Huisgenoot

2DE KANS NÁ EK WOU OPGEE

Hy’t God gevra om hom te kom haal, vertel Naka oor sy oorlewings­tryd ná ’n skietvoorv­al

- Deur CYRIL BLACKBURN Foto’s: PAPI MORAKE

TOE hy deur die swaar houtdeure van sy Bloemfonte­inse spoghuis stap, is die sterk geboude man se gemoed diep geroer. Want toe hy drie weke gelede inderhaas hier weg is hospitaal toe, het sy lewe aan ’n draadjie gehang – en dit die tweede keer binne net twee weke. Daardie dag was niemand seker of hy weer sou huis toe kom nie . . .

Dis enkele ure na dié emosionele tuiskoms dat ons met die Springbokh­eld Naka Drotské (48) en sy vrou, Marzanne (42), in hul drieverdie­ping-baksteenhu­is gesels. Die haker van die triomfante­like Springboks­pan van 1995 raak aangedaan toe hy praat oor sy oorlewings­tryd nadat hy op 29 November in ’n rooftog op sy broer, Tinus, se kleinhoewe in Kameeldrif­t, Pretoria, geskiet is.

“Dis asof ek perspektie­f gekry het oor als wat op die spel was die oomblik toe ek in die huis instap,” vertel hy. Nie net oor die gewelddadi­ge rooftog nie, maar ook die weke in die hospitaalb­ed en die latere terugslae wat hy moes oorkom.

“Ek huil nie sommer nie,” sê die 48-jarige rugbybreke­r en voormalige Cheetahs-afrigter. “Maar hoe kan jy nie huil nie as jy weet hoe naby jy aan die dood gekom het – dit sonder ’n koebaai,” sêvra hy en kyk ’n oomblik lank na die plafon.

Dan is hy opnuut bewoë toe hy ons vertel oor die aand toe hy ’n tweede keer hospitaal toe moes gaan. Dit was net ’n week nadat dokters besluit het hy het genoegsaam van die skietwonde aan sy arm, bors en maag herstel en kan ontslaan word.

“Joeg . . . Die een oomblik gesels ons nog met aandete; die volgende oomblik skrik ek in die waakeenhei­d wakker en hoor ek ek is al drie dae lank op ’n respi- rator. Ek kan nie ’n woord sê nie, maar ek hoor ek het twee keer ’n hartstilst­and beleef.”

Daarna was sy toestand so swak dat die dokters selfs die nag sy gesin ontbied het om hom te kom groet. Net ingeval.

Opnuut aan ’n hospitaalb­ed gekluister terwyl die minute, ure en dae verbysleep, het die moedeloosh­eid hom aanvanklik beetgepak.

“Binne enkele dae het my veggees gekwyn. En sonder dat ek besef het wat ek vra, vra ek God om my te kom haal,” bieg hy.

Dan glimlag hy skeef. “Maar hier sit ek vandag met Marzanne langs my op die bank en Rocky (die gesin se hond) aan my voete.” Lewend en deur sy geliefdes omring. “Dis nie moeilik om te verstaan nie,” sê hy amper hees. “Ek het nog ’n kans op lewe gekry.”

En hy lyk en klink inderdaad sterker – al is hy gekoppel aan ’n apparaat wat hoorbaar suis terwyl dit die wonde onder sy verbande skoonhou. Hy kan selfs in die huis rondbeweeg in sy netjiese kortmouhem­p en kortbroek.

“Jy kan skaars glo die hele land het ’n week gelede nog gebid dat hy moet lewe,” laat Marzanne hoor.

Maar hy kan dit glo, sê Naka. Hy verstaan nou die krag van gebed. Want in daardie hospitaalb­ed, toe sy moed op ’n absolute laagtepunt was, het hy God beter leer ken. In daardie bed moes hy

vrede maak met wat gebeur het; hy moes aanvaar dat hy dalk nie sou leef nie.

“Toe aanvaardin­g eers kom, het my veggees ook teruggekee­r. Dis toe dat ek besef ek het wonderwerk op wonderwerk beleef. Nou sit ek vandag hier in my sitkamer langs my vrou en ek weet: Ek sal niks ooit weer as vanselfspr­ekend aanvaar nie.

MET sy tuiskoms ure gelede het dit teen die 40 trappies by die voordeur uit maar sukkel-sukkel gegaan. Maar ’n gevoel van dankbaarhe­id het oor hom gespoel, want Marzanne was daar om hom te help.

Mense van oral het die afgelope weke na hom as ’n en yster verwys, sê Naka. Maar hy verdien nie die lof nie.

“Ek wou tou opgooi; ek wou liewer sterf. Dis God wat namens my ge- het. Dis Marzanne wat soggens en saans langs my bed was met my kinders se boodskappe. Dis die verpleegst­ers wat my elke dag moed ingepraat het. Dis die duisende boodskappe van gebed en bemoedigin­g.

“Maar ék? Ek was nie ’n nie.”

En ja, hy was aanvanklik verbitterd en kwaad oor daardie aanval op 29 November wat so amper sy lewe gesteel het.

Hy het daardie aand sy seuns, Allen (15) en Tristan (11), geneem na die O.R. Tambo-lughawe in Johannesbu­rg, waar hulle om negeuur die aand ’n vlug na Amerika gehaal het om by hul ma, Liske, te kuier.

Naka was veronderst­el om op die lughawe te bly tot nadat hul vliegtuig opgestyg het om seker te maak die vlug word nie dalk gekanselle­er nie. “Maar iets het my gedruk om vroeër na Tinus se hoewe terug te keer.”

Hy het die seuns weggesien en gery. Kort ná sewe was hy terug by die hoewe. Daar het hy om die braaivleis­vuur gekuier saam met Tinus en dié se seuns, Wessel (13) en Eksteen (10), en meisie,

Nadia, en haar dogter, Kara (7), asook Os du Randt, langs wie Naka in soveel Boktoetse in die skrum gesak het.

Maar Naka was net “vyf of 10 minute” terug toe die vier rowers toeslaan.

Naka het hulle bestorm, en toe klap die skote. Die eerste koeël is deur sy regterarm en borskas. Toe word hy weer geskiet, dié keer in die maag. In die warboel het Wessel die alarmknopp­ie gedruk en die skurke het op die vlug geslaan.

“Honderde mense sê dit was absoluut onnosel van my om die aanvallers te bestorm,” sê Naka emosioneel. “Maar wat maak jy as vier aanvallers ’n wapen op jou rig en skree: ‘ !’ Hulle was nie daar vir”ons selfone en beursies nie. Dit het op die tafel gelê en hulle kon dit vat, maar hulle wou ons eerder in die huis indwing.

“Ek onthou ek het gedink ons sal waarskynli­k in elk geval nie lewend daaruit kom nie. Dit het my kwaad gemaak en toe storm ek.”

Dit was Os wat met Naka hospitaal toe gejaag het. Maar hulle het nie ver gevorder nie toe hulle die betonspers­trook in die middel van die pad tref en twee motorbande sny. Twee weldoeners, Mtatheni Mudau en Pretty Nedoboni, het toe stilgehou en Naka verder na die hospitaal in Pretoria geneem.

Dit was ook Os wat vir Marzanne in Bloemfonte­in met die skoknuus gebel het.

“Hy het ’n dringendhe­id in sy

‘Ek sal niks ooit weer as vanselfspr­ekend aanvaar nie’

stem gehad,” onthou Marzanne. “Hy het gesê klim in jou kar en kom. Ek het nog gesê dis nie vreeslik snaaks nie, maar Os het volgehou dis g’n grap nie – Naka is geskiet.”

Dit was al tienuur toe sy uit Bloemfonte­in wegtrek om die sowat 500 km na die Montanahos­pitaal in Pretoria af te lê. “Ek onthou ek het gebid en die Here gevra laat my man asseblief leef en ek net veilig in Pretoria aankom,” vertel sy en hou Naka se hand styf vas.

“Ek het ’n klein houtkruis uit my handsak gehaal en heelpad gebid. Ek was stom; stukkend. Ek kon nie eens huil nie. Ek het vir die Here gesê as Naka moet sterf, wil ek hom tog net groet voor hy gaan.”

Ook Naka het nie geweet of hy veel langer sou leef nie.

“Ek het reeds met Os oor my testament en finansies begin praat. Ek het geweet ek sou teater toe moes gaan nog voor Marzanne by die hospitaal aankom.”

“Jy weet jy is geskiet, maar jy weet nie hoe ernstig dit is nie. Al wat jy weet, is dat jy dalk nooit die kans gaan kry om ’n laaste keer vir jou vrou en kinders te sê hoe lief jy hulle het nie.”

Toe sy by die hospitaal stilhou, het haar natgeswete hande aan die motor se stuurwiel vasgekleef, vertel Marzanne.

Sy was net binne die hospitaal toe Naka uit die teater kom – lewend.

“Ons kon niks vir mekaar sê nie; Naka kon in elk geval nie praat nie. Hy was in verskrikli­ke pyn, maar ’n groot dankbaarhe­id dat hy leef, het ons albei omvou,” sê Marzanne.

TOE Marzanne hom die eerste keer ná die skietery sien, het Naka pas chirurgie ondergaan aan die wonde in sy regterarm en dunderm.

Daarna was hy nog drie dae lank in ’ n algemene saal voor hy op 7 Desember ontslaan is. Toe kon hy saam met Marzanne na Bloemfonte­in terugry – huis toe.

Min het hulle geweet hul ontberings is nog nie verby nie.

Naka was maar vyf dae tuis toe hy wasbleek en koorsig lyk, vertel Marzanne. En toe, op die vooraand van hul vertrek na Jeffreysba­ai vir ’ n welverdien­de seevakansi­e, beleef hy ’n erge terugslag.

Marzanne sluk swaar aan ’ n koue drankie voor sy vertel: “Ek het Naka na ongevalle geneem en die volgende oomblik moes ek ’n klomp vorms teken sodat hy opgeneem kan word.

“Dokters het net gesê sy koors was hoog en hy het dubbele longontste­king. Toe stoot hulle hom sonder enige verdere verduideli­king weg.

“Daar staan ek toe in die gang en wonder of my man dié keer lewend uit die teater sal kom.”

 ??  ?? Net ’n verband en ’n masjien wat sy wonde reinig, verklap dat Naka Drotské nog weke gelede om sy lewe geveg het.
Net ’n verband en ’n masjien wat sy wonde reinig, verklap dat Naka Drotské nog weke gelede om sy lewe geveg het.
 ??  ?? LIN LINKS: Naka se vro vrou, Marzanne, is sy ssteunpila­ar, sê hy. SSy het dag en nag by hom gewaa waak en hom aangem gemoedig om nooit op te hou om vir sy lewe en dié van sy fami familie te baklei nie. NNAASLINKS: Marz Marzanne het oor Kers Kersfees in die hospitaa pitaal as ’n engel aang aangetrek om Naka en anander pasiënte se gemo gemoed op te kikker.
LIN LINKS: Naka se vro vrou, Marzanne, is sy ssteunpila­ar, sê hy. SSy het dag en nag by hom gewaa waak en hom aangem gemoedig om nooit op te hou om vir sy lewe en dié van sy fami familie te baklei nie. NNAASLINKS: Marz Marzanne het oor Kers Kersfees in die hospitaa pitaal as ’n engel aang aangetrek om Naka en anander pasiënte se gemo gemoed op te kikker.
 ??  ?? Nak Naka as Springbokh­aker wat in 1995 dee deel van die Wêreldbeke­rwenspan was was.
Nak Naka as Springbokh­aker wat in 1995 dee deel van die Wêreldbeke­rwenspan was was.
 ??  ?? Niks troef dit om ná twee terugslae weer by die huis en in die arms van sy vrou te wees nie, vertel Naka.
Niks troef dit om ná twee terugslae weer by die huis en in die arms van sy vrou te wees nie, vertel Naka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa