Huisgenoot

KLERE EN GIERE

- EKSTRA BRONNE: NETWERK24.COM, PRETORIA. GETITONLIN­E.CO.ZA, RAPPORT, THESOUTHAF­RICAN. COM, IOL.CO.ZA, LITNET.CO.ZA, HUISGENOOT TEMPO, 50 STEMME DEUR ILZA ROGGEBAND

BLES

Leonie het Bles se uitspattig­e verhoogkle­re gemaak. Sy kenmerk was die rooi rose wat hy tydens konserte aan vroue in die gehoor uitgedeel het.

Die roosuitdel­ery het in 1986 by die Oude Libertas-teater begin. Daar was ’n boog met rose by die teater en Leonie het aan die akteur en sanger Hennie Smit (Bertie van Egoli), wat saam met hom opgetree het, voorgestel Bles deel rose uit terwyl hy sy liedjie Room Full of Roses sing.

Op sy begrafnis by die NG kerk Driehoek in Vanderbijl­park was 10 000 rose en ’n toeloop van aanhangers in wat as Bles se “laaste konsert” beskryf is.

Hy’t goed geld gemaak, maar “die rand en sent van sy musiekloop­baan was nooit vir hom belangrik nie”, het Leonie al benadruk.

“Sy humeur was seker sy slegte eienskap, maar dit was ook sy beste,” het Sunette al vertel. “As hy kwaad was, het hy so gesê. Hy sou selfs onredelik wees, maar as dit verby was, was dit verby. Hy het nooit verwyt nie. Hy’t altyd aan my gesê: ‘Ousus, as jy terugkyk, word jou nek styf.’ ”

CHRIS

As sanger in Boo! was sy kenmerk sy stemgimnas­tiek en die rokkies en grimering wat hy soms tydens vertonings gedra het. “Mense skrik daarvoor, maar dis eintlik so onskuldig. Dis lekker tong-in-die-kies-humor,” het Chris toe vertel.

Jare later het hy aan Huisgenoot vertel: “Wat het ek in my kas? Al die Boo!-rokke wat ek op die verhoog aangetrek het tydens die groep se sewejaarbe­staan. Dis versamelit­ems.”

Hy het al vertel hy sing nie vir roem of rykdom nie. “Dis belangrik, maar dit kom tweede.”

“My vriende sê altyd ek is die hardste en koudste, maar ook die warmste en sagste mens wat hulle ken,” het hy op ’n keer gesê. “Hierdie buigsaamhe­id is deel van my wese. Soms laat ek nogal myself aan ’n reisende fratssirku­s dink. Alles toer in my saam: die vuurvreter, die bebaarde vrou, die balanseerk­unstenaar, die nare nar . . . As mense my in ’n boksie wil pak, moet dit minstens groot genoeg wees vir vier mense.”

 ??  ?? sty .
sty .
 ??  ?? g Chris as lid van Boo! (HEEL BO) en soos hy vandag lyk (BO).
g Chris as lid van Boo! (HEEL BO) en soos hy vandag lyk (BO).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa