Huisgenoot

DIE VROUE IN HUL LEWE

-

CHRIS

Chris het in sy omstrede Facebook-inskrywing vertel hoe sy ma en suster hom as kind gehelp het met die dinge waarmee ander seuns se pa’s hulle sou help.

“Ek hou baie meer van vroue as mans,” het Chris al vertel. “My grootste helde is vroue. Ek is eintlik ’n hangkasble­eksiel. Ek gaan gereeld deur al my ensikloped­ieë om wyshede van vroue te memoriseer.”

Hy is in November verlede jaar met die sangeres en aktrise Daniella Deysel (27) getroud. Hulle het in 2014 saam begin optree as die duo Kat & Wolf en hul album, Posduif, is toe uitgereik.

Chris het Daniella as sangeres help ontwikkel. “Sy het nog nooit voor ’n mikrofoon gesing nie,” het hy al aan Huisgenoot vertel. “Sy is soos ’n spons en suig al die inligting op wat ek met haar deel.”

BLES

Bles en Leonie het in 1967 ontmoet toe sy nog ’n mediese student by Tukkies en vir die vakansie tuis in Vereenigin­g was. Haar pa, Vic Lemmer, het haar saamgeslee­p na sy werk se Kerspartyt­jie. Bles het daar opgetree saam met die groep Deon Harmse Se Orkes.

Hy’t haar nie juis beïndruk nie, het Leonie al vertel. “Dit het vir my gelyk die hele wêreld draai om hom.” Tog het sy ingestem om saam met hom Gé Korsten se fliek, Hoor My Lied, te gaan kyk. Twee jaar later, op 25 Januarie 1969, het hulle getrou – Leonie was 20 en Bles 22.

Hul beste tye saam was die brandarm jare toe Bles nog as passer en draaier gewerk het, het sy in 2015 aan Rapport vertel. “Teen Donderdae was Bles se geld gedaan, dan leen hy by sy oom. Vrydag, betaaldag, gaan ons inry toe én ons eet daar.”

Dit was vir haar moeilik om die aandag te verwerk wat hy van vroueaanha­ngers gekry het, het sy al aan Huisgenoot erken. “Ek het agter in die saal sit en tel hoeveel keer kyk hy vir dié vrou, hoeveel keer vat hy aan daardie een se hand.

“Dit het lank geneem voor ek besef het Bles se flankeerde­ry neem niks van ons verhouding weg nie. Al soen hy 300 vroue per aand, was dit met my wat hy huis toe gegaan het.”

Maar toe raak Bles verlief op ’n blondekop in hul vriendekri­ng, Marietjie van Heerden, en verklaar selfs: “Ek kan meer as een vrou liefhê.”

Bles en Marietjie het in 1990 saam vir Huis-

 ??  ?? Saam met Marietjie (BO) en by Leonie (ONDER). genoot se voorblad poseer toe hulle in die Seychelle vakansie gehou het. Leonie het uit hul huis getrek, maar maande later teruggetre­k en die twee het hul huwelik voortgesit.Lank ná Bles se dood het Leonie nog elke maand Marietjie se woonstelhu­ur betaal, het sy weduwee later onthul.
Saam met Marietjie (BO) en by Leonie (ONDER). genoot se voorblad poseer toe hulle in die Seychelle vakansie gehou het. Leonie het uit hul huis getrek, maar maande later teruggetre­k en die twee het hul huwelik voortgesit.Lank ná Bles se dood het Leonie nog elke maand Marietjie se woonstelhu­ur betaal, het sy weduwee later onthul.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa