Huisgenoot

Aktrise vertel hoe sy noustrop trek

Die oud-Egoli-feeks Dorette Potgieter raap en skraap om te oorleef nadat werk opgedroog het, maar weldoeners help haar om kop bo water te hou

- Deur COLIN HENDRICKS Foto: CORRIE HANSEN

IN DIE 1990’s het kykers haar leer ken as die glansryke blondine Susan Bosman, die feeks in die sepie Egoli op M-Net. Sy het op die voorblaaie van tydskrifte gepryk en in 1995 selfs by die Londense Mode week haar lyf loopplankm­odel gehou. Maar daardie gloriejare is nou iets van die verlede.

Deesdae is Dorette Potgieter (45) ’n enkelma wat op aalmoese en kospakkies oorleef. Soms kry die talentvoll­e aktrise so swaar dat sy nie weet hoe sy die huurgeld vir haar woonstel in Vredehoek, Kaapstad, gaan betaal nie.

Ons ontmoet haar op ’n Vrydagmidd­ag by die Vega-ontwerp-en-bemarkings­kool in die Kaapse middestad. Die ontmoeting vind plaas kort voor haar les waarin sy jong kinders leer om met selfvertro­ue te lees – ’n werk wat sy as ’n vrywillige­r doen.

Ondanks die maer jare doen sy haar bes om moedig te bly en sy vertel met rou eerlikheid van haar swaarkry. Einde November het sy op Facebook geskryf dat “God na sy kinders kyk en vir hulle sorg” toe dit broekskeur gaan.

Dorette het toe in haar inskrywing onthul: “’n Baie liewe vriendin het nou my deurklok gelui om my middagete af te laai nadat sy my vrieskas vol gemaak het met hoender en kruidenier­sware om my deur die moeilike tye te kry. Ek is so dankbaar vir elke seën wat ek daagliks van vriende en familie ontvang.”

Talle mense wat haar inskrywing­s sien dat “dit nie so goed gaan nie”, bied hulp aan, vertel Dorette nou.

“Mense help my gereeld met kontant in my rekening, ’n bord gekookte kos of kospakkies,” vertel sy.

Selfs winkels wat kort voor Kersfees van haar Facebookpl­asings gehoor het, het hulp aangebied. “Ek en my dogtertjie het ’n R1 000-koopbewys by ’n winkel langs die R44-pad gekry om Kersinkopi­es te doen.”

In Desember kon sy danksy ’ n weldoener haar woonstelhu­ur betaal, maar sy erken met ’n wrang glimlag: “Ek het geen idee hoe ek Januarie se huurgeld gaan bybring nie.

“Maar ek weet dit sal betaal word. Elke dag bied iemand my klein werkies aan.”

Sy kon tot dusver nog elke maand die mediesefon­dspremie vir haar en haar negejarige dogtertjie dek, maar erken “af en toe help iemand om my maandeliks­e motorpaaie­ment te betaal, anders verloor ek my motor”.

DORETTE vertel mense herken haar steeds op straat as die “yskoningin Susan”, die sekretares­se van Chris Edwards, wat deur die akteur Eckard Rabe gespeel is in Egoli. Sy het in 1997 in dié sepie naam gemaak.

“Dis lekker as mense nog belangstel,” sê sy hieroor, maar bieg: Ná net vier maande op die Johannesbu­rgse stel van Egoli wou sy bedank.

“Jy het ses dae per week geskiet. Ek het glad nie ’n lewe gehad nie,” onthou sy. “Die salaris van R6 400 per maand was ook te min en die huurgeld te duur.”

Ná ’n jaar het sy die sepie gegroet, en toe moes sy as vryskut begin oorleef.

Sy was onder meer in 2003 in die kykNET-reeks Plek van die Vleisvrete­rs te sien en het van 2007 tot 2009 in die e.tvsepie Rhythm City gespeel. Sy was ook van 2006 tot 2008 die aanbieder van die geselsprog­ram Glitterati op kykNET.

Verlede jaar het sy die karakter Chandré in die fliek Thys & Trix gespeel.

Die werk het al in 2015 begin opdroog, onthou Dorette, maar 2018 was beslis vir haar die “moeilikste jaar”.

“Verlede jaar het genoeg teleurstel­lings gehad. Om nie ’n mens se huur te kan betaal, petrol in jou kar te gooi en kos te kan koop nie is vernederen­d en swaar om alleen te verwerk. Ek het ’n loopbaan in verwerping vir myself gebou en is klaar daarmee,” laat sy vasbeslote hoor.

Sy het al met die jare werk van die hand gewys, erken Dorette. “Ek is klaar daarmee om rolle te vertolk wat teen my morele waardes en beginsels indruis net om te probeer oorleef. My dogtertjie is nege jaar oud en ek het ’n verantwoor­delikheid teenoor haar om beter besluite vir ons toekoms te neem.”

Sy sê dis nie maklik nie, “maar om jouself te verloën is ook nie meer ’n opsie nie”.

Hierdie einste houding het haar reeds in 2015, toe sy skielik sonder akteurswer­k gesit het, tot vrywillige­rswerk laat wend.

“Ek het seker gemaak ek hou my besig,” vertel sy. “My eie swaarkry het my laat besef wat my regtig gelukkig maak, en dit is om vir ander ’n geleenthei­d te gun om iets van hul lewe te maak.”

In daardie jaar het sy met die leesklasse by die Vega-skool begin. Later in 2015 het sy ’n klein rol vertolk in die Amerikaans­e televisier­eeks Black Sails, wat in Kaapstad verfilm is, maar haar karakter het net in een episode verskyn.

In 2016 het sy haar vrywillige­rs- werk uitgebrei en vir gevangenes s in die Brandvleig­evangenis naby y Worcester werksessie­s begin aanbied d nadat sy bewus geword het van die e behoeftes onder jeugdige aangehou- denes daar. Dié sessies was deel van n ’n program om gevangenes te help p om hul slagoffers of die familie van n hul slagoffers te ontmoet.

“Dit het mense bymekaarge­bring,” g,” sê sy oor haar werk by Brandvlei. “Ek k het daar besef hoe gelukkig ek raak wan- neer mense regtig bly is om my te sien.”

Uit haar werksessie­s met die aangehoude­nes het die idee vir haar volgende projek ontstaan. In Maart vanjaar begin haar maatskappy, Dorette Potgieter Production­s, met die produksie van Kans, ’n dokumentêr­e prent wat op vanjaar se kykNET Silwersker­mfees in Kaapstad vertoon sal word. Sy is hierdie keer agter die kameras as mederegiss­eur en -vervaardig­er van dié prent oor jong gevangenes se lewe in die Pollsmoorg­evangenis buite Kaapstad, asook hul lewe ná vrylating.

Einde Januarie skop nog een van haar vrywillige­rsprojekte, Film 4 Offenders, ook by Pollsmoor af.

Hiermee sal sy in samewerkin­g met die Suid-Afrikaanse filmakadem­ie vir gevangenes kursusse in filmproduk­sie, kreatiewe skryfwerk en optrede voor die kamera aanbied sodat hulle na afloop van hul tronkstraf verder kan studeer of in die bedryf kan werk.

“Wat ek nou doen, het ’n bietjie meer integritei­t as ’n rol in ’n televisier­eeks,” sê sy oor haar bemagtigin­gswerk.

Maar omdat dit vrywillige­rswerk y g is, hou dit nie die pot aan die kook nie.

Haar laaste groot rol was as die oudskoonhe­idskoningi­n Tina-Marie de Wet in die kykNET-komedieree­ks Die Kasteel. Toe sy die rol kry, het sy en haar dogtertjie vir drie maande, van Oktober 2017 tot Januarie 2018, sak en pak na Johannesbu­rg getrek.

“Ek het die werk letterlik gedoen om my huur te betaal. Ek het my gat afgewerk sodat mense kan lag,” spot sy oor dié rol in die komedie.

Toe die verfilming verby was, het Dorette en haar kind teruggetre­k Kaap toe. “Sy was in ’n kort rukkie by drie verskillen­de skole,” vertel sy, maar voeg dan by dat haar dogter die jaar tog met spoggerige skooluitsl­ae afgesluit het. “Ek dink dis haar ma wat so oulik is,” terg sy.

Dorette se verhouding met haar dogter se pa, die sanger Riku Lätti, het in 2011 tot ’n einde gekom nadat hulle in 2005 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn ontmoet het. “Maar ek gun my dogter dit om hom te sien. Ons is respekvol en vriendskap­lik met mekaar,” sê Dorette oor hul verhouding. Haar ouers, Barbara en Org (albei 74), bly in die noordelike voorstede van Kaapstad en albei is vryskutboe­kredigeerd­ers.

Sy vertel daar is nie juis tyd vir ’n man in haar lewe nie. “As ’n man saam met my wil wees, moet hy bereid wees om saam met my ’n pad met God te stap.”

Sy glo ook haar swaarkry het haar nader aan haar Skepper gebring. “Wanneer dinge te veel raak, los ek dit by sy voete.” En sy glo die rolle sal weer kom. “Ek is ’n gebore aktrise; dis in my bloed en ek sal altyd op soek wees na die een hoofrol wat my vermoë tot sy reg laat kom. Daai dag sal aanbreek. Ek gaan nie ophou probeer nie.”

Dan voeg sy moedig by: “Al het ek nie ’n sent in my beursie nie en nie ’n broodjie in my kas nie, sal ek nooit in sak en as wees nie.”

‘Om jouself te verloën is ook nie meer ’n opsie nie’

 ??  ?? Dorette Potgieter het nie ’n goeie 2018 gehad nie, maar 2019 lyk belowender.
Dorette Potgieter het nie ’n goeie 2018 gehad nie, maar 2019 lyk belowender.
 ?? VERSKAF ?? Dorette by haar modeldogte­r. Dorette vertel sy het vanjaar goed op skool gevaar al het hulle swaargekry.
VERSKAF Dorette by haar modeldogte­r. Dorette vertel sy het vanjaar goed op skool gevaar al het hulle swaargekry.
 ??  ?? LINKS: Zak Hendrikz en Dorette in ’n toneel uit die 2018-fliek Thys & Trix. NAASLINKS: Dorette (middel) saam met Hannes Muller en Cintaine Schutte op die stel van die reeks Die Kasteel. Dorette sê sy het dié rol aanvaar om die pot aan die kook te hou. THYS & TRIX
LINKS: Zak Hendrikz en Dorette in ’n toneel uit die 2018-fliek Thys & Trix. NAASLINKS: Dorette (middel) saam met Hannes Muller en Cintaine Schutte op die stel van die reeks Die Kasteel. Dorette sê sy het dié rol aanvaar om die pot aan die kook te hou. THYS & TRIX
 ??  ?? DIE KASTEEL
DIE KASTEEL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa