Huisgenoot

Anorekties­e tweeling veg om hul lewe

Hulle wou mekaar oortref, maar nou veg dié anorekties­e tweeling om hul lewe in ’n Russiese hospitaal

- Saamgestel deur NICI DE WET BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, MIRROR.CO.UK, THESUN.CO.UK

‘Hospitale het hulle weggewys. Niemand wou lewende lyke hanteer nie’

MET hul gesonke wange, groot, starende oë, rietskraal ledemate en uitsteekbe­ne skep die twee tieners in die hospitaal ’ n hartverske­urende prentjie.

Die jong modelle is in die greep van anoreksie en klou aan die lewe. Hulle is te swak om vir lank hul kop op te lig of sonder hulp die entjie van hul bed tot by die badkamer te stap.

Boonop is hulle susters – trouens, ’n tweeling. Masja en Dasja Ledenewa is net 15 jaar oud, maar hul toekoms is onseker. Die tienersust­ers het in hul geboortela­nd, Rusland, bekend geword nadat ’n voormalige model wat anoreksie oorleef het, Maria Kochno, haar oor hulle ontferm het nadat hul radelose ouers na haar uitgereik het.

Sy het toe ’ n openbare pleidooi om mediese hulp gelewer, want die twee loop die gevaar om “by die huis te lê en doodgaan”.

“Niemand was gretig om hulle te help nie,” sê Maria (29). “Hul ma het oral hulp gesoek, maar hospitale het hulle weggewys. Niemand wou lewende lyke hanteer nie.”

Die tweeling laat val weer die kollig op die risiko vir meisies wat te vroeg die modelwêrel­d betree en ’n beheptheid ontwikkel oor die gevaarlike maatstaf dat modelle plankdun moet wees.

Hulle het ses maande gelede anoreksie begin ontwikkel toe hul agentskap glo vir hulle gesê het hulle moet elkeen ’n paar kilogram verloor, al het albei toe ’n skraal 50 kg geweeg.

Die susters het gewig verloor, maar kon toe nie ophou nie. Later het dit ’ n kompetisie tussen die twee geword om te kyk wie die maerste kon wees.

Kort voor hul onlangse hospitaalo­pname het hulle ’n bisarre verskyning in die Russiese televisiep­rogram

Zwjozdi Sosjlis (Die Sterre Opgelyn) gemaak waarin hulle oor hul voorkoms uitgevra is. Met bikini’s aan is hulle deur miljoene kykers gesien. Hulle is selfs aan ’n vernederen­de in weging onderwerp. Dasja het net 36 kg geweeg en Masja 40 kg.

“Dit is wat hartseer is oor hulle,” sê die aanbieder. “Hulle is net vel en been. Terwyl hulle mooier probeer word het, het hulle nie die oomblik raakgesien toe hulle in lewende geraamtes verander het nie.”

Toe hulle tydens die onderhoud gevra word of hulle bang is vir doodgaan,

bly die twee stil en laat sak hul koppe. Toe hulle gedruk word om te sê hoe hulle voel, mompel Masja eindelik: “Nie goed nie.”

Dan bespreek sy die wedywering tussen haar en haar suster om te kyk wie die meeste gewig kon verloor.

“Dasja wou net nie dieselfde as ek weeg nie; sy wou maerder wees,” sê Masja. “Dis iets in haar kop. Sy dink sy moet minder as ek eet. Dasja dink steeds sy’s vet.”

Toe sy gevra word of sy besef sy moet meer eet, antwoord Dasja: “Ja, maar ek kan dit nie doen nie.”

Sy weet haar lyf kry swaar, maar “dis vir my te ongemaklik om te eet”.

DIE tweeling se ma, Natalia, sê die modelagent­skap moet die skuld kry vir haar dogters se toestand. Hulle is aangesê om die “babavet” aan hul gesig te verloor sodat hul wangbene sou wys en hulle op die loopplank “raakgesien word”, sê Natalia.

Maar die hoof van die modelagens­kap, Elena Tesmenitsk­aja, betwis dit en sê Natalia is eintlik die oorsaak van die probleem.

“Niemand het hulle gevra om gewig te verloor nie,” hou sy vol. “Hulle het goed gelyk. ’n Ruk later verloor hulle toe elk 2 kg.”

Sy sê sy het die meisies nie tussen April en September gesien nie en was geskok toe sy hulle weer sien nadat die nuwe skooljaar in Rusland begin het. “Hul ma het hulle ingebring en hulle was reeds in ’n kritieke toestand.

“Ek het die ma gewaarsku sy moet dringend dokters raadpleeg, maar sy wou nie na my luister nie.

“Sy het my verseker die meisies is piekfyn en het begin goed eet. Al hul vriende en familie het probeer help, maar Natalia wou eenvoudig nie glo haar dogters is siek nie.

“Sy het tyd gehad om televisiep­rogramme vir hulle te reël, maar nie om dringende gesondheid­sorg vir hulle te reël nie. Dit is die aakligste ding.”

Elena sê Natalia het die tweeling gedwing om in November aan ’n modeverton­ing in Moskou deel te neem. Dasja het daar inmekaarge­sak en is na ’n hospitaal gehaas, waar sy vir drie dae in ’n koma verval het.

Haar suster het ook siek gevoel en is ook opgeneem.

’n Paar dae later het hul ma hulle huis toe gevat nadat dokters vir haar gesê het hulle is gesond genoeg om ontslaan te word. Maar hulle het nie beter geraak nie en benodig nou spesialis behandelin­g in Moskou.

Die Russiese televisied­okter Aleksei Dobrowolsk­i sê met anoreksie “verloor en verloor” die mens gewig, “en wanneer hul brein eindelik afskakel, besef hulle wat hulle hulself aandoen en probeer ophou”.

Maar teen daardie tyd, sê hy, is die liggaam “reeds verander.

“Maak nie saak wat die mens wil doen nie, al die biochemies­e prosesse in die liggaam is reeds geruïneer. Gevolglik kry ons die soort gewig wat albei meisies nou het.”

NATALIA sê haar dogters het altyd volgens hul eie veeleisend­e hoë standaarde geleef. Hulle het A- simbole op skool behaal terwyl hulle daar- daar van gedroom het om topmodelle te word.

“Hulle was nog altyd perfek in alles, toe besluit hulle om hierin ook perfek te wees. Dit het alles baie vinnig gebeur.”

’n Skoolvrien­d van hulle stem saam. “Soos alle ander dinge wat hulle doen, het hulle gewigsverl­ies heelhartig aangepak. Hulle het vir ons vertel hulle berei gestoomde vis en vleis en peusel aan fiksheidst­afies.”

Later het hulle kos heeltemal begin verwerp. “Hulle sou sê: ‘Ons wil vanaand niks soets hê nie,’ of ‘Ons gaan nie vrugte eet nie,’ of ‘Ons gaan net slaai eet,’ ” sê hul ma. “En hulle sou altyd verskoning­s maak. Hulle sou sê: ‘Ma, ons sal môre begin eet.’

“Ek het hulle aangepor, hulle probeer oorreed om te eet. Ek het gedink hulle sou hoor wat ek sê. Maar dis die soort siekte waar hulle jou nie hoor nie. Wat ek ook al gedoen het, hoe ek hulle ook al probeer oorreed het, dit het op niks uitgeloop nie.”

Volgens ’n skoolvrien­d hou die tweeling daarvan om hul bene te sien uitsteek. “Almal om hulle het gevra hulle moet ophou. Ek het so baie kere vir hulle gesê: ‘Dit is nou genoeg. Hou op!’ Maar hulle het daarop aangedring om aan te hou.”

Maria, wat ander meisies anoreksie help oorwin het, sê die tweeling se geval het haar dae lank laat huil. “Ek wil mense vind wat die meisies sal help red.”

Sy waarsku mense moet bewus wees van die siekte wat dodelike gevolge kan hê. “Gee aandag aan die mense om jou. Dalk verloor iemand na aan jou vinnig gewig? Dis belangrik om anoreksie so gou moontlik raak te sien. Wanneer dit jou eers in sy greep het, is dit moeilik om uit te kom.”

 ??  ?? Die anorekties­e Russiese tweeling Masja en Dasja Ledenewa is in November gehospital­iseer. Die tweeling het bikini’s aangehad toe hulle in ’n TV-geselsprog­ram was om oor hul siekte te praat.
Die anorekties­e Russiese tweeling Masja en Dasja Ledenewa is in November gehospital­iseer. Die tweeling het bikini’s aangehad toe hulle in ’n TV-geselsprog­ram was om oor hul siekte te praat.
 ??  ?? LINKS: Dasja weeg tans 36 kg. BO: Voor hulle anorekties geraak het, het die tweeling elk 50 kg geweeg.
LINKS: Dasja weeg tans 36 kg. BO: Voor hulle anorekties geraak het, het die tweeling elk 50 kg geweeg.
 ??  ?? REGS: Die meisies is in ’n TV-program aan ’n inweging onderwerp. ONDER: Die tweeling se suster, Tatjana, en ma, Natalia, het in trane toegekyk.
REGS: Die meisies is in ’n TV-program aan ’n inweging onderwerp. ONDER: Die tweeling se suster, Tatjana, en ma, Natalia, het in trane toegekyk.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa