . .

MINKI VAN DER WEST-HUIZEN

Geen trane. Op haar eerste skooldag in 1991 was Minki net so tuis in die klaskamer as wat sy nou voor die kameras is.

HENNIE JACOBS

Al het hy ’n stoute glimlag wat jou laat vermoed hy vang graag kattekwaad aan, sê 7de Laan se Diederik hy was soet en hardwerken­d op skool. Tog bieg Hennie: “Af en toe was daar woelige oomblikke.”

Dié woeligheid het hy meestal op die sportveld uitgeleef. Op atletiekby­eenkomste het hy selfs met ’n medalje om die nek op die podium gepryk. k. “Ek was op laerskool behep met sport en het deelgeneem aan al wat ’n nuwe aktiwiteit was,” vertel hy. Hennie onthou nog goed hoe hy op syy eerste skooldag gelyktydig opgewondee en senuagtig was. “Ons was ’n klomp maats wat van kleutersko­ol af saam gr.r. 1 toe is. Ek het veilig gevoel.” Wat van die skoollewe het hy verpes? “Eksamentyd. Dit maak nie saak wat nie, jy moes op jou stert gaan sit en leer.”

CINDY NELL-ROBERTS

Die voormalige Mej. Suid-Afrika meen die grootste geskenk aan ’n kind is mooi herinnerin­gs. Haar eie jeugherinn­erings is verweef met oomblikke uit haar skooldae.

BOK VAN BLERK

Hy onthou nog goed hoe cool sy BMX-tas was, skryf die sanger by ’n Instagramf­oto van hom op sy eerste skooldag met ’n tas wat toe amper die helfte van sy grootte was.

MARCUS MULLER

As tjokkertji­e het hy al daarvan gedroom om ’n skoolunifo­rm en sy eie skooltas te hê. Toe Marcus Muller, 7de Laan se André, se eerste dag by die “grootskool” eindelik aanbreek, wou hy bars van opwinding.

Die lekkerste van sy skooljare? Om buite te baljaar en die oomblikke tussen klasdraf deur. “Dit was vir my lekker hoe ons groep vriende tussen die geskarrel deur ons eie wêreld uitgekerf het,” vertel hy. ’n Hoogtepunt was die swemkompet­isies. “Altyd ’n feestelike atmosfeer: somer, die reuk van chloor, mense in die water.”

KATLEGO MABOE

Die Expresso-aanbieder b het al aan die d begin van sy skoolloopb­aan soos ’n regte slim meneertjie m gelyk – genoeg om enige ma se hart te laat vermurwe.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa