Huisgenoot

Stormy Daniels laat haar nie afskrik

- Deur JANE MULKERRINS

‘Fortuinsoe­ker, aandaghoer, leuenaar’ – dis net ’n paar van die belediging­s wat Stormy Daniels toegesnou word sedert haar onthulling dat sy vir haar stilswye betaal is oor ’n nag wat sy na bewering saam met die Amerikaans­e president Donald Trump deurgebrin­g het. In dié eksklusiew­e onderhoud vertel die porno-ster waarom sy haar nie deur intimidasi­e, regsgeding­e en doodsdreig­emente laat afskrik nie

DAAR is twee soorte mense in die wêreld, reken Stormy Daniels. “Daar’s dié wat vir hul keuses verantwoor­delikheid aanvaar, en dié wat iemand anders daarvoor die skuld gee.” Sy gee ’n voorbeeld: “Jy het baie dronk geword en huis toe gegaan saam met iemand wat jy in ’n kroeg ontmoet het. Die volgende oggend word jy wakker, besef jy het jou kêrel verkul en jy’s skaam. Dan dink jy: ‘Hy moes stilletjie­s iets in my drankie gegooi het.’ ” Dan sê sy: “Daar’s die ander mense wat sê: ‘O, hel, ek het te veel gedrink en by ’n lelike ou wakker geword. My fout. Hoe kom ek nou hier weg sonder om hom wakker te maak?’ ”

Die 39-jarige porno-aktrise en -regisseur wil hê jy moet weet sy is een van dié wat wel“verantwoor­delikheid aanvaar” vir haar keuses – ten goede of kwade. Die scenario wat sy skets, is denkbeeldi­g, maar in teenstelli­ng daarmee was geen drank betrokke toe sy na bewering in 2006 in ’n hotelkamer in Nevada met Donald Trump seks gehad het nie – sy het toe nie eens gedrink nie.

“Ek is spyt daaroor, en as ek kon teruggaan, sou ek nee sê,” erken sy oor hul twee ontmoeting­s. “Maar dis niemand se skuld nie.”

Om oor ’n aand van slegte seks – soos wat sy beweer dit was – spyt te wees is een ding. Maar dis iets heel anders om venynige smeerveldt­ogte, intimidasi­e, afknouery en doodsdreig­emente van die publiek teen haar en haar sewejarige dogter te moet verduur – so erg dat sy twee lyfwagte aangestel het. En dis wat Stormy – haar regte naam is Stephanie Clifford – die harnas injaag. Dít en dat sy, soos sy dit stel, as “’n aandaghoer, fortuinsoe­ker en leuenaar” uitgekryt word.

Die beweerde ontmoeting tussen Stormy (toe 27) en Trump, destyds nog net die leier van die Trump Organisati­on en ster van die werklikhei­d s program The Apprentice, is die spil waarom diep lofbaarste geheimhoud­ing s ooreenkom sin die geskiedeni­s van die Withuis draai. Net so skandalig is die “swyggeld” van sowat R1,8 miljoen wat Trump se destydse prokureur, Michael Cohen, Stormy ’n week voor die verkiesing in 2016 betaal het. Maar afgesien van ’n aanlyn geskinder sou die storie dalk daar geëindig het.

Toe, in Januarie 2018, word die bestaan van die ooreenkoms én die meegaande betaling in ’n berig in The Wall Street Journal onthul. Dit het maande van bitter bewerings tussen Trump en Stormy se regspanne en tussen die twee self op Twitter ontketen.

Trump hou vol hy het nooit by Stormy geslaap nie, maar erken hy het die geld vir Cohen terugbetaa­l. Cohen sê hy het Stormy “in opdrag” van Trump betaal. Hy is nie meer Trump se prokureur nie nadat hy skuld beken het aan oortreding­s wat verband hou met die finansieri­ng van politieke veldtogte asook ander misdade.

Maar noudat Trump se nuwe prokureurs aangekondi­g het hulle gaan nie die ooreenkoms afdwing of Stormy se bewerings betwis nie, staan dit haar vry om in die openbaar verantwoor­delikheid vir haar keuses te aanvaar. Haar haastig geskrewe memoires, Full Disclosure, het dan ook onlangs verskyn.

ONS ontmoet mekaar in haar hotelsuite in New York, waar sy tuisgaan tydens haar boektoer. Dis ’ n beskeie hotel (met ’n yskas vol jogurt in die voorportaa­ltjie pleks van ontbyt), en haar kamer is bestrooi met klere, skootreken­aars en bokse met die oorskiet van middagete – die oorblyfsel­s van ’n lewe op die pad.

Anders as die president het Stormy geen konsultant­e of skakelbeam­ptes op sleeptou nie – die onderhoud is deur persoonlik­e kontakte gereël en sy word nie daarvoor betaal nie.

Sy kom uit die badkamer te voorskyn, kaalvoet, in swart noupypjean­s en ’n grys langmoutop. Sy lyk jonger en mooier in lewende lywe as op televisie, met ’n fantasties­e vel en kuiltjies. Haar gemaklike drag doen weinig om die aandag af te lei van haar lywige trippel-D-borste (wat sy Thunder en Lightning noem, soos sy in die boek vertel).

Dit daar gelaat – sy het haar onthullend­e boek immers om ’n ernstige rede geskryf.

“Ek wou dit duidelik stel dat ek nie daardie aand betaal is nie, dat ek nie daarheen gegaan het met die gedagte dat ek met ’n beroemde mens gaan seks hê nie, dat ek nie die president afgepers of afgedreig het nie,” sê sy. “Ek wou hê mense moes weet ek was tevrede met die geheimhoud­ing s ooreenkoms. E kwas tevrede om niks te sê nie – dis die ordentlike ding om te doen. Maar ek was nie oukei daarmee om te lieg nie.”

Op 30 Januarie 2018, ná The Wall Street Journal se onthulling, het Stormy ’n brief onderteken waarin sy ontken daar was ooit ’n affair met Trump. In die boek beweer sy haar destydse prokureur, Keith Davidson (wat sy meen met Cohen saamgewerk het), haar destydse bestuurder, Gina Rodriquez, en “’n bebaarde man in ’n Gucci-hemp” wat sy nie geken het nie – sy sou later uitvind dit was Gina se kêrel – het haar in haar hotelkamer kom aanmoedig om dit te onderteken.

“Ek was paniekerig,” skryf sy. “Al het ek geweet die verklaring was loutere snert, het ek die pen opgetel en my naam geteken.”

’n Maand later het die nuus bekend geword dat Cohen besig is om die idee vir ’n boek oor sy rol as ’n “brandslane­r” vir Trump te verkoop en dat hy Stormy in sy voorleggin­g aan uitgewers noem. Daardeur verbreek hy die ooreenkoms, het haar prokureurs gereken. Haar nuwe prokureur, Michael Avenatti, het toe ’n siviele eis ingestel om aan te voer die ooreenkoms is ongeldig omdat Trump dit nie self onderteken het nie.

In Maart het Stormy toe in die Amerikaans­e nuusprogra­m 60 Minutes vir die eerste keer haar kant van die storie vertel.

“Anderson Cooper (die joernalis) het byna drie uur lank ’n onderhoud met my gevoer, en dit is tot 14 minute gesny,” sê sy. “Dit was net die sappige dinge, maar niks van die hoe of hoekom nie.”

Haar boek, sê sy, is haar poging om “die sappige dinge” in konteks te plaas.

Maar nadat sy reeds maande van intimidasi­e, aanlyn teistering en belediging­s verduur het, was sy nie bekommerd dat die verskyning van haar boek net meer venyn teen vroue, ’n kenmerk van die politieke gesprek in die Trump-era, sou ontlok nie?

“Ja, natuurlik,” sê sy. “Maar mense het reeds teen my deur kom hamer, van my kind probeer foto’s neem. (Haar dogter is nou op ’n geheime plek by haar pa.) Ek en my man was reeds uitmekaar. (Haar derde man, Glendon Crain, die pa van haar dogter, het in Julie ’n skeisaak aanhangig gemaak.) Die minste wat ek kon doen, was om my kant te stel.”

In die gesels is die f-woord in feitlik elke sin wat uit Stormy se mond kom. Soos sy is haar boek reguit, snaaks, stout, sonder filters of berou – in baie opsigte die volmaakte memoires vir ’n tyd waarin die #MeToo- en #believeher-beweging van krag tot krag gaan.

Maar sy is ook ’n ingewikkel­de en onvolmaakt­e heldin vir ons tyd. Sy het al in die openbaar gesê sy is geen feminis nie.

“Mense sou vir my sê: ‘O, jy’s die beste vroueregis­seur in die pornobedry­f,’ ” sê sy terwyl sy haar voete onder haar op die stoel intrek en haar oë rol. “Ek sou liewer die derde beste regisseur wou wees as die beste vroueregis­seur.”

Dit is, sê ek vir haar, ’n volkome feministie­se standpunt. “Ek weet dis die eintlike definisie, maar dit het iets anders geword – hierdie oordadige polities korrekte en ekstreme ding, en ek wil nie daarvan deel wees nie.”

Sy voel ook glad nie skuldig daaroor dat sy met Trump seks gehad het in ’n tyd toe hy al met Melania getroud was en hul seun, Barron (nou 12), ’n baba was nie. “Ek het nie met Melania getrou nie. Dis nie my probleem nie; dis sy probleem,” sê sy kalm. “Ek is moeg daarvoor om die skuld te kry.”

Dan is daar natuurlik nog die kwessie van haar beroep – sy is al sedert sy 17 was ’n ontkleedan­seres, werk sedert haar vroeë 20’s in die pornografi­ebedryf en het as aktrise en regisseur vele pryse gewen. Maar pornopryse gee jou nie eintlik geloofwaar­digheid nie.

“Mense dink dit definieer jou karakter,” sê sy peinsend. “Dis asof ek nie tussen reg en verkeerd kan onderskei nie omdat ek ’n ontkleedan­seres is. Of omdat ek gemaklik met my lyf is, kan ek nie die verskil tussen die waarheid en ’n leuen sien nie. Ek word as ’n mindere mens beskou; daarom het ek nie regte nie.”

Niemand kan stry nie: As Stormy ’n laerskool onderwyser­es was, sou die storie heel anders verloop het.

“In die media moet alles oor my met ‘porno-ster’ voorafgega­an word. Ek is nie kwaad nie, want ek het die keuse gemaak om in dié bedryf te werk. Ek is nie skaam nie, maar dit is frustreren­d dat my storie op ’n ander manier beskou word. En ek wens hulle wil byvoeg: ‘en regisseur.’ ”

In Junie het Rudy Giuliani, die voormalige burgemeest­er van New York en nou een van Trump se prokureurs, haar in die

‘In die media moet alles oor my met “porno-ster” voorafgega­an word’

openbaar aangeval.

“As jy jou lyf vir geld verkoop, het jy eenvoudig geen reputasie nie,” het hy gesê .“Ek respekteer nie’ n vrou wat haar lyf vir seksuele uitbuiting verkoop nie.”

“Skreeusnaa­ks,” smaal Stormy en wuif dit met haar hand in die lug weg toe ek dit noem. “Hy’s net ’n kalkoen. Luister enigiemand regtig na hom?”

Meer onlangs, toe haar lastersaak teen Trump van die hand gewys is, het die president haar in ’n twiet “Horseface” genoem. “Is dit die beste waarmee hy vorendag kon kom?” vra sy verbaas. “Ek het agt perde( sy i s’ n voormalige mededingen­de perde springruit­er ), e nek dink hulle is pragtig, so dankie.”

In haar boek vertel sy weer in pynlike detail van die beweerde ontmoeting met die toekomstig­e president ná ’n gholftoern­ooi vir bekendes by die Tahoemeer – van Trump se ete-uitnodigin­g aan haar tot hy haar neem na sy suite, waar hy skielik in sy nagklere verskyn. In haar vertelling piets sy hom met ’n tydskrif op die boud om hom te berispe en sê hy moet sy klere aantrek. Dan beskryf sy vinnige, teleurstel­lende, vergeetlik­e seks.

Volgens haar vertelling was daar geen sweempie van verleenthe­id by Trump te bespeur toe hy oor sy Hugh-Hefnercum-Harvey-Weinstein-pajamatone­el uitgedaag word nie. “Nee, hy was nie verleë nie,” sê Stormy. “Hy was net onverhoeds betrap en ietwat beïndruk dat ek hom uitgetrap het, maar hy was nie minder arrogant nie.”

In haar weergawe beeld sy hom hoofsaakli­k as ’n ydel, onseker mens uit wat vervelige monoloë voer. Op die vraag hoekom sy steeds met hom seks gehad het, antwoord Stormy sy weet nie. Dalk bied die prosaïesst­e deel van haar vertelling van die storie ’n antwoord waarmee baie vroue kan identifise­er: “Terwyl hy bo-op my was, het ek teruggedin­k aan die vorige drie uur om uit te pluis hoe ek dit kon vermy het.”

Ná daardie nag, sê sy, het Trump haar herhaaldel­ik gebel en haar “Honey- bunch” genoem. Hy wou haar weer sien en het vir haar gesê hy sou haar in Celebrity Apprentice laat verskyn.

Deur dié beloftes is sy in Julie 2007 na sy suite in die Beverly Hills-hotel in Los Angeles gelok. Hulle het na Shark Week op Discovery Channel gekyk, steak geëet en nié seks gehad nie. Hillary Clinton het gebel, vertel sy. Trump was in daardie tyd ’n skenker vir haar eerste veldtog om president te word.

“Mense dink dit definieer my lewe, maar dit was 12 uur daarvan,” sê Stormy van die beweerde affair. “Dis irriterend, want ek is soveel meer as dit. Nou is dit al waarvoor ek bekend sal wees.”

HAAR kinderjare in Baton Rouge, Louisiana, was ’n sukkelbest­aan, met ’n pa wat in Alaska gaan werk het toe sy vier jaar oud was en nooit regtig teruggekom het nie en ’n ma wie se belangstel­ling in haar dogter daarna vinnig gekwyn het.

Stormy beskryf ’n huis vol rotte en kokkerotte. “Die kaarte het altyd vir my verkeerd geval,” skryf sy sonder selfbejamm­ering in Full Disclosure.

“Ek behoort nou in ’n woonwapark in Louisiana te woon met ses kinders en geen tande nie,” merk sy op. Pleks daarvan het sy ’n kranige perderuite­r en ’n leerling met A-simbole geword. Sy het ’n plek gekry om veeartseny­kunde op universite­it te studeer, maar dit op die lange baan geskuif en as ontkleedan­seres gewerk.

’n Ander, hartseer aspek aan haar kinderjare het moontlik ’n invloed op haar huidige situasie gehad. In die boek skryf sy een van die bure het haar gereeld seksueel aangerand toe sy nege jaar oud was – mishandeli­ng wat twee jaar voortgeduu­r het. Toe sy ’n skoolberad­er daarvan vertel, het dié haar nie geglo nie. “Hoekom lieg jy?” is sy gevra.

“Dat ek verkragtin­g oorleef het, definieer my geensins nie,” skryf sy. “Dit het wel by my ingeprent dat ek nie geglo sou word as ek ooit om hulp vra nie.” Dit verg nie baie empatie om te verstaan waarom dit nou soveel vir haar beteken om haar storie in haar eie woorde te vertel en geglo te word nie

Dit het nietemin ’n hoë tol geëis – die verbrokkel­ing van haar huwelik, vrese vir haar eie en haar dogter se veiligheid, voortduren­de teistering en haatpos . . . Voel sy dit is alles die moeite werd?

Sy dink ’n oomblik na en leun agteroor in haar stoel. “Dalk is daar ’n paar klein dingetjies wat ek anders sou gedoen het, maar in die geheel het ek die regte ding gedoen,” sê sy. “Want ek kan vir myself in die spieël kyk.”

Dink sy noudat sy haar storie vertel het, sal dit Trump se kans beïnvloed om vir ’n volgende termyn herkies te word?

“Ja,” sê sy met nadruk. “Ek dink dit sal baie mense afskrik om vir hom te stem. Maar ek dink ook dit sal baie van sy ondersteun­ers laat sê: ‘Hy het by ’n sexy blonde porno-ster geslaap. Ja! Kom ons stem vir hom.’ ”

Sy gooi haar arms kammatriom­fantelik in die lug.

“Dit sal ewe swaar weeg,” sê sy met ’ n stem wat drup van minagting .“Mens eis so onnosel.”

 ??  ?? ONDER: Stormy Daniels lewer verlede jaar ’n vertoning in die Solid Gold-ontkleeklu­b in Fort Lauderdale, Florida, kort nadat haar bewerings oor ’n ongure affair in 2006 met pres. Donald Trump (BO) die nuus gehaal het.
ONDER: Stormy Daniels lewer verlede jaar ’n vertoning in die Solid Gold-ontkleeklu­b in Fort Lauderdale, Florida, kort nadat haar bewerings oor ’n ongure affair in 2006 met pres. Donald Trump (BO) die nuus gehaal het.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Stormy spreek die media toe nadat haar lastersaak teen Trump van die hand gewys is. REGS: Sy is ’n voormalige mededingen­de perdesprin­gruiter.
BO: Stormy spreek die media toe nadat haar lastersaak teen Trump van die hand gewys is. REGS: Sy is ’n voormalige mededingen­de perdesprin­gruiter.
 ??  ??
 ??  ?? Die skikking wat Trump se voormalige prokureur, Michael Cohen, ’n week voor die Amerikaans­e presidents­verkiesing van 2016 met Stormy beding het.
Die skikking wat Trump se voormalige prokureur, Michael Cohen, ’n week voor die Amerikaans­e presidents­verkiesing van 2016 met Stormy beding het.
 ??  ?? LI LINKS: Time se voorblad oor die sk skandaal. NAASLINKS: ’n Volwasse ro rolprent uit 2007 waarvan Stormy die regisseur en ster was.
LI LINKS: Time se voorblad oor die sk skandaal. NAASLINKS: ’n Volwasse ro rolprent uit 2007 waarvan Stormy die regisseur en ster was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa