Huisgenoot

Ouers, berei so jul kinders voor vir skool

Die nuwe skooljaar kan senutergen­d wees vir ouer én kind. Hier’s raad oor hoe om voor te berei en ook angs hok te slaan

- Deur NICI DE WET

DIE langverwag­te vakansie is verby en dis skoolbanke toe vir die land se skoolkinde­rs. Al is die begin van ’n nuwe skooljaar opwindend en bedrywig, kan dit vir baie ouers en kinders ook ’n senutergen­de tyd wees.

Oral sukkel ma’s en pa’s om hul kleinspan uit die ontspanne vakansielu­im weer in ’n daaglikse roetine te kry. Dis veral ’n opdraande stryd met kinders wat nie van nature gemotiveer­d of georganise­erd is nie.

Jy kners moontlik nou al op jou tande by die gedagte aan daardie bekende hulpkreet: “Ma, ek kry nie my sokkies/ oefenklere/potloodsak­kie nie!” Of dalk het jy ’n spruit wat angstig is oor skool en voel jy reeds daardie hol kol op jou maag oor hoe jy jou kind gaan bystaan.

“Vir kinders met konsentras­ie probleme, asook angstige kinders, is dit selfs moeiliker om georganise­erd te wees,” sê Mareli Fischer, ’n kliniese sielkundig­e van The Claremont Practice in Kaapstad.

“Gelukkig bied dié tyd van die jaar vir ouers ’n n uitstekend­e geleenthei­d om hul kinders beplanning­s vaardighed­e en organiseri­ng strategieë aan te leer ,” sê Mareli. Dis ’n kans om vir hulle te wys dat behoorlike voorbereid­ing hulle kan help om meer in beheer en minder oorweldig te voel.

Sodra hulle dít snap, “sal hul simptome van angs en stres afneem en hulle meer gemotiveer­d wees”, voeg sy by.

Hier is raad oor hoe jy jou kinders kan help om die jaar reg aan te pak en wenke om angs en stres te bekamp.

KRYDÍT AGTERMEKAA­R ’N BUIGSAME ROETINE

Die praktiesst­e manier om jou kind vir skool gereed te kry is om vir struktuur in hul dag te sorg.

’n Roetine met vaste tye vir opstaan, ontbyt, aantrek, huiswerk doen, eet en speel is volgens Mareli noodsaakli­k. En ’n vasgesteld­e slaaptyd is die belangriks­te van alles.

Hulle hou dalk nie daarvan nie, of hulle protesteer dalk vreeslik, maar die konsekwent­heid van ’n vaste roetine help kinders om geborge te voel. Om Omdat hulle weet wat om te verwag, vo voel hulle veilig. Dit hoef nie vreeslik streng te wees nie, want daar sa sal altyd dae wees waarop dinge effens de deurmekaar­raak. Maak hulle net gew woond aan die idee dat sekere dinge binne ’n sekere tydgleuf moet gebeur.

“Dit leer hulle ook van tydsbestuu­r,” sê Mareli. “Dis ’n goeie plan om dié roetine reeds te oefen in die week voor die skool heropen.”

PAK DIE TASSE DIE VORIGE AAND

Kweek die gewoonte by jou kinders om reeds die vorige aand hul skooltas en sportsak te pak. “Jonger kinders het dalk aanvanklik hulp nodig, maar soos hulle ouer raak, behoort hulle mettertyd die verantwoor­delikheid te aanvaar en dit self te doen.”

KRY ’N HUISWERKBO­EKIE

As die skool nie vir jou kind ’n huiswerkbo­ekie gee nie, is dit die moeite werd om self een te koop. “Kinders moet leer hoe om ’n dagboek te gebruik sodat hulle kan tred hou met hul huiswerk, opdragte, eksamenroo­sters, sportgelee­nthede en wat ook al ,” sê Elretha Bartlett, ’n berading sielkundig­e by Meaningful Min ds Psychologi­sts in Johannesbu­rg.

Aan die begin behoort ouers die dagboek na te gaan, maar soos kinders ouer word, moet hulle leer om dit self te doen. Sê net vir jou kind jy is altyd bereid om te help en vrae te beantwoord.

Navorsing toon kinders presteer beter wanneer ouers ’n gevoel van onafhankli­kheid by hulle kweek. “Dis realisties om te verwag dat kinders tussen agt en nege jaar self hul skoolwerk bestuur,” sê Elretha.

“Jy kan ouer kinders selfs aanmoedig om voor in die dagboek vir hulle ’n lys van realisties­e doelwitte vir die nuwe jaar neer te skryf,” beveel sy aan.

BESLUIT WAAR HUISWERK GEDOEN WORD

Voor die nuwe skooljaar begin, moet ouers en kinders saam ’n huiswerkho­ekie gereed kry, sê Mareli. “Dit moet op ’n stil plek wees, met ’n gemaklike en regop

stoel. Gaan koop die nodige skryfbehoe­ftes en rig die huiswerkpl­ek in.”

MAAK SEKER JOU KIND KRY GENOEG SLAAP

Dis normaal om tydens die vakansie meer ontspanne te wees oor die slaaproeti­ne, maar kinders moet weer vroeg uit die vere wees vir die skooldag. Begin hulle solank vroeër in die bed kry, veral kinders van graad 1 tot 3.

“Kinders van ses tot 13 het tussen nege en 11 uur slaap per nag nodig,” sê Elretha. “Begin ’n week voor die skool heropen en laat hulle geleidelik vroeër gaan slaap.”

Dis ook ’n goeie idee om hul skermtyd te verminder. “Laerskoolk­inders stel ál meer belang in n stimuleren­de tegnologie soos rekenaarsp­eletjies speletjies en die internet,” sê Mareli.

“Dié dinge word dikwels verbind met slaapprobl­eme, e, wat tot verswakte konsentras­ie in die e klas kan lei.”

MOTIVEER JOU KIND

Die meeste kinders gaan ná ’n lang vakansie nie baie opgewonde oor die vooruitsig van ’n nuwe skooljaar wees nie. “Daarom is dit belangrik om hul ingesteldh­eid reg te kry,” sê Elretha. etha.

“Gesels met jou kinders rs oor wat vir hulle belangrik is in die nuwe jaar wat wag. g. Vir ’n jonger kind kan jy net et vra: ‘Waarna sien jy uit? Is jy meer opgewonde oor teken n en skilder of omdat jy gaan n leer hoe om te skryf?’

“Met ouer kinders kan jy y ’n meer gevorderde gesprek k voer en hulle uitvra oor huull hul waardes en doelwitte vir virr die nuwe jaar.”

Kinders wat in hul eiee eie vermoë glo, het ’n groter groterr kans op sukses in hull hul skoolwerk.

“Help jou kind om sy of haar eie talente te identifise­er,” voeg Elretha by. “Moedig hulle aan om vir hulself doelwitte te stel en motiveer hulle deur hulle te prys en aan te moedig.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa