Huisgenoot

Rikus & Liza se luide babaverwel­koming

In ’n ‘hemelse’ oomblik het Liza en Ricus se Dawid sy opwagting gemaak met sy pa se treffer wat op die agtergrond speel

-

HY HET pas sy eerste skree gegee toe die liedjie Hardekole in die operasiesa­al opklink: Bring die boskitaar, want ’n man moet sing. Ja, ’n man moet sing . . .

En daar, met sy bekende pa se welluidend­e stem in sy oortjies, is klein Jacobus Dawid Nel in die lewe verwelkom.

Dié seuntjie is vir die musiekwêre­ld gebore. Met die sanger, musikant en musiekverw­erker Ricus Nel (39) as pa en die sangeres Liza Brönner (29) as ma kan dit mos nie anders nie.

“Ek sing gereeld vir hom van my en van sy pa se liedjies en dit lyk asof hy daarop reageer,” sê die trotse ma nou in die sangpaar se huis in die ooste van Pretoria. Dan kyk sy liefdevol na die slapende knapie en voeg by: “Dis ’n goeie teken.”

Dit maak nie vir hom saak watter loopbaan sy seun eendag kies nie, sê Ricus, wat 13 instrument­e, onder meer die trekklavie­r, bespeel. “Maar ek dink tog dit sal ons trots maak as hy in ons voetspore volg,” erken hy.

Die donkerkops­anger is nie eintlik ’n man wat maklik sy emosies wys nie, maar toe hy op ’n Donderdag in November in die hospitaal staan en sien hoe sy seun sy eerste lewenslig aanskou, kon hy die knop in sy keel voel. Op daardie oomblik het van die personeell­ede sy 2016-liedjie Hardekole, wat hy saam met Bok van Blerk, Adam Tas en Refentse sing, oor die klankstels­el begin speel – Ricus het ’n traan weggepink.

“Dit was iets hemels. Daar was ’n grootsheid in die oomblik, iets wat ek nie in woorde kan beskryf nie, maar vir die res van my lewe sal onthou,” vertel hy oor die geboorte van sy en Liza se eersteling.

Die kleinding se tweede naam, Dawid, is sy noemnaam. “Dis ’n sterk manlike naam uit die Bybel wat ’n man na aan God se hart beteken,” sê Liza. Sy voornaam, Jacobus, is ’n Nel-familienaa­m.

“Dawid is ’n baie rustige mensie, net soos sy pa,” vertel sy. Haar swangerska­p

het meegebring dat die blonde sangeres optredes wat sy in September in Kanada sou gaan hou het, moes kanselleer, maar op eie bodem was sy tot ’n week voor die geboorte nog op die verhoog. Met haar laaste optrede op Paulpieter­sburg in KwaZulu-Natal was sy 38 weke swanger.

“Sy het elke keer vir die ginekoloog gevra of sy nog mag show, dan sê die dokter net: ‘Moenie te ver ry nie,’ ” vertel Ricus. Maar noudat klein Dawid hier is, wil Liza hom minstens die eerste drie maande voltyds versorg.

Ook Ricus het gesorg dat hy vir Desember en Januarie geen lang konserttoe­re of optredes ver van die huis het nie sodat hy soveel moontlik by sy baba kan wees.

Sy het gedink haar man gaan ’n goeie pa wees, sê Lisa. “Maar ek het nie gedink hy gaan só goed wees nie. Hy help met alles, selfs met die bad, maar het nog net nie ’n doek omgeruil nie.” “Dit sal nog kom,” sê Ricus ernstig. Sy oë blink van trots toe hy na sy vrou van ses jaar kyk. Dan sê die nuwe pa: “Sy is gebore om ’n ma te wees.”

LISA het ’n gesonde swangerska­p sonder komplikasi­es gehad. Maar toe hulle op 39 weke vir ’n roetineond­ersoek by die ginekoloog was, het dié gesien die baba het nog nie in die geboorteka­naal gesak nie.

“Sy het toe voorgestel ons doen liewer so gou moontlik ’n keisersnee,” vertel Liza. “Ek wou eintlik normaal die lewe skenk, maar die ginekoloog was bang ’n noodkeiser sou nodig word as ons wag. En dit wou ons nie hê nie.”

Drie dae later, op Donderdago­ggend 22 November, is sy in die Netcare Pretoria-Oos-hospitaal opgeneem. “Die vorige nag kon ek glad nie slaap nie,” onthou sy. “Die opwinding was net te groot.”

Om twaalfuur is sy in die saal ingestoot en die mediese span het met die voorbereid­ings vir die keisersnee begin.

“Liza was baie nuuskierig,” sê Ricus. “Ek moes heeltyd vir haar vertel wat gebeur en wat die ginekoloog doen.”

“En hy het nie eens uitge- freak nie,” laat sy hoor.

Toe hul seuntjie 24 minute later sy eerste gil gee, het Ricus se stem oor die klankstels­el in die saal begin sing.

“Daardie oomblik was vir my net te groot,” sê hy. “Toe loop daar ’n traan of twee oor my wang.”

Dawid was by geboorte 49 cm lank en het die skaal op ’n stewige 3,7 kg getrek.

Later die middag moes Ricus na die Time Square Sun Arena in Waterkloof Glen jaag om vir die Afrikaans Is Grootkonse­rtreeks te gaan repeteer wat die volgende aand begin het. Liza is drie dae later ontslaan.

“Daardie drie dae het vir my bestaan uit kuier in die hospitaal en dan weer ry om op te tree,” vertel die sanger.

Weg van die konsertver­hoog is hy ’n raakvatter-pa en help hy Lisa ook met ditjies en datjies in die huis. Omdat hy nie juis goed is voor die stoof nie, moet hy nou meer vir hulle braai, spot Ricus.

Liza sê dit help dat die meeste van haar vriendinne reeds kinders het; daarom het sy eintlik al voor die geboorte alles van baba grootmaak geweet.

Veral die aktrise Hanna Grobler, die sangeres Riana Nel en die sanger Dewald Wasserfall se vrou, Anél, was “altyd daar met raad en ondersteun­ing”.

Die klein pienkvoet hou glad nie sy ouers deur die nag wakker nie. Hy word teen tienuur die aand geborsvoed, waarna hy maklik deurslaap tot vieruur die volgende oggend, vertel hulle. Hier waar hy in sy ma se arms lê, begin hy nou saggies vir sy voeding kerm.

Liza dra hom na die grysgeverf­de babakamer, waar twee groot speelolifa­nte op die bed sit.

Hul seun se koms laat hulle anders na die lewe kyk, vertel die ouerpaar.

Liza sê sy kan nie glo ’n mens kan soveel liefde in jou hart voel nie. Ricus vertel wanneer hy in sy tuisatelje­e sit en werk, kry hy ’n grootse gevoel van verantwoor­delikheid dat alles wat hy doen hy nou ook vir sy seun doen.

Hy is juis aan die liedjies skryf vir ’n nuwe album. “Ná Hardekole moet ek nou weer iets uit die hoed ruk,” spot hy.

Wanneer Liza haar sangloopba­an in Maart hervat en sy en Ricus weer met hul toerprogra­m die pad vat, sal baba Dawid saamgaan, sê hulle.

Later haal Ricus sy konsertina uit en begin ’n deuntjie speel. Dawid staar grootoog na sy pa. Dan krul sy mondhoekie­s op in ’n salige glimlag.

 ?? Deur JACO HOUGH- COETZEE Foto’s: LUBABALO LESOLLE ?? HOOFFOTO: Die sangpaar Liza Brönner en Ricus Nel het in November die eerste keer ouers geword. Hul twee yorkshiret­erriërs, Bakkies en Lilly, lyk net so in hul skik met die nuwe knapie in die huis. BO: Hy is gedoop Jacobus Dawid Nel, en hulle noem hom Dawid.
Deur JACO HOUGH- COETZEE Foto’s: LUBABALO LESOLLE HOOFFOTO: Die sangpaar Liza Brönner en Ricus Nel het in November die eerste keer ouers geword. Hul twee yorkshiret­erriërs, Bakkies en Lilly, lyk net so in hul skik met die nuwe knapie in die huis. BO: Hy is gedoop Jacobus Dawid Nel, en hulle noem hom Dawid.
 ??  ?? LINKS en HEEL LINKS: Die kleinding kuier bby pa RiRicus iin sy tuisatelje­eilj BODBO:Dawididiis ’ n baie rustige baba, vertel sy ouers.
LINKS en HEEL LINKS: Die kleinding kuier bby pa RiRicus iin sy tuisatelje­eilj BODBO:Dawididiis ’ n baie rustige baba, vertel sy ouers.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa