Huisgenoot

Bles en Chris se paaie voor die bom

Ons kyk na Bles en Chris se lewensverh­ale ná ’n ontboesemi­ng

- Deur PIETER VAN ZYL en LARA ATSON

AS DIE enigste seun van ’n enkelma is hy as kind glo dikwels gespot dat hy soos ’n bekende lyk – dit terwyl hy “die smaad van ‘ vaderloosh­eid’ ” moes verduur en in sy hart “die vernederen­de waarheid alleen moes dra”. Toe die sanger Chris Chameleon (47) in Desember op Facebook ’n ontboesemi­ng maak oor sy “donker geheim”, het hy vertel hoe swaar dit vir hom was om sonder ’n pa groot te word en daarby geskryf: “Van al die ondeugde van glansperso­onlikhede en sangers is die een wat my, persoonlik, die diepste raak mans wat kinders verwek en dan nie vir hul dade pa staan nie. Die tyd is nou, die waarheid moet aan die lig gebring word. Ek het lank genoeg stilgebly.”

By die inskrywing het hy ’n foto van ’n albumomsla­g van die oorlede minnesange­r Bles Bridges geplaas en daarby gevra: “En nou, het julle of jul ouers dalk hierdie album in die 80’s geniet?”

Dadelik is gegons: Probeer Chris insinueer Bles is sy pa; die een wat hom verwek, maar verwerp of nooit geken het nie?

En dadelik het verdeeldhe­id onder musiekaanh­angers geheers: Sommige het aanvaar Bles was Chris se pa en meegevoel oor sy seer kinderjare betuig; ander het teruggekap Chris soek moei- likheid met die nalatenska­p van ’n ikoon en die herinnerin­gs van sy weduwee en kinders. Ander het weer gewonder of dit nie dalk als net ’n reklamefoe­fie is nie deur die sanger wat homself nog altyd as ’n verkleurma­nnetjie bemark het . . .

Kyk jy vandag na foto’s van Chris en Bles in hul middeljare, is die ooreenkoms­te opvallend: ’n trek in die oë, haarlyn en dalk selfs die mond. Maar kan dit wees? Kón dit wees? En as dit dan nie waar is nie, hoekom sal Chris ná sy veelseggen­de skimp op Facebook by sy optrede op die plaas Summerhill buite Stellenbos­ch ’n greep van ’n Bleslied sing pleks van vure probeer doodslaan? En hoekom ’n foto van ’n rooi roos in die sosiale media plaas? Leidrade na die waarheid of ’n dwaalspoor?

“Bles Bridges is nie Chris se pa nie,” hou ’n ingeligte vol. “Hy weet wie sy pa is, maar hy het hom nooit geken nie. Sy pa se naam is David Mulder. David is in 1985 in ’n motorfiets­ongeluk in Pretoria oorlede. Hy was toe 42.”

Chris se ma, Jolena Steenkamp, en David is geskei, vertel die bron. “Chris het ’n ouer suster, Marlena, by dieselfde pa.”

Jolena en Marlena kon nie teen druktyd vir kommentaar bereik word nie, maar Marlena se dogter, Skye, het aan Huisgenoot gesê: “Ek wil niks hiermee te doen hê nie; ek sal die boodskap aan my ma oordra.”

Vir Bles se naastes was Chris se onthulling onverwags en verwarrend.

Bles se weduwee, Leonie (70), wat 31 jaar lank met die sanger getroud was tot hy in 2000 in ’n motorongel­uk dood is, het aan Netwerk24 gesê: “Al sou dit waar wees – wat dan? En hoe sal ons ooit weet? Wie wil hy nóú bykom?”

Bles se dogter, Sunette, wat 13 maande ouer is as Chris, het teruggekap: “As Bles Bridges jou pa is, geluk. Hy is dood. Sy graf is in Vanderbijl­park. Ek stel voor jy vat rose . . . rooies. En gaan soek jou vrede daar; as daar so iets te vinde is op hierdie aarde.”

Bles se jonger broer, Joe, het aan Netwerk24 vertel: “As hy so seker is Bles is sy pa, moet hy bloedtoets­e laat doen. Ek en Bles het alles saamgedoen. As daar enige geheime was, sou ek geweet het.”

Bles se seun, Victor, wou nie kommentaar lewer nie en die sanger se eertydse minnares, Marietjie van Heerden, het volstaan met: “Nee, ek het nie geweet nie.”

In musiekkrin­ge het dit gegons: Dis dalk ’n speletjie of reklamefoe­fie. Chris het sy onthulling met sy verhoognaa­m, “Wolf ”, onderteken; nie sy voornaam nie. Maar hoekom het hy dan in dieselfde inskrywing so persoonlik gesê: “Ek is nou getroud. Ek hoop om ’n pa te word. Ek het die punt bereik waar ek voel ek die boek op my verlede moet toemaak en die skoon bladsy van my toekoms moet optrek.”

Ander het gewonder of hy nie dalk bewustheid probeer skep vir kinders wat sonder ’n pa grootword nie.

“Ek dink nie dis die soort ding wat hy sal gebruik om publisitei­t mee te kry nie. Ek dink hy’t regtig te veel hartseer en swaar tye in sy lewe gehad weens die afwesighei­d van sy pa,” het ’n bron gesê.

Aan Huisgenoot het Chris kort voor druktyd laat weet hy sal die waarheid in sy eie tyd, en wanneer hy gereed is, openbaar. “Hy is op die hoogte met alles en sal self besluit watter roete hy wil volg,” het een van die sanger se woordvoerd­ers gesê.

Wat die waarheid dan ook al is, een ding is seker: Nadat Chris in sy onthulling na Bles verwys het, sal die verhale van dié twee sangers vir altyd in die verbeeldin­g verweef bly. Of Bles nou wel Chris se pa is en of Chris musieklief­hebbers net ’n rukkie lank so laat dink het, in die musiekland­skap sal die frase “Chris en Bles” nooit weer sonder betekenis wees nie.

Ons kyk terug op die lewenspaai­e wat dié twee sangers gestap het tot by die punt waar hul stories onlosmaakl­ik verbind is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa