Huisgenoot

Attenborou­gh oor natuurgehe­ime

In die nuwe Life on Earth-boek word diere se interessan­te eienaardig­hede onthul

-

KAN ’n haai jou regtig van ver af ruik as jy met ’n snyplek in die see spring? Hoe vind ’n luidier ’n maat as hy skaars beweeg en byna altyd slaap? Ervaar krokodille ouerskapsp­lig teenoor hul kleintjies?

In dié uittreksel uit Life on Earth, ’n bygewerkte uitgawe van die klassieke TVreeks en boek, onthul die legendarie­se Britse natuurhist­orikus David Attenborou­gh fassineren­de feite oor van die planeet se raaiselagt­igste diere.

HOE VIND TRAE LUIDIERE ’N MAAT?

Daar is twee hoofsoorte luidiere, die tweetoon en die drietoon. Van die twee word die drietoon as die traagste beskou. Hulle hang onderstebo aan ’n tak aan haakagtige kloue aan die punte van hul lang arms.

Hulle vreet net een soort blaar, Cecropia, wat wydverspre­id in die oerwoude van SuidAmerik­a groei en maklik gevind word. Min roofdiere val die luidier aan en niks ding om die Cecropia mee nie. Gepaai deur dié sekuriteit, het luidiere versink in ’n bestaan wat net duskant volkome verdowing is. Hulle bring 18 uur per dag vas aan die slaap deur. Hulle gee so min aandag aan hul higiëne dat groen alge aan hul growwe hare groei en ’n parasities­e mot in die dieptes van hul pels leef en ruspes voortbring wat op die muwwe hare wei.

Hul spiere is so onderontwi­kkel, hulle kan selfs oor die kortste afstand nie teen ’n spoed van meer as 1 km/h beweeg nie. Hulle is so te sê stom, en hul gehoor is so swak, jy kan ’n vuurwapen ’n paar sentimeter van hulle laat afgaan en hul enigste reaksie sal wees om stadig te draai en hul oë te knip.

Hoe vind ’n luidier met sulke afgestompt­e sintuie ’n ander een om voort te plant?

Hier is ’n leidraad: Die luidier se vertering werk net so stadig soos die res van hulle, en hulle ontlas en urineer net een keer per week. Verbasende­r nog is dat hulle na die grond afdaal en dieselfde plek gebruik. Dit is die een oomblik in hul lewe dat hulle aan gevaar blootgeste­l is. ’n Jaguar kan hulle maklik daar vang.

Daar moet ’n belangrike rede vir so ’n risiko wees. Hul mis en urine het ’n sterk reuk, en die reuksin is die enigste van die luidier se vermoëns wat nie verswak is nie. Dus is ’n luidiermis­hoop die een plek in die woud waar hulle so een keer per week ’n kans het om ’n ander luidier te ontmoet.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa