Huisgenoot

Jen Aniston was ma se lelike eendjie

Jennifer Aniston speel in ’n nuwe fliek wat haar herinner aan die verhouding tussen haar en haar ma, wat haar laat glo het sy is vet, vaal en te gewoon

- Saamgestel deur KIM ABRAHAMS

SY IS al twee keer as die mooiste vrou op aarde aangewys, in haar Friendsdae wou vroue van oor die hele wêreld hul hare laat sny in die styl van haar glansende lokke, en haar gladde vel en lenige lyf word deur miljoene beny.

Tog het Jennifer Aniston nooit gedink sy is mooi nie – en die rede is so oud soos die berge: Haar ma was te krities oor haar.

Kleintyd is sy laat voel sy is vet, vaal en te gewoon. Vandag nog is sy verstom om te hoor dat haar naam in dieselfde asem as dié van die beeldskoon­ste A-lyssterre genoem word.

Nou het die moeilike verhouding wat sy met haar ma gehad het haar genoop om haar jongste projek, Dumplin’, aan te pak.

Jen (49) speel Rosie Dicks o n ,’ n voormalige skoonheids­koningin wat so sterk strewe na die perfekte voorkoms dat sy totaal behep i smet fiks blye n skoonheids­roetine s.

Daarenteen is haar dogter, Willowdean ( Danielle Macdonald), ’ n selferkend­e “groot meisie”. Sy stel glad nie daarin belang om aan haar ma se obsessiewe skoonheid standaarde te voldoen nie.

Die selfversek­erde tiener is lief vir haar lyf en voel gemaklik in haar vel. Sy is so keelvol vir die onrealisti­ese beeld wat haar ma najaag dat sy vir ’n skoonheids­kompetisie inskryf om dié punt te maak, die Miss Teen Bluebonnet Pageant.

Rosie, ’n beoordelaa­r van die kompetisie, is met afgryse vervul deur die gedagte dat haar dogter in spykerhakk­e en skamele swemklere wil rondparade­er. Maar met die hulp van haar bonte verskeiden­heid beste vriende en Dolly Parton- treffers wil Will aan die dorp – en haar ma – wys ware skoonheid is iets heel anders.

Dis ’n goedvoel- grootwords­torie met volop humor en hoendervel­oomblikke. En teen die einde wys dit al lyk Rosie en Will dalk soos teenpole, is daar tog ’n sterk band van liefde tussen hulle.

Dit is meer as wat ’n mens van Jen en haar oorlede ma, Nancy Dow, kan sê. Die twee was vervreem toe Nancy in 2016 ná ’n leeftyd van hoogte- en laagtepunt­e met haar dogter dood is.

“Een van die groot redes waarom ek Rosie wou speel, was dat die madogter-verhouding in die fliek op ’n manier soortgelyk aan dié tussen my en my ma was,” sê Jennifer. “Ek het regtig daarby aanklank gevind.

“Dit was oor die meisietjie wat gesien wil word en liefgehê wil word en ’n ma wat te besig was met dinge wat nie eintlik saak maak nie.”

‘Sy was pragtig, asemrowend. Ek was nie’

NANCY, ’n model wat in 1980 van Jen se sepiester-pa, John Aniston, geskei is, het op haar dogter druk uitgeoefen om haar eie hoë skoonheids­ideale na te streef. “Sy was baie krities oor my,” sê Jen. “Sy was pragtig, asemrowend. Ek was nie. Ek was nooit. Sy het ook wrokke gekoester, iets wat vir my baie kleinlik was.”

Nancy en Jennifer het in 1999 heeltemal ophou praat toe Nancy ’n boek, From Mother and Daughter to Friends: A Memoir, publiseer nadat haar dogter haar gesmeek het om dit nie te doen nie.

Die boek is volgens die flapteks “’n verhaal van die gesin wat vir die wêreld die aktrise Jennifer Aniston gegee het”, maar “belangrike­r nog, dien as ’n voorbeeld van hoe om vervreemdi­ng tussen ouer en kind te hanteer en te verstaan”.

Die ontstoke Jen het die volgende jaar nie haar ma na haar troue met Brad Pitt genooi nie, maar toe Jen en Brad in 2005 skei, was daar tekens van ’n ontdooiing in die koue oorlog.

“Ons het vir mekaar boodskappe gestuur,” het die aktrise destyds aan Vanity Fair gesê. “Ons deure is oop vir mekaar. Ons gee babatreë.”

Dié treë het hulle nie ver gebring nie. Die twee het min verdere kontak gehad tot in 2011, toe Nancy ’n beroerte gehad het. Jen het gaan kuier, maar dit was die laaste keer dat sy haar ma gesien het.

Sy het hard gewerk om vrede te maak met haar gevoelens oor haar ma, sê Jen.

“Dit verg baie terapie, maar jy kom daaroor. Haar gedrag was haar projeksie. Dit het niks met my te doen gehad nie.”

Jennifer erken dit het die grootste deel van haar lewe geneem om haar lyf te aanvaar. “En ek werk hard daaraan,” erken sy. Sy oefen ses keer per week, woon spin- en jogaklasse by, doen gewig- en kardio-oefening, en sê sy voel “op my mooiste ná ’n goeie oefensessi­e”. Maar die jare van “vet en verslons” voel is diep in haar geheue ingeëts. “Toe ek in my 20’s was, was ek ’n volle sirkel. Ek bedoel, ek was koeëlrond.”

Dit was nie net haar ma wat haar geteister het nie. ’n Agent het aan die begin van haar loopbaan vir haar gesê sy is “te mollig”. “Waarskynli­k omdat ek net slaptjips met vleissous geëet het,” sê sy.

“Ek het stadig aan my gewig weggebeite­l, maar daar’s ’n deel van my wat altyd rond sal wees. Ek het nooit van my sitvlak gehou nie. Ek het bobbelboud­e gehad en is op skool daaroor geterg.

“Dis so vreemd dat mense nou geld betaal om hul boude te laat inspuit. Ek sterf van swaarkry tydens hurkoefeni­nge en ek moet myself herinner: ‘ Wag, wat’s die neiging nóú?’ ”

Dit kan nie beter gaan nie, het Jennifer aan People gesê nadat sy in 2016 as die tydskrif se mooiste vrou ter wêreld aangewys is – 12 jaar nadat sy die titel die eerste keer verwerf het.

“My lyf is my lyf. Dit het my die grootste deel van my jeug geneem om dinge te aanvaar, maar ek het dit nou omarm.

“Skoonheid het regtig vir my oor die jare verander. Dit gaan alles oor om jouself te leer liefhê. En om te besef dis nie net oor klere en wat op jou gesig wys nie. Daar’s soveel meer wat mooi is aan ’n mens.”

AS Jennifer ’n rolmodel in ’n ouer vrou soek, hoef sy nie veel verder as Dolly Parton te gaan nie. Die 72-jarige country legende speel ’ n groot rol in Dumplin’. Die rolprent is op ’n boek deur die skrywer Julie Murphy gegrond, en Dolly se liedjies het Julie geïnspiree­r.

Toe Jennifer haar bel, is die transaksie beklink. Sy is lief vir Jen, sê sy, “en ek het vir haar gesê ek sal graag die musiek doen”.

Tog het Dol ly aan die geselsprog­ramaanbied­er Jimmy F al l ongesê haar man, Carl Thomas Dean (76), is selfs ’n groter Jen-aanhanger. “Hy was meer opgewonde as ek. Ek dink hy fantaseer eintlik oor groepseks met ons twee.”

Jennifer is net so mal oor Dolly. Sy is al lank ’n aanhanger van haar en het selfs ’n hond wat na haar genoem is. Dit was wonderlik om saam met die sangeres te werk, sê sy. “Jy voel asof die oseaan pas verdeel het, engele begin sing, daar was oral om ons vriende, en net wonderlike dinge het begin gebeur.”

Vanjaar sal ’n grote vir Jen wees. Sy het 2018 en haar smerige egskeiding van haar tweede man, Justin Theroux, agter die rug gesit en is reg om volgende maand die groot 50 te omarm.

“Ek dink nie die lewe hou ná 50 op nie,” het sy aan die tydskrif Glamour gesê. “Dit raak net opwindende­r; dis al. Ek verstaan nie hoekom ouer word steeds nie gevier word nie. Daar’s baie van my oor.”

Dumplin’ word van 4 Januarie af in fliekteate­rs vertoon. Lees ’n resensie op bl. 51.

BRONNE: DAILY MAIL, ETONLINE, NEWNOWNEXT, HUFFPOST

 ??  ?? HOOFFOTO: Jennifer Aniston speel ’n skoonheids­behepte ma in Netflix se rolprent Dumplin’. HEEL LINKS: Sy speel teenoor Danielle Macdonald as haar dogter, Willowdean.
HOOFFOTO: Jennifer Aniston speel ’n skoonheids­behepte ma in Netflix se rolprent Dumplin’. HEEL LINKS: Sy speel teenoor Danielle Macdonald as haar dogter, Willowdean.
 ??  ?? Dolly Parton en Jennifer in die TV-program The Late Late Show with James Corden. Die nimlike Dolly is te hoor in die fliek se klankbaan.
Dolly Parton en Jennifer in die TV-program The Late Late Show with James Corden. Die nimlike Dolly is te hoor in die fliek se klankbaan.
 ??  ?? Die aktrise het ’n swak verhouding met haar ma, Nancy Dow, gehad. Die e twee het in die jare voor haar ma se dood in 2016 geen kontak gehad nie.
Die aktrise het ’n swak verhouding met haar ma, Nancy Dow, gehad. Die e twee het in die jare voor haar ma se dood in 2016 geen kontak gehad nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa