Huisgenoot

’N STER WORD GEBORE

-

BLES

Bles het in 1966 as die hoofsanger van die groep Deon Harmse Se Orkes begin optree en in 1973 het hy ’n lid van die sanggroep Die Toptreffer­s geword.

Platebase het gemeen hy sou nie op sy eie plate verkoop nie, maar hy’t onwrikbaar in homself bly glo – selfs in 1981 toe maagkanker tydens die opname van sy eerste solo-album, Onbekende Weermagman, by hom gediagnose­er is en hy ’n operasie moes ondergaan om die kanker te verwyder.

Drie jaar later, in 1984, het hy ’n platekontr­ak by die countryste­r Lance James losgeslaan. Dié plaat, Bles, met die trefferlie­d Maggie daarop, het goue status behaal. Talle ander gewilde albums het gevolg. Teen 2016 het hy meer as 3 miljoen albums verkoop – die meeste nog vir ’n Afrikaanse manlike kunstenaar.

In 1987 het hy die eerste Afrikaanse kunstenaar geword wat in die Superbowl in Sun City opgetree het. Sy vyf vertonings was uitverkoop en het 28 000 mense gelok. In dieselfde jaar het Bles die eerste Afrikaanse sanger geword wie se musiek op CD bekendgest­el is.

In 1988 het P.G. du Plessis ’n paar dae lank by Bles in sy huis op Vereenigin­g gekuier om die draaiboek te skryf vir die fliek The Devil and the Song, wat op Bles se lewe gegrond is. Bles het in die fliek gespeel, maar dit was nie ’n lokettreff­er nie.

Op die nag van sy dood op 24 Maart 2000 was hy en Leonie kort voor middernag ná ’n optrede op pad na hul huis in Vereenigin­g toe hy buite Bloemhof in die Vrystaat verongeluk het. Hy was 53 jaar oud.

Sunette was toe 29 en Victor 26; Chris was 28.

CHRIS

Chris het op skool sy eerste akteursrol losgeslaan as Kleintoon in die 1991-televisier­eeks Meester. Hy was in die jare daarna in sowat 30 televisiep­rogramme te sien, onder meer in die reeks Die Sonkring en as die musikant Liam in die sepie 7de Laan.

Van 1990 tot 1995 was Chris die voorsanger van die rockgroep Blue Chameleon, en in 1997 het hy die alternatie­we groep Boo!, waarvan hy die hoofsanger was, gestig.

Aanvanklik het hy gesukkel om die pot aan die kook te hou en soms selfs as die Paashaas in in- kopiesentr­ums opgetree vir ’n ekstra inkomste.

In 2004 het die vervaardig­ers van 7de Laan hom gevra om ’n Ingrid Jonker-gedig te toonset en dit het gelei tot die ontwikkeli­ng van sy bekroonde Ingrid Jonker-album, Ek Herhaal Jou. Talle ander albums het gevolg.

Die sanger se CD’s het goed begin verkoop en hy het dikwels op Huisgenoot se Skouspelve­rhoog opgetree. In ’n stadium het hy tot 180 vertonings per jaar in vyf lande gedoen.

Hy tree die afgelope ruk saam met sy vrou, Daniella Deysel, op as die duo Kat & Wolf.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa