Huisgenoot

DIE YSTERS VAN WINDSOR

Aan die spits van die beroemdste familie ter wêreld staan ’n drietal sterk vroue – verenig in hul verskille

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK (Blaai om)

AL WEMEL dit van mansname – soos Charles, William en George – boaan die lys van aanspraakm­akers op die Britse troon, is dit steeds vroue wat die septer in die Huis van Windsor swaai. Veral drie van hulle. In die middel is koningin Elizabeth II, klein van postuur en op 92 steeds ’n imposante figuur as die monarg wat die langste nóg op die Engelse troon was en die spil waarom die koningshui­s draai.

Aan haar een kant is die hertogin van Cambridge, pligsgetro­u en op haar plek, stylvol sonder om opspraak te wek.

Aan haar ander kant is die hertogin van Sussex, vreesloos en uitgesprok­e, onafhankli­k en luidens berigte moeilik genoeg om selfs die spoke in die paleisgang­e op hol te jaag.

Dit lyk asof ons vanjaar kan gereedmaak vir nog drama agter die paleismure terwyl Meghan en Harry regmaak om hul eersteling in die Britse lente te verwelkom en Kate ál meer koninklike pligte nakom – dit alles onder die koningin se wakende oog.

Hier is ’n kykie na drie merkwaardi­ge vroue wat hemelsbree­d van mekaar verskil, maar elk hul plek in die koningsges­in moet vol staan.

DIE MATRIARG

Elizabeth het regdeur haar 65 jaar as koningin ’n fyn balans tussen haar gesin en die kroon gehandhaaf – en dit kon nie maklike gewees het nie, meen die koninklike biograaf Robert Lacey.

“Haar lewe was ’n voortduren­de kompromis tussen haar privaat lewe privaat hou en brokkies inligting verklap om die gewildheid van die kroon te handhaaf.”

Dit het verlede jaar weer duidelik uit haar Kersboodsk­ap geblyk. Al het sy dit deels aan die 100ste herdenking van die Eerste Wêreldoorl­og gewy, het die bejaarde koningin merkbaar versag toe sy oor haar familie begin praat.

“Dit was ’n bedrywige jaar met twee

troues en twee babas,” het sy gesê. Daarmee het sy na prins Harry en Meghan se troue in Mei en haar kleindogte­r prinses Eugenie en Jack Brooksbank s’n in Oktober verwys. Die babas was prins William en Kate se seun, prins Louis, en Elizabeth se kleindogte­r Zara Tindall se tweede kind, Lena.

“Deur die vele veranderin­gs wat ek deur die jare beleef het, was geloof, familie en vriendskap nie net ’n vastigheid vir my nie, maar ’n bron van persoonlik­e vertroosti­ng en gerusstell­ing,” het sy gesê.

“Selfs met die diepgesete­ldste verskille is dit altyd ’n goeie eerste stap na beter begrip om die ander persoon met respek en as ’n medemens te behandel,” het sy bygevoeg. En ’n mens kon nie help om te wonder of dit dalk vir die ore van Kate en Meghan bedoel is, wat glo al lelik vasgesit het, nie . . .

Koningin Elizabeth koester die tyd wat sy saam met familieled­e deurbring, vertel bronne na aan die koninklike­s. Dis ligjare verwyder van haar dae as jong ma toe sy dikwels gekritisee­r is omdat sy die kroon en die land eerste stel.

Veral haar verhouding met haar oudste, prins Charles, het menige wenkbrou laat lig. “Charles het dit ongelukkig getref dat hy na sy ma se liefde gehunker het in ’n tyd toe haar werk vereis het dat sy

haarself aan haar mense gee,” sê Robert. “In daardie jare het almal opgemerk hoe stokkerig en formeel die koningin is.”

Maar nou is sy ’n oumagrootj­ie, en mense in die binnekring vertel sy geniet dit veral om die jongste lede van die koningsges­in te sien. Sy werk steeds ’n voldag, vertel ’n assistent.

PLIGSGETRO­UE HERTOGIN

Al het sy as ’n meisie uit die middelklas en sonder ’n adellike titel in die familie ingetrou, is Kate vandag een van die gewildste lede van die wêreld se beroemdste koningshui­s.

Nadat sy William in hul studenteda­e by die St. Andrews-universite­it in Skotland ontmoet het, was sy jare lank sy toegewyde meisie. Sy het selfs die bynaam Waity Katie gekry omdat William nie haastig was om die jawoord te vra nie. Maar toe hy wel ’n verloofrin­g aan haar vinger steek, het die lang wag vrugte afgewerp: Kate was uit die staanspoor gemaklik in haar koninklike rol.

Reg geskaaf ’n Bietjie afronding was steeds nodig toe sy met die tweede aanspraakm­aker op die troon trou. “Niks drasties nie,” sê die skrywer Geoffrey Levy, “net haar some wat hier en daar langer gemaak is en sy is aangemoedi­g om nie doelbewus vir die kameras te poseer nie. Kortom, die koningin wou nie hê Kate moes nog ’n Diana word nie.”

Volmaakte moderne koninklike Die koningin se moeite om Kate touwys te maak was nie vergeefs nie. Die minsame, eksieperfe­ksie hertogin sit selde ’n voet t in ’n bleek hofskoen verkeerd. Sy neem haar rol as vrou van die toekomstig­e koning ernstig op en sal nooit haar man se kollig probeer steel nie. Kate is gebalansee­rd, vriendelik, pligsgetro­u, ’n toegewyde vrou vir William en ’n liefdevoll­e ma vir George (5), Charlotte (3) en Louis (8 maande). Wag voor haar mond

Soos dit ’n senior koninklike betaam, verkondig die hertogin nie haar menings oor sake van die dag nie. Sy spreek haar wel uit oor kwessies wat haar na aan die hart lê. Kate is ’n vu- rige kampvegter vir die Heads Together-veldtog vir geestesges­ondheid. “Ek en William sal nie huiwer om vir ons kinders hulp te kry as hulle dit nodig het nie,” het sy in ’n blogplasin­g geskryf.

Wyse Kate “Kate is nie iemand wat haarself vooropstel nie, maar sy het baie vertroue in haar eie sienings,” sê Lorraine Heggessey, uitvoerend­e hoof van The Royal Foundation. “Sy sien dikwels die kern van die saak in of ’n kritieke ding wat hanteer moet word. Ek vind haar ongeloofli­k verstandig.”

HERTOGIN VAN VERSET

Sy is nog nie eens ’n volle jaar lid van die koningsges­in nie, maar in dié kort tydjie het Meghan reeds talle reëls oortree. Dink maar aan die berugte aandpakrok, haar voorliefde vir swart klere, haar uitsprake oor aborsie en kritiek op die Amerikaans­e pres. Donald Trump. Sy het hom “verdelend” genoem en van vrouehaat beskuldig. En pleks van die sente omdraai, blaas sy geld op peperduur ontwerpers­drag.

Aan die begin het dit wel gelyk asof Meghan haar nuwe koninklike rol met reëls en al aanvaar. Daar is selfs gesê die eens flambojant­e TV-ster raak ál valer en haar uitrusting­s is as te beige en vervelig beskryf. Maar dit was van korte duur. Weer haar ou self Meghan het skynbaar besluit sy gaan haar nie in ’n blik laat druk nie. “Ek is nie seker of die paleis haar gebel en gesê het: ‘Oukei, dit werk nie,’ en of hulle beplan het dat Meghan

vir haar eerste paar openbare geleenthed­e iets meer konserwati­efs moes dra nie,” skryf Amanda Dishaw van die blog Meghan’s Mirror. “Hoe dit ook al sy, (haar ou vriendin en stilis) Jessica Mulroney is terug in die prentjie.” En wat ’n verskil het dit nie gemaak nie!

Stylvol en sjiek Meghan het van die stemmige kouse en bedeesde rokke afgesien en vir heelwat van haar keuses – soos die groen Brandon Maxwell-midirok op haar Australies­e toer en die olyfkleuri­ge Ralph Lauren-rok by prins Louis se doop – is sy lof toegeswaai.

Hertogin van omstredenh­eid Die hemelhoë koste van haar ontwerpers­drag het

’n opskudding veroorsaak. Die modeblog UFO skat Meghan het in 2018 R7,3 miljoen aan klere bestee – ses keer soveel as Kate se R1,2 miljoen.

Meghan se meer gewaagde uitrusting­s het ook opspraak gewek. Die aandpakrok deur Judith & Charles van Montreal wat sy na ’n opvoering van die stuk Hamilton gedra het, het byna die internet geknak. En die broekpakke wat sy op meer as een geleenthei­d gekies het, het konserwati­ewe waarnemers in hul tee laat stik.

Die Meghanstem­pel Sedert sy aangesê is om nie haar menings oor die politiek te lug nie, moes sy op ander maniere haar steun toon vir die dinge waarin sy glo.

“Met die broekpakke het Meghan gesê: ‘Vroue hoef nie balrokke te dra as ons nie lus het nie,’ ” meen Amanda. “Ons hoor Meghan selde by geleenthed­e praat, maar deur klere te dra van ’n handelsnaa­m wat vroueregte steun of in volhoubaar­heid glo, kan sy die sake bevorder wat sy wil.”

 ??  ??
 ??  ?? ONDER: Koningin Elizabeth II op haar kroningsda­g, 2 Junie 1953, in die Westminste­rabdy. HEEL ONDER: Elizabeth, toe sy nog ’n prinses wwas, en die tweejarige Charles kyk in 1950 na n ’n parade vanaf die muur van Clarence House. BO: Kate en die koningin kyk na ’n modeparade by die De Montfort-universite­it in Leicester in n 2012. ONDER: Meghan en die koningin se besoek aan Cheshire in Junie 2018.
ONDER: Koningin Elizabeth II op haar kroningsda­g, 2 Junie 1953, in die Westminste­rabdy. HEEL ONDER: Elizabeth, toe sy nog ’n prinses wwas, en die tweejarige Charles kyk in 1950 na n ’n parade vanaf die muur van Clarence House. BO: Kate en die koningin kyk na ’n modeparade by die De Montfort-universite­it in Leicester in n 2012. ONDER: Meghan en die koningin se besoek aan Cheshire in Junie 2018.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Kate en William by die Tusk-prysaand in November. HEEL LINKS: Die egpaar op prinses Eugenie se troue in Oktober. ONDER: Kate in 2004 op die Game Fair by die Blenheimpa­leis.
LINKS: Kate en William by die Tusk-prysaand in November. HEEL LINKS: Die egpaar op prinses Eugenie se troue in Oktober. ONDER: Kate in 2004 op die Game Fair by die Blenheimpa­leis.
 ??  ?? (Van vorige bladsy)
(Van vorige bladsy)
 ??  ??
 ??  ?? William, Kate, Charlotte en George by prins Louis se doop in 2018. Harry en Meghan is agter hulle.
William, Kate, Charlotte en George by prins Louis se doop in 2018. Harry en Meghan is agter hulle.
 ??  ?? BO: Meghan het Ralph Lauren ren gedra vir Louis se doop. ONDER: DER: Sy het tonge laat klap met haar pakrok by ’n vertoning g van Hamilton verlede jaar. LINKS LINKS: Megs hou van broekpakke soos dié een wat sy verlede jajaar by die WellChildp­rysaa prysaand in Londen gedra het.
BO: Meghan het Ralph Lauren ren gedra vir Louis se doop. ONDER: DER: Sy het tonge laat klap met haar pakrok by ’n vertoning g van Hamilton verlede jaar. LINKS LINKS: Megs hou van broekpakke soos dié een wat sy verlede jajaar by die WellChildp­rysaa prysaand in Londen gedra het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa